file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #168463 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, wow ek kan nie glo klein Riley is so mobile al nie he. dis wonderlik. as sy nou (of binne die vlgnde mnd) begin kruip is dit baie vroeg en dit klink of sy sterk oppad is!
Sit 'n ronde kussing, as jy het, onder haar magie dat dit bietjie help met die swaar bolyf dan sal sy vinnig stewig raak op haar kniee.

Anina. ai dis sleg van jou vriendin. maar sy moet eerder probeer om albei te geniet as om een af te skeep. sterkte vir haar.

wel ruben rol nogsteeds nie om nie en le ook maar daar soos ek hom neersit (behalwe dat hy in die rondte gaan.) Maar ja, soos jul gehoor het het hy genoeg vleis om hom stewig gegrond te hou :ohmy: :P

Christa, jul moet lekker kuier. ons gaan ook bietjie na my swaar in middelburg, sien baie uit want almal kom altyd na ons toe so die naweek is dit bietjie my rus nwk!

julle, ek is so opgewonde!!!!! Ek het begin mussies brei vir my seuns en toe besluit ek om vir dogtertjies ook te hekel die jaar. Amper soos 'n klein besigheidtjie! mens sien altyd die mooi mussies maar nie in die winkels nie - so...... ek het al 'n paar bestellings en sodra hul hul hoedjies het gaan ek fotos kry en dit dan gebruik vir advertensie. ek wil ook nog ander patrone kry - meer vir klein babatjies.
Dit lyk soos hierdie:


3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #168425 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ajoe Anina, jou vriendin se omstandighede klink goor, aai mens moet maar aprtykeer dankbaar wees vir jou eie setup!

Melody, moenie worry oor die val nie, ons almal het dit al gehad, inteendeel Riley het al 2 keer van die bed afgeval. :( Ek het ook sleg gevoel, maar toe sy ok is en 5 min later weer lag, toe weet ek ok, niks ernstigs het verkeerd geloop nie!

Riley het nogsteeds loopneusie, maar dis nou darem net in die oggend en bietjie in die aand. Het die Sterimar neusspuit gekry, moet se dit maak alles lekker los.

Gerne, ek wil nou die hoes, poep of skinder nie.....maar Ruben is 'n reus! Wow, pappa Tim is seker vreeslik trots op sy toekomstige Cheetah voorspeler :laugh: Hy is nie ver van dubbel Riley se gewig af nie.

Julle ek wens ek kan vir julle 'n video opsit!

Riley is nie ver van kruip nie (ek dink), wel die kleuterskool juffie se ook so.

Ons is nou besig om in kruip posisie te staan en dan wieg sy vorentoe en agtertoe en dan eventually sit sy die een knieg vorentoe...so ek dink nie dis meer baie lank nie, sy moet net die koordinasie nog uitwerk.

My man en 8 ander vriende gaan hierdie naweek visvang!
S moreaand gaan ek bietjie drinks drink saam vriendinne, Sat oggend gaan ek ontbyt eet saam vriendinne...lekker lekker!

Ok, loer later weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #168377 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle,

Ek sukkel ook vanoggend met my internet! Een oomblik is dit aan en die volgende oomblik af... Aaklig.

Gerne, eks bly R is bietjie beter. En ek stem oor die tee, ek gaan dit met Claudia ook begin doen. Sy maak my mal die laaste paar aande, sommer elke 2 ure wakker.

Christa, dankie vir die update op Ralmarie, ek mis haar nogal hier. Hopelik kry sy eendag daai internet uitgesort.

Melody, oulike stoeltjie. As ek nog baba parafanalia koop skiet my man my!!

Twee van die girls in ons bybelstudie groep is swanger, en Johan se niggie en my haarkapper. So dit lyk my 2011 is 'n vrugbare jaar... Ek sal moet oppas en eerder nie die water drink nie, nou nou sit ek ook weer met 'n pens! Die laaste ding wat ek wil he is 3 babas onder 3!!

Ek het 'n ander vriendin wat nou in Feb 'n babatjie gehad het, sy het ook nog 'n seuntjie wat vlg week 2 word. Maar haar man help haar glad nie en dit lyk my sy bou ook nie 'n band met die baba nie, sy voel vreeslik skuldig oor die ouer ene wat nou haar aandag moet deel met die nuwe sussie en dan spandeer sy meer tyd met hom. As ek die storie so kyk is sy op breekpunt. Ek wens so ek kan haar help, maar hoe se mens nou vir die man hy moet wakker skrik en sy kant begin bring? Sy het ook nie 'n bediende nie en hulle sukkel baie finansieel want haar man weier om vir 'n baas te werk maar hy kry dit ook nie reg om 'n besigheid suksesvol te run nie. Ek dink nie ek sou dit gemaak het om alles so stok siel alleen te moes doen nie. Sy het ook nie ouers nie, hulle is oorlede toe sy klein was en haar ouma het haar grootgemaak maar is oorlede 'n paar jaar terug. En haar man se ouers bly in Australie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #168341 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Ai Gerne ek hoop ou Rubentjie voel gou beter! Die RS virus klink sommer aaklig! Mensig maar hy groei! Mare het op Dinsdag 8 Maart op 5 en 'n half maande steeds 8,75kg geweeg en was 71cm lank. Hulle word darem heeltemal te vinnig groot! Mare kan net so lekker high pitched gil! Veral as hy nie al ons aandag het nie.

Anina die fotos is pragtig! Ek is mal oor Stefan in pappa se nommer 13's! Dis so cute! Ag en Claudia se ronde lyfie is adorable!

Melody ek stem saam, Kayla lyk definitief soos haar mamma! Daai dimpels is pragtig! Oulike stoeltjie! En jy kan dit lekker oral saamvat as julle dalk iewers gaan kuier of eet.

Petro dis niks lekker om te werk as mens so moeg is nie! Ek probeer vir Mare 'n bottel so 10uur saans gee, dan slaap hy deur tot 4uur. As ek nie daai bottel gee nie, moet ek 1uur opstaan vir 'n bottel. Dan is ek ook stokflou in die oggend. Ek hoop hy verander sy slaap-patroon sodat jy darem bietjie meer kan rus! Het jy self sy kussing gemaak? Dit lyk so lekker dik en sag!

Ek kan nie wag vir more nie! Ons ry vir die naweek na my pa-hulle in Fort Beaufort. Kom Maandag al weer terug!

Hoop almal het 'n heerlike dag! :silly:

PS Ralmarie stuur groete! Sy sukkel haar flou om by Moomie in te kom. Dit laai blykbaar vreeslik stadig.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #168312 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ruben het gisternag bietjie beter geslaap maar steeds maar baie wakker geword. Maar hy is baie beter, dankie tog. Ons het so vir hom gelag, hy het gisteraand daar gesit en omtrent met ons geraas LOL. hy het so vreeslik hoog en hard geskree - hy het nou agtergekom hy kan baie hard praat. dis so cute.

Melody, waar het jy daai stoeltjie gekoop en wat was sy prys? dit lyk blerrie oulik. sy het lekker dumpels ne!

petro, jy moet vir zander tee gee sonder suiker as hy wakker word, hy gaan hom dood skrik vir die slegte tee dat hy nie weer sal wakker word nie :woohoo: Sodra Rubentjie beter is gaan ek weer vir hom begin tee gee want hy word nou elke halfuur wakker en suig suig so bietjie aan sy melk, dis sommer nonsens.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #168277 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle is maar baie stil...

Die dae by die werk is laaaaank...

Kayla slaap nou, sys noggal onrustig sover vanaand, in die meeste gevalle slaap sy mooi deur, partykeur moet ek haar selfs 10 voor 6 wakker maak net om haar bietjie melk te gee voordat ek haar by my ma gaan afaai.

Ek het die oulikste stoeltjie vir haar gekry, hul noem dit n booster chair- dis soos n bok stoeltjie wat bo op n gewone stoel vas strap- regtig te oulik
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #168180 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle almal

hoe gaan dit met julle ?

sjo - gerne - ruben is n yster !! mamma se reus !! te oulik

ek is by die werk vandg -dit reen - ons het -pannekoek gebak - en heerlik daaraan gesmul

gaan goed met ons - wens net Xander wil langer aaneen in die aande slaap - hy word nog baie wakker en partykeer nie eers vir melk nie
ek is doodmoeg meeste oggende as ek opstaan

sit nou maar en ossies rol by die werk - niks lus vir proaktief wees en emails uitstuur nie

ok almal - lekker dag

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account