file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #167860 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo!!

Ek probeer gou fotos aflaai van ons kamp naweek, dan sal ek 'n paar opsit.

Gerne, shaim, die RS virus is regtig 'n gagga een... sterkte! Gelukkig is jy al een keer daardeur so jy weet wat om te verwag.

Stefan se dun baba haartjies het ook uitgeval en toe weer gegroei, sonder dat ek dit geskeer het. Claudia sin begin ook reeds self uitval so ek los dit maar. Daar begin al klaar nuwe haartjies groei onder die baba donsies, en die nuwes is nog rooier as die oues. Sulke regte strawberry blonde haartjies. Maar haar wimpers word bietjie donkerder, so miskien kry ek tog my donker kop meisiekind waarvan ek gedroom het voor sy gebore is. Of miskien is dit 'n ander baba waarvan ek gedroom het.

Ek het gister 'n rowwe dag gehad! Claudia het die heel naweek effense diaree gehad, niks erg nie, maar dit is obviously bietjie suur, en het haar boude gebrand. Toe is daar gister oggend bloed in haar poef. Natuurlik het ek myself dood geskrik!! En so vroeg as moontlik dokter toe gejaag. Maar dis alles nou beter, geen meer bloed nie en die diaree is ook opgeklaar. Die dokter het my 'n lys so lank soos my arm gegee van simptome waarvoor ek moet uitkyk vir dievolgende paar dae en hy het vir haar pro-biotics voorgeskryf. Lyk my darem dit het die ding gedoen want sy lyk nie meer siek nie.

Carmen, ons het nog niks gehoor van die Secunda pos nie, en to be honest, ons is glad nie lus vir trek nie. Ons bly baie lekker waar ons is. Hoop net my man kry 'n werk hier in die omgewing dan kan ons net mooi bly waar ons is.

Hier is een van ons kamp fototjies...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #167857 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
O en werk het toe daarteen besluit om my die halfddag pos te gee...sug! Nou moey ek mar erens ander gaan soek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #167855 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai julle, ek le in die bed en voel sleg- en skuldig- Kayla het langs my opi vloer gesit toe val sy om en ek was te stadig om te keur. Syt haar arme koppie getamp. Ekt nog nooit in my lewe so sleg gevoel nie en baie bang, maar sy lyk darm ok.

Dit het so 6:30 gebeur- syt net vir 2 min gehuil en toe daarvan vergeet. Selfs gelag en gespeel daarna en ek het haar eers 2 ure later laat slaap. Dit eet my lelik op...weet nie of ek gaan slaap vannaand, maar dis my eie skuld as ek nie doen nie. Ek hoop en bid sys ok...behoort seker te wees ne?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #167799 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

ruben het die RS virus (Respiratory syncytial virus ), selfde maar soos henko gehad het so ons gaan maar stoom dat dit wit sit die winter en dan natuurlik die suiwel, vesel vrugte ens uitsny soos wat ons gedoen het. ai jai jai.

En dan begin ek al hoe meer wonder oor my skildklier. ek wonder of ek hom nie moet laat toets nie.

Anina, ek moet se, Henko het sulke dun haartjies gehad - wat kierts regop gestaan het op sy kop en nadat ons dit afgesny het het dit baie anders uitgegroei. asof die baba hare weg was. shame maar dit vat vreeslik lank om terug te groei so ek sal verstaan as dogtertjie mammas dit nie doen nie ;) .

Carmen, bly die dametjie se dogtertjie is gesond. hoop jy voel ook gou beter! lekker aand almal.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #167756 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Oooo, ek het dit nie van die hare geweet nie!

Anina, jy al enigiets gehoor van die moontlike werk in Secunda vir jou man?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #167622 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Skuus eks so stil, eks net regtig besig gewees, maar ek het darem so nou en dan ingeloer en al die chats gelees.

Gerne, jammer om te hoor ou Rubentjie is so siek. Hoop jy en hy voel gou beter.

Carmen jou inseen fotos is pragtig!!

Al die oulike gesiggies is te fraai hoor, Melody, Petro en Janine julle kiddies is regtig cute!! Ek kan nie glo hoe lank Ilse se hare is nie!!!

Gerne, ek skeer niemand se haartjies af nie, Stefan sin groei mooi genoeg net so. Carmen, die teorie is dat die hare dikker uitgroei as jy dit alles afskeer, maar soos ek se, Stefan het klaar genoeg so ek gaan nou nie Claudia sin skeer nie.

Ek sal more probeer om 'n tydjie te maak om regtig te kom chat, en dalk 'n fototjie op te sit...

Lekker dag.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #167612 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ag nee Gerne, laat weet asb. of Ruben al beter is en wat die pediater se?

Hoekom sal jy hulle hare afskeer? :blink: Sien, iets wat ek nie weet nie??

Toemaar ekke bly ook pap en moeg, maak nie saak hoeveel pille ek afsluk nie! :( En my sinusse wil net nie opdroog nie!

Ilse is pragtig Janine! Mensig maar sy het lang hare! Riley het baie hare agter onder, maar min bo. Lekker mullet :laugh: Maar dan het sy ook 'n hele strook van haar hare afgele, so dis bles agter :laugh:

Melody, klein Kayla lyk nes jy!! I'm sorry maar dis ongelooflik duidelik vir my! ;) Sy is regtig pragtig en lyk ook na 'n vreeslike vriendelike baba!

Lanklaas van Anina, Elise, Nelita, Ralmarie en Elaine gehoor?

Die meisie wie se werk ek oor gevat het, het vandag haar dogtertjie gehad! :woohoo:

Danica Potgieter is gebore vanoggend en weeg 3.68kg!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account