more julle oulike girlie wirlies!
Anina, ag ek hoop die dinge gaan nie suur daar by die werk nie, veral as mens jou werk geniet en lekker daar werk.
Melody, dankie, die dingetjie is net amazing
Ekke wonder ook oor die wax, Riley kry ook vinnig baie wax in die oortjies, so ek maak maar so nou en dan skoon met daai "baby" earbuds??
Ek sal moet haar camping cot bietjie sak, want sy kan mos haarself vanaf le, self na sit toe vat, en dan probeer sy haarself optrek teen die kant van die kot. Blykbaar trek sy haarself ook nou op teen die tralies van die kot by die skool het die juffrou laat weet.
Aai, 2 babatjies in die kleuterskool het longontsteking nou opgedoen, so ek brace myself vir rowwe tye wat voorle in die winter...
Riley se snug & safe is ook tot 13 kg, gaan haar maar daar hou so lank ek kan, maar al wat my pla is die kind se voete steek al ver uit na buite?
Ons het n karstoeltjie present gekry op babyshower, so ek stoor maar tot ons hom nodig het.
Dis 'n Safeway een.Ek het gaan loer by die winkels nou die dag en Chelino se stoeltjies is regtig baie reasonable geprys in vergelyking met ander en dis asof hulle 'n baie groot verskeidenheid het. So ons sal dalk later nog een koop, sodat elke kar een inhet, en ons nie hoef dit rond te skuif nie. Maar vir eers is die snug & safe fine.
Ja Gerne, wanneer kan ons jou oorlaai met bestellings vir mussies???
Ok, sal later weer inloer!