file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #166497 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
YAY!!!! Dis eindelik Vrydag!

Hallo julle!

Ek kom lees so elke nou en dan hier, maar kry net nie kans om saam te chat nie!

Annalize bly dit gaan nog goed! Sterkte vir julle! Alles sal uitwerk soos wat dit moet. Sal foto sms.

Petro, ek is mal oor jou profile foto van Xander! Hy lyk so cute! Moenie worry nie, hy sal alles wat hy moet doen op sy eie tyd doen. Daar is niks fout met hom nie, hy is net nog nie lus vir al hierdie dinge nie!

Janine, Ilse groei mooi! Bly dit gaan nog so goed met julle!

Carmen, ek het 'n nebulizer by Checkers se apteek gekoop vir R400. So dalk kan jy daar ook kyk.

Melody, hou duim vas vir die halfdag pos! Dalk moet jy saam met Kayla op jou maag le, sodat julle na mekaar kyk an dan sommer so speel of iets. Sy sal wel kruip!

Anina maar Claudia is vir jou 'n haastige dogtertjie! Sjoe dat sy nou sowaar al in kruip posisie opstaan?! Ek sal glo badtyd kan dol raak vir julle met 2 kleingoed! Lekker besige tyd van die aand en dan is mens stokflou daarna!

Met ons gaan dit steeds baie goed! Mare is mal oor sy nuwe "ouma" en "oupa" by die dagsorg! Hy smile vir almal wat hy sien, sommer wild vreemde mense ook! Was Dinsdag by pediater en sy is baie tevrede met hom! Hy eet van Woensdag af pap in ruil vir een bottel melk en dit gaan glad nie sleg nie! Dis tog te oulik as daai mondjie oopgaan wanneer ek se "happie"! Ag en dan nies hy, dan is mamma onder pap! LOL! Ek kan nie glo hy is oor 11 dae al 6 maande oud nie! Die tyd het darem vreeslik gevlieg!

Hoop almal het 'n heerlike dag en 'n naweek vol pret saam met die kleingoed!

ONTHOU DIS "PHOTO FRIDAY"!

Mare sit by die dagsorg in 'n boks om sy boudjies "plat" te kry.

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166424 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Wow julle kiDdies is all baie oulik

Xander rol glad Nie !!!! Ek kan hom net neersit en hy sal netnou nog daar wees ! Hy skop vreeslik met sy voete en waai sy arms woes , maar dis al !! Lyk my hy is bietjie lui !! Ons speel we'll elke dag op sy magie en sit ook in sy bambo chair - maar hy vat sy tyd met die goed lyk my !!

Anina - hy eet sy pap. Maar hou sy mond bottoe as ek hom die butternut gee wat ek gekook het. Toe probeer ek vandag puriitu se sweet patato - en hy eet dit ! Sal maar gaan koop en gaarmaak ! Dink julle purIity is baie glaDder dat hy dalk nie van die tekstuur van die tuisgemaakte gRoente hou nie ? Of is butternut dalk nie vir hom lekker nie ?

Lekker aaNd

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166412 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het n vraag, as Kayla haarself op jhaar rug rol elke keur as sy neer gesit word op haar maggie, hoe sal sy ooit begin kruip?

Ons het hierdie komende Sat ons eerste playgym sessie...sien noggal uit daarna...

Nog niks gehoor van die. Pos by die werk nie, hou maar nog baie stuif duim vas...

Lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166406 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!!

Ek was so lanklaas hier dit voel omtrent of ek myself weer moet voorstel... :blush: Sien darem van die ander loer ook net so nou en dan in.

Gaan baie goed met ons, Ilse nou amper 4.5 maande, raak ouliker en groter by die dag! Het op 16 wke 6.32 kg geweeg en 61 cm, is vol smiles en giggles en begin-begin vir so paar sekondes op haar eie sit. Ons nog net op borsmelk, sy slaap nog goed deur in die nag, so ek gaan nog bietjie aanhou met net die borsmelk tot sy my weer vroeër begin opjaag. ;)

Het gesien van Elise se swangerskap, was dit dan 'n vals positief?

Annalize, sterkte!

Hoop almal wat siek is word gou beter! Lekker aand julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166227 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek was gister gou na werk by Dischem om, maar toe het ons Dischem wragtag niks stock van nebulisers nie.

Kyk dit kan my mos vreeslik irriteer as ek nou uetrs nodig het en ek kan dit nie kry nie!

Sal maar by die ander ene moet gaan kyk!

Riley is net so mobile, dis iets vreesliks, moet haar konstant dop hou anders is sy waar ek haar nie laas neergesit het nie ;)

Sy sit nou ampertjies op haar eie, ons sit maar nog kussings rondom want partykeer verloor sy die balans en dan val sy agteroor of vorentoe :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #166001 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Môre almal!

Annalize, ek is baie jammer om te hoor van jou egskeiding. Dis moeilike tye wat voorlê. Baie sterkte!


My twee is ook mos 16 maande uitmekaar, en ek kan beaam dat daai rush hour in die aand 'n rowwe tyd is. By ons verloop dit darem meeste aande redelik glad en dan is almal uitgesort en in die bed teen 19:30. Dan het pappa en mamma bietjie tyd vir onsself, net jammer ons is gewoonlik poegaai!

Melody, eks bly Kayla is beter. Dis darem nie lekker om 'n siek kind te hê nie. Ek hoop hulle kan jou help met 'n halfdag pos. Dit sal great wees as jy bietjie meer by jou meisiekind kan wees.


Petro, ou Claudiatjie is nou Saterdag eers 4 maande! Dit klink my Xander verander in 'n regte bulletjie. Hoe gaan dit met die vastekos?


Carmen, ek hoop jy het 'n beter aand gehad en dat die snot nou bietjie wyk.

Gerne, hoe gaan dit met jou en jou siek familie? Tot wanneer is jy afgeboek?

Elise, as jy dalk kom inloer, baie jammer om te hoor van jou ervaring. Ek is seker die Here sal op die regte tyd die regte babatjie bring. Sterkte.

Julle, Claudia is heeltemal voor op die wa! Sy staan deesdae op in kruip posisie! Dis baie cute, maar maggies ek moet so versigtig wees, ek kan haar nerens neersit nie, sy is erg mobile. Sy wurm haarself orals heen en rol dat 'n tolbos sal skaamkry. Sy moet eintlik vandag vir ente gaan, ek sal maar kyk of ek tyd kry vanmiddag anders skuif ons dit maar na vlg week toe.

Lekker daggie vir julle! Ek sal later weer kom inloer.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165977 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal,

Shoe nou is almal siek, hoop jul word gou beter.

Jammer oor die egskeiding, meskien kan dinge gered word, sterkte en alles van die beste...

My man het vandag met die finance manager gaan praat vir my vir n half dag pos- ek hou duim vas dat hulle my sal consider...

Kayla is darm beter...ek hoop nie sy word gou weer siek nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account