file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #176450 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Eish, maar dis lekker koel vanoggend, en die hele naweek was lekker le en niks doen weer!! En ons het gele en NIKS doen hierdie naweek! :laugh:

Die babyshower as baie lekker! Yolandi, my vriensin, verwag ook 'n dogtertjie!

Riley is darem nou weer happy soos 'n chappy! Vry aand was sy baie warm gewees, maar Sat toe lyk dit my alles is verby!

Sal nounou fototjies opsit, met tannie Gerne se oulike beanies!

Janine, ek hoor jou met die pajamadril!

Hoor gou my dilemma wat ons seker nou al die laaste3 weke sit en ek verstaan nie wat dit is nie: Anina, jy het al genoem dat dit sooibrand of ietsie kan wees , maar sy toon geen tekens andersins dat iets haar ooit pla nie:

Riley slaap altyd vreeslik lekker. Behalwe dat sy hier om en by 3 tussen 2 en 3 erens gewoonlik onrustig begin raak, want dan is sy baie keer honger en bietjie melk sort gou dit uit.

Maar die laaste ruk sal sy geniune vas slaap en elke half uur so 'n skreeu uitlaat wat so skril is en huil en dan sit jy die dummy in en sy is tjoepstil. Sy slaap vas en maak nie eers haar oe oop nie. Ek jok nie, dit hou so aan elke halfuur tot die oggend. en sy word nie een keer wakker nie. En dan word sy so 6 uur wakker en is so happy as wat kan kom asof niks gebeur het in die nag nie.

Dis asof sy droom en fight in haar slaap, dis die vreemdste ding. Ek weet hulle kan nog nie droom nie, maar wat maak sy as sy so maak? Ek skrik my elke keer boeglam en dan hou my man haar net vir so 2 sekondes vas en dan is sy weer tjoepstil en slaap te lekker.

Anyway...

Riley maak ons mal, sy trek haarself nou teen elke liewe moontlike ding op, as ek haar vang het sy haarself teen die TV kabinet opgetrek en staan en wobble madam daar op haar bene...sy gaan haarself nog disnis val! Die groentemandjie en die asblik is haar ander favourites om te probeer teen staan. Natuurlik val die groente mandjie saam met haar om!

Ok, lekker daggie vir julle, ek sal nounou fototjies kom opsit en vet soene vir al die oulike babas!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176434 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Hoop jule het die koue nat naweek geniet en lekker gecuddle!

Mare het Sondag sy 2de tandjie gesny. En hy slapies die laaste 2 nagte niks lekker nie! Ons was laasnag elke uur wakker. So hierdie mamma is bietjie moeg vandag!

Hoop die babyshower was lekker, Carmen! En ek hoop Riley is vandag sommer gesond!

Gerne hoop jou naweek was ook lekker!

Janine, sterkte vir die skielike pajama-dril wat jy weer beleef! Eet Ilse al? Ja, ons hou nie van 'n vloekery nie en ek dink sopbeen is 'n redelike beskaafde vorm om iemand te verduidelik dat jy nie baie gelukkig is met hom/haar nie. Gebruik dit soms grappenderwys ook.

Melody, ek is seker jou naam tel ook vir musikaal! ;) Kan nie help met die tande nie, ek weet te min. Hoe is Kayla se griep nou?

Anina, dis amper einde van die maand, dan is jy weer terug op jou laptop! Selfoon is maar frustrasie! Hoe gaan dit met Stefan en die kiestand? en die tweetjies se waterpokkies? Hoop regtig hulle is nie te siek nie!

'n Lekker dag vir almal van julle hier uit 'n koue, steeds nat, Wolmaransstad! :huh:

Wat van 'n bietjie nuwe fototjies van die kleingoed? Ons vergeet deesdae almal van Foto Vrydag! Sal netnou vir Mare opsit. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176324 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!
Brrrr, dis nat&koud! Maar heerlike cuddle weer, Ilse al amper heeldag toegewikkel in kombersie.
Sterkte Carmen, hoop Riley is sommer gou beter! Hoe gan dit met die waterpokkies uitslag Anina? Ai, die kindersiektes is darem nie lekker nie!
Lekker lag ek vir die "sopbeen" naam Christa!
Ek pajama dril ewe skielik weer die afgelope 2 wke, Ilse het gewoonlik ten minste tot 4hr deurgeslaap, maar nou's sy sommer elke 2ure wakker party aande! Hoop maar klaasvakie begin gou weer sy werk behoorlik doen.
Julle moet almal ñ heerlike naweek verder hê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176278 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Die enigste musikale deel van my is my naam- lol tel seker maar vir iets...eks sommer jaloers op al julle talente-ek kan nie eers sing nie!

Eks so bly dis naweek. Baie excited oor al die vakansie dae wat voorle

Elaine ek sal Maandag e-mail.

Anina en Carmen, hoop julle kinders word nie te siek nie.

Carmen geniet die baby shower.

Gerne geluk met jou suster se dogtertjie.

Julle ek dink kayla se 3de tand maak sy verskeining, nie 100% seker nie, sal more weer kyk-daars n klein wit spec bo,maar dis nie voor nie dis na die regterkant-is dit normaal?

Ok-laat ek gaan-geniet julle naweek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176244 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, geniet die shower more, en ek hoop vir geen 'showers' vir jul nie, die weer lyk maar weird

baie lekker naweek vir almal!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176187 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle

Petro, julle het baie mooi gelyk met die doop, sien uit om te hoor oor die dag!

Genugtig Gerne, jy is iets vreesliks musikaal!! :huh:

Ons familie is hoegenaamd niks musikaal nie, ek myself kan nogals mooi sing, maar dis maar ook dit! :laugh:

Riley doen goed, die kolletjies is al minder en sy is nie soseer sien nie, net nie 100% haarself nie, veral in die aand is sy bietjie "af".

Die dr. se daar is groot verskil tussen Masels en Duitse masels.

Met masels, is hulle erg erg siek, hulle ogie is seer, hulle lyfies vol kolletjies en hulle het groot koors voor hulle uitslaan.

Met Duitse masels is hulle net nie lekker nie, die kolletjies is meer gesentreerd op paar plekke, en hulle het nie altyd koors nie. Sy sal dit deurwerk, hulle gee mos nie eers meds nie, het net gisteraand vir haar Ponado stropie gegee.

Maar ek het babayshower more aan, so nou moet Riley maar by die huis bly, want ek vat nie kans met swanger mammas en Duitse masels nie, baie dankie, sal myself nooit vergewe nie!

Gaan besig by die werk!

Loer nou nou in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #176173 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Gerne baie geluk met die ou PIENK babatjie wat oppad is! Oe julle gaan haar lekker bederf! Geniet dit! Sjoe, klink of Henko baie siek was met die masels! Gelukkig is hy vandag 'n pragtige gesonde klein seuntjie! En 'n ouboet!

Anina ek kon my julle konsternasie indink toe die groot varke daar afgelaai is! En hulle neem natuurlik die hele plek oor! Gelukkig het die potbellies mos aangename ge-aardhede. Hoop nie jou kids kry die waterpokkies te erg nie! Siestog en dan sukkel Stefan nog met 'n kiestand ook! Ai tog!

Petro jy het pragtig gelyk met die doop! Xander is 'n cute ou seuntjie! Hy het al mooi groot geword. Jy moet kom vertel van die doop. En sterkte vir die baie werk!

Sjoe Melody, daai mannetjie is groot teen Kayla! 'n Regte bulletjie! Julle moet die babygym en die doop geniet! Hoop Kayla skud die griep sommer heeltemal af die naweek!

Carmen ek hoop Riley voel sommer al beter!

Dit lyk vir my ons kan 'n orkes begin! Ek kan ook so bietjie klavier en orrel speel, maar niks ernstig nie. Het myself so op my manier geleer op gehoor speel. Besit geen instrumente nie, so ek het ook al verleer om te speel.

Julle ons het een so "sopbeen" (dis soortgelyk aan idioot/mamparra of so iets) hier wat Februarie 40 geword het. Die arme man het nou ewe skielik vreeslik begin oefen en reg eet en dieet en ek weet nie wat nog alles nie. Toe mnalief my daarvan vertel, wou ek my doodlag! Die man het vol "manlike menopause" geslaan! Volgende gaan hy seker sy klere- en haarstyl ook verander! Ja sies, ek is seker lelik, maar dis skreeusnaaks! My man het dit gelukkig heeltemal oorgeslaan!

Hoop julle het almal 'n heerlik dag en naweek! Ons werk gelukkig net tot 3uur, so dis amper oppak tyd!

:woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account