file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #169666 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, meeste snug en safe tipe stoeltjies gaan tot by 13 kg. En ek sou nie baba uit snug en safe uithaal tot ten minste 9 maande nie. Kyk bietjie na die thread oor forward en rear facing car seats, dis ook iewers op die pregnancy en birth section.

Christa, bly jy kon uitvind wat die gejeuk veroorsaak. Ek hoop sy hoes is ook beter.

Wat het ek nodig om die UIF vir my maternity leave te kry? Is daar 'n website waar ek die vorms kan aflaai of moet ek self na die kantore toe gaan? Die skool het my vol salaris betaal, maar ek moet die deel wat UIF cover terug betaal. Nou sukkel ek omdat geen company dit vir my wil doen nie omdat ek die volle bedrag gekry het, hulle wil nie mooi verstaan dat 'n gedeelte van my salaris 'n lening was nie. Ek moet vinnig maak daarmee want ek kan nie meer eis as Claudia oor 6 maande is nie, en ons trek by 4 1/2 maande!!

Julle, ek is bekommerd oor ons skool. Ek het bietjie met die boekhouer gesels, en dinge klink nie te rooskleuring met die finansies nie. Ek hoop net nie hulle maak toe nie. 'n Vorige skool waarby ek gewerk het, het bankrot gespeel en ons net een maand nie betaal nie, sonder enige waarskuwing en toe gese die skool is bankrot so ons het nie meer werk nie.

Nou hoor ek daar is nie genoeg geld in die skool se rekening om ons salarisse Vrydag te betaal nie. Hulle se dis omdat nie al die ouers al die maand se skoolfonds betaal het nie. So die boekhouer se dit sal ok wees, want sy sal die geld inkry voor Vrydag, maar nou wonder ek wat gaan gebeur as daar een maand nie genoeg geld is nie. Ek dink ek gaan maar begin uitkyk vir iets anders, ek wil nie weer so 'n verassingkie kry aan die einde van die maand nie. Dis net jammer want ek werk regtig lekker hier.

Ek bid nogsteeds dat Johan iewers 'n ander werk sal kry wat dit sal moontlik maak vir my om op te hou werk. As hy in die omgewing werk kry, sal ek selfs aanhou om hier te werk, tot die paw paw die fan strike...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169646 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
haallloo julle

vir ons was gisteraand n verander - xander het van half 11 tot half 4 geslaap in sy eie kot sonder om te roer ! bid saam dat dit so aanhou en dat hy dit kan rek tot half 6 - sal wonderlik wees

hy weeg n volle 8 kg !!! mamma se groot seun . wanneer moet mens n ander karstoeltjie koop ?

hy eet nou yogurt ook - en natuurlik luv hy dit !!

lekker werk almal

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169636 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Christa

Skies het bedoel ons kry Maternity Leave, maar dis onbetaald...moes dalk beter gestel het....dis net nogsteeds rof, mens sal moet baie lank spaar om daai stuk tussen UIF en jou salaris optemaak....

Ag anyway, dis nie nou se worries nie!

Bly jy weet wat verorrsaak die gepla op die geboortevlekkie, moet jy nou net salfies aansmeer?

Ja nee Anina, ek sal ook nie sonder 'n Mikrogolf kan klaarkom nie :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169571 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ag nee Anina! Wat 'n konsternasie! Hoe dankbaar is ek nou vir my ou ekstra mikrogolf oondjie! Dis dalk al die stoom wat so binne-in opbou. En ons is vandag so bederf met 'n mikrogolf-oond, dat jy amper nie sonder die ding kan klaar kom nie! Hoop julle kan dit regmaak!

Carmen en Melody, die werk kan julle nie maternity leave weier nie, dit gaan net onbetaald wees soos myne was. Jy eis UIF. En jy is geregtig op vier maande. Dus sal julle met baba nommer twee ook versorg wees. Moenie stres nie girls!

Janine bly dit gaan goed met jou en Ilse! Ken daai high pitched toonlere goed! Mare oefen nou die sopraan toonlere, hy doen nogal nie te sleg daarmee nie! LOL!

Klein mannetjie was gister by dokter, het bietjie dermatitis op die geboortevlekkie agter op sy kop en dan so effense verkoue. Ag maar hy is nog net so vriendelik soos altyd! Mamma se patroon! En dit klink kompleet asof hy begin "ta-ta" se.

Julle moet 'n lekker dag he! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169544 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle

Melody, ek kom tot my skok agter nou die dag, dat ons werk mos 3 maande volbetaalde Maternity Leave gee...vir baba no 1, maar NIKS vir baba no 2 nie :angry:

Eish, dis mos ok nie reg nie.....maar nou ja! So g'n mens weet hoe gemaak as nommer 2 kom nie???

Riley goed aan die gang, net vreeslik woulig en sorg vir baie entertainment by die kleuterskool :laugh:

Die tannie daar se Riley gaan al op 16 graad vang, teen die koers wat sy nou aangaan! :laugh:

Besig by die werk, maar ek gaan darem vanmiddag my hare kleur en sny, julle ek lyk terrible, was so lanklaas by die haarkapper! :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169538 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

My microgolf oond het die gees gegee. Ek dink my steriliseerder het iets daarmee te doen. Want my vorige mikrogolf oond het ook die gees gegee toe Stefan klein was en ons sy goed gesteriliseer het. Dit lyk of die ding nog werk, alles werk, die bord draai, die liggies kom aan maar as jy die kossies uithaal is dit nog yskoud.

Dis aaklig, ek sukkel myself dood om die gevriesde kossies wat ek vir Claudia gemaak het warm te kry! Moet nou alles in 'n kastrol oor warm water warm stoom en dit vat 'n ewigheid.

Melody, 'n Mirena kan 'n ectopic swangerskap veroorsaak, maar die kans is baie klein. Hopelik is dit nie 'n miskraam gewees nie, hulle se mens kan 'n vals posetief kry met 'n "chemiese swangerskap" wat eintlik maar is wanneer daar wel bevrugting plaasvind maar nie vashegting nie.

Janine, lekker om van jou te hoor. Bly dit gaan goed met Ilse.

Gerne, ek hoop ons kan eerste bestellings plaas?

Lekker daggie almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #169475 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, die toets het nie verval nie, my man het gekyk en die datum was vir setember 2011, eks nie seker wat daar gebeur het, wie weet...ekt lelike maag krampe gehad Sondag en dit het my maak wonder of dit nie n baie vroe miskraam was, ek het erens gelees die mirena kan n ektopic pregnancy veroorsaak- maar ek wil nie die ergdte dink so los dit maar net daar. Ek het weer getoets en dis beslus negatief.

Die rede hoekom ons nie dadelik vir no 2 probeer is omdat my werk nie maternity leave betaal as jy swanger raak voor 2 jaar tydperk. Ons oorweeg dit om die einde van die jaar weer te probeer.

Eks lekker moeg julle, kayla was in n slegte bui vannaand..shoe!

Ek het vir haar wortels en butternut gekook en gevries en ek moet se, sy verkies dit oor die purity!

Lekker aand julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account