Hi julle
Julle praat nou so van slaap. Riley het weer nooit op haar sy geslaap nie, en wil nou net heeltyd op haar maag slaap...waar sy altyd op haar rug geslaap het toe sy kleiner was.
As ek weer hoor, dan is dit 'n gestruggle, want sy draai op haar maag en dan is die goeters in die cot innie pad ens en dan het sy die Angel Monitor in haar mond...julle sy is soos 'n bulldozer, sy skuif alles met haar lyfie uit die pad, as julle kan imagine wat ek probeer se!
Kyk as sy nou my selfoon sien...dan rek daai oe so groot en sy gaan vir dit met wat sy het! Dis asof die scrreen se liggie haar absoluut fassineer
Janine, jip sy sit op haar eie, sy kry dit nou en dan reg om heeltemal op haar eie van le na sit te gaan.
Janien ek het nou die dag so 4 langmou wit babygrows gaan koop en gaan dit ook onder goetertjies aantrek wat dalk kortmou is, dit werk ook mos lekker, maar ek weet ook nie HOE warm moet jy hulle aantrek nie??? Ek het HOPE klere gekry met my babyshower, maar alles somer natuurlik en die feit dat madam nogsteeds in 0-3 maande pas, het ook die seisoene nie so lekker laat uitwerk met haar klere nie...
My Tannie het darem met die inseening vir haar 'n sak vol winters 3-6 maane goedjies gekoop!
Ek het nie geweet mens gee 'n geskenk op 'n inseening nie, maar Riley het sommer baie presente gekry???
Julle my een vriendin het vir haar 'n Breakfast set gekoop! Dis te pragtig!! Dis 'n pienk boks, en binne is 'n papbordjie, 'n koppie en 'n piering, maar so pragtig en feintjies!
Ander vreindinne het die mooiste Bbelstorie beoke gekoop!
Manlief is oppad viswaters toe...so ek en Riley saam die naweek!!