file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #167032 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
MORE OUKIES

hoe was julle naweek ? ons sin was heerklik. vrydagaand by my swaer hulle gebraai ! saterdag net rustig bydi huis, en gister plaas toe, gebraai en gekuier saam met vriende !! Xander was uit sy kas !!! vir al die maatjies gesmile , niks geslaap , ppotuit gewees toe ons by die huis kom !!!

ek het soooooooo baie werk vandag ! moet BTW van FEB klaarmaak en dan finansiele state vir jaareinde ook. nuwe budgets vir nuwe jaar ens ens. glad nie lus - net lus om te staak en te toi toi - hahahaha

carmen hoop riley se inseen was lekekr - die fotos op face book is pragtig

ons doop vir xander die 10 april !

ok julle mammas - lekker werk en n goeie week

baai

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166972 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Die 1ste klas by babygym was net baby massage...en verduideliking oor hoe dit als werk ens. Ek gle Kayla sal baat by wat ons verder gaan leer en doen...dis ook lekker om met ander mammas en pappas te "interact"

Het vandag vir kayla n paar nuwe outfits moes gaan koop- sy pas nie meer in haar 3-6 mAande klere nie. Ook al die pampers nappies wat ons vooraf gekoop het gan omruil vir huggies, vind dit werk bietjie beter vir ons.

More is weer terug werk toe , en eks glad nie lus na n baie lekker naweek..More sal ek uit vind oor die ander pos wat ek wil he, ek dink dis slgte nuus, maar tot ek dit hoor sal ek noe moed opgee nie...

Ek sal mooi die speletjies verduidelik as jul belangstel- vra maar net as ek in die toekoms iets noem wat julle wil he ek moet oor uitbrei Lily, en ja fototjies is altud welkom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166909 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi,

Hoop almal het 'n heerlike naweek! Geniet die inseën môre Carmen, weet sommer dit gaan baie spesiaal wees!

Daai boks idee is oulik om "sit" te oefen Christa, gaan defnitief ook vir Ilse so insit tussen die kussings.

Hoop julle het toe die playgym geniet Melody! Kom deel bietjie as julle oulike speletjies leer asseblief.

Moet darem ook weer 'n slag fototjie opsit... :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166841 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Dinge lyk nie baie goed vir die pos by di werk nie, maar ek sal eers Maandag verseker weet...ek voel sommer al klaar moedeloos.

Kayla het nog n ou snot neusie, wil net nie mooi heeltemal weg gaan nie...sal more na die tisue salts no 5 kyk.

Het more oggend playgym-eks noggal opgewonde, en daarna by my vriendin kuier-sy het haar seuntjie gehad die dag na ek kayla gehad het-dis te oulik om die kleintjies so saam te sien groot word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166793 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Sjoe, dankie tog dis amper naweek!! En vlg week is dt net weer mal dol!!!

Sondag is dit Riley se inseening, ek sal fototjies neem en op Facebook sit vlg week :-)

Janine, bly om weer van jou te hoor!

Ok, sal weer probeer oor die naweek om in te loer!
xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166706 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons eet vanaand frikkadelle, kapokaartappels en gemengde groente. Het gedink ek deel my lekker maklike frikkie resep met julle:

500g maalvleis
1 eier
2 e hoogvol meel of maizena
kruie en spesrye na smaak

Meng die eier goed met die maalvleis met 'n vurk.
Roer die meel / maizena ook goed met 'n vurk deur
Voeg speserye en kruie na smaak by (moenie die sout vergeet nie)
Maak balletjies, druk dit effens plat en plaas in oondbak.
Bak so 30min teen 180 grade C.

PS Ek smeer bietjie olie onder in die bak. Wanneer ek die vleis balletjies in die bak sit, druk ek die bokant ers effens in die olie, dan bak dit sommer mooi bruin. Hierdie frikkadelle is glad nie droog nie en val ook nie uitmekaar nie. Ek maak hulle so tussen 'n golfbal en 'n tennisbal grootte, dan kry ek nege uit 500g vleis.

Geniet dit! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166682 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai tog! Noudat ek 'n slag tyd kry om hier uit te kom, is julle almal missing! Hoop almal geniet die naweek! Piet gaan more-oggend na 'n kerkraad konferensie, so ek en Mare is alleen tuis. Wat sal ons 2tjies gaan doen? Mmmmmmmmm . . . . . . . . . . . ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account