file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #176473 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
my post van vanoggend is sommer weg :(

hoop asb saam my dat dit die naweek nie reen nie, kids 'n tent en reen werk nie saam nie - sien hoe slaap ons almal sittend in the bakkie :)

Whohooo anina, geluk met die kruip, julle girlies is haastig ne!

Petro, jy is te besig vrou :) geluk met die eerste tand!!!

Vir jou ook Christa met die 2de enetjie. hulle gaan nou so cute begin lyk met die 2 tandjies onder, en as die 2 boonstes uit is lyk dit nog ouliker :)

Carmen, jou pop is pragtig. en so klein, ek dink ek het volgens 'n 0-3m patroon gewerk en ek moes steeds aanpas LOL

Shame man anina, dit moes baie seer gewees het.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176470 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal,

Ek is nie lus vir werk nie!!! Dis vrek koud en ek het my kos by die huis vergeet!!!

Christa, ek gebruik so bietjie my man se rekenaar. Hy word op die 15de betaal, so laas Vrydag was payday, maar 'n nuwe kabel kos toe nou R750 en dis nie regtig in my budget nie, so ek soek nog bietjie vir 'n goedkoper een.

Carmen, Riley lyk te cute met die mussie en kopband!! Ek weet waarvan jy praat met die mobile probleem... Claudia kon tot nou toe so bietjie kruip en lekker oral rond seil, maar sy het die naweek nou amptelik weggetrek en begin KRUIP, nou is sy oral in en oor alles en onder alles...

Sy het vanoggend van die bed afgeval!! Ek het myself boeglam geskrik! Sy het geslaap op my bed, toe pak ek kussings reg rondom haar en gaan drink koffie onder by die TV saam met Stefan. Toe hoor ek net 'n moerse slag bokant my kop en toe gil sy blou moord. Blykbaar het sy wakker geword, bo oor my obstacles geklouter en afgeval... Ek het myself dood geskrik, maar gelukkig is sy ok.

Die bietjie uitslaggies wat op Stefan was, is toe nie waterpokkies nie. En nie een van die twee rakkers het nou al uitgeslaan nie. Dis erg frustrerend, want ek wag heeltyd vir iets om te gebeur maar dit kom net nie. Die inkubasie tydperk is so lank, 10 tot 21 dae... en dis nou 15 dae vandag hulle in kontak was met die niggie. So ek hoop nou eintlik hulle skip dit.

Lekker daggie, ek sal later weer kom chat...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176466 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle - dis al half 10 en ek het nog niks gewerk nie. maar ek het myself belowe om eers te moomie voor ek werk - so nou ja

mal besig die laaste ruk - hol rond en werk en slaap min

doop was sooo special. op die plaas gehou - manlief se dominee van mosselbaai spesiaal omgery vir dit - net 20 gaste - perde en choppers in die agtergrond ens. lekker gekuier na die tyd

was vrydag joburg toe vir black tie funksie - was sooo boring - maar die kos was heerlik - saterdag weer terug - ouers het na Xander gekyk

Natuurlik het my kind se 1STE tand gekry terwyl ek in joburg was - ek was omtrent vies !!!

naweek gaan ons jeffreys toe vir troue - vat maar die nanny saam - sien uit - net heavy ver om te ry vir die naweek.

ok ek groet eers - hoop almal doen jolly goed

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176465 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
my blou oge
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176464 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
my mooi kopband
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176463 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Cutie pie
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176460 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley met haar beanies
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account