file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #165831 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Anina, ekke gaan kyk of ek vanmiddag na werk by Dichem kan omgaan, R350 is darem nie te erg nie, het erger verwag!

Het gesien dat Elise se toets nou negatief wys?

Ek glo sy sal vir ons kom vertel wat gebeur het!

Annalize, ek het gewonder wat van jou geword het!!

Aaai, sterkte met die ongelooflike moeilke tyd wat jy deurgaan. Jy het altyd ondersteuning in ons groepie. Dit moet een van die moeilikste dinge wees wat in mens se lewe gebeur xxxx

Gaan nog lekker snotterig met my :woohoo: :lol:

Ok, ekke chat weer more :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165816 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
haloa julle almal

ek weet nie wat met my aangaan nie maar ek is stokflou vandag !!!! ek kan skaars my oe oophou - en ek is glad nielus vir werk nie - wat nog te se van oefen as ek bydie huis kom later - -YAK

Annelize - klink maar of dinge rof gaan by julle op die oomblik. baie sterkte met die egskeiding dinge - ek hoop dinge werk uit vir die beste en dat juy oriaat aan die ander kant gaan uitkom

lyk my elise was toe nooit swanger nie - net op haar facebook gesien
hoor maar by hoor die hele storie

christa lekker om van jou ook te hoor. bly dit gaan goed met jou en pappa en mare - hy is sooooo cute seuntjie !! lyk my Xander is is besig om net so groot seun soos mare te word.

hopo julle ander se snotneuse is al beter. xander sin loop maar nog lekker !!!

ek sien alweer uit na die naweek wat kom - net by die huis le en vrot !!! ou xander is wraggies oor 11daggies 5 maande !!!!! hy is natuurlik pure nar die laaste paar dae en lag heeltyd.

anina - hoop julle drie is gou beter
en julle carmen - hoop sussa slaap beter vanaand

vir die res - hallo en koebaai

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165754 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo hallo almal. hoe gaan dit met almal en hulle kleingoed? skies ek stil, maar dinge wild aan my kant.

het vandag internet en maak goed gebruik daarvan.

voor ek nuus aandra, iemand het op 'n vorige post iets genoem van ekseem. ek weet nie veel daarvan af nie, maar het sulke vreeslike skurwe jeuk plekke op my bene eweskielik gekry en het sommer bennets se nipple cream aangesmeer en dit het gewerk soos 'n bom.

van my kant af verlang ek my dood na julle en sal ek as ek eendag groot is op al die nuus opvang. my seuns is pragtig en dank ek Onse Vader elke dag vir die voorreg om hulle te he.

Elise, baie geluk met jou swangerskap. Oh my word, ek is sommer opgewonde vir jou part. Jou kids gaan soos 'n tweeling wees. My twee is 17 maande uitmekaar uit en moet ek vir jou se die enigste tyd dat ek werklik spring is bad en slaaptyd en is "rush hour" so tussen 18h00 en 19h00. Ek het nou al moed opgegee om 7de laan te kyk. lol...

christa, mare klink soos 'n bul van 'n seuntjie en moet jy asseblief vir my 'n foto op my cell stuur.

vir al die mammas wat terug is werk toe.... sterkte, dit kan wraggies nie lekker wees nie.

giovanni is 'n engeltjie en slaap hy so tussen 8 en 10 ure op 'n slag. klein rakker maak my net een keer 'n nag wakker en is dan van 5 uur af aan die gang om weer 8 uur te gaan slaap vir ongeveer 3 ure.

gianluca gee my grys hare. hy kry vreeslik nagmerries en kry ek nie gerus in die nag nie. hy speel in die dag as dit warm is in die baba swembad hier buite in omtrent 3cm water.

albei is perdfris en gesond. giovanni is 'n regte klein vettie en wil ek hom sommer opvreet as hy op sy ronde magie op die bed le. hy doen nog niks vreesliks soos omrol of vorentoe beweeg nie, maar dit is maar 'n gesukkel om alleen aandag te gee met gianluca in die omtrek.

met my gaan dit ook goed. ek en my man is besig om te skei en glo ek dit is vir die beste. hy wil vir beheer en toesig baklei, maar staan nie 'n kans nie. ek bly nog in sy huis saam met sy maaitjie, maar behandel hy my die afgelope twee weke soos hy my toe ons ontmoet het behandel het. nou bietjie laat volgens my, maar dit laat my nogal wonder of daar nie dalk tog 'n kans is vir ons nie.

verder is ek maar stil hier by die huis.... hey, ek vergeet amper. ek was twee weke terug vir 'n operasie om die dinge hieronder weer reg te sien en meisies... ek is nou nie 'n pissie nie, maar dit is donners eina (skies my frans). indien julle so iets oorweeg, maak seker dat julle kleingoed al self die bottel kan vashou, want om in die nag op te staan en baba op te tel op die bed is 'n ander storie.

ek vertrou dat almal 'n fantastiese dag sal beleef en sal ek probeer inloer wanneer ek internet tot my beskikking het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165690 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Ons is nogsteeds snotterig. Claudia is beter, borsmelk is die beste!! Maar ek, Johan en Stefan is nog lekker siek.

Christa, dankie vir die mooi boodskappie. Dis regtig nogal iets oulik

Carmen, ek het gister R350 betaal vir 'n nebulizer by Dischem. Stefan haat dit, maar dit werk.

Lekker dag vir almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165660 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis vreeslik mooi Christa :-)

Sjoe, dit i klein bietjie minder dol vandag by die werk, kry darem kans om meer as een keer op Moomie te gaan :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165573 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier is sommer net iets mooi vir die dag.... ;)

ELKE VROU

Elke vrou
behoort 'n ou geliefde te he
na wie sy glo sy terug sal kan gaan
en een wat haar herinner
aan hoe ver sy gekom het...

Elke vrou
behoort iets perfeks te he om aan te trek
as die baas of ridder van haar drome
haar oor 'n uur wou sien...

Elke vrou
behoort 'n sappig genoeg verlede te he
sodat sy kan uitsien daarna
om dit oor te vertel op haar oudag...

Elke vrou
behoort in besit te wees van
'n stel skroewedraaiers, 'n koordlose boor,
'n buis no-more-nails en 'n swart kantbra....

Elke vrou
behoort een vriend te he
wat haar altyd laat lag...
en een wat haar laat huil...

Elke vrou
behoort een goeie meubelstuk te he
wat niemand anders in haar familie voorheen besit het nie....

Elke vrou
behoort agt bypassende borde en wynglase met stele
en 'n resep vir 'n maaltyd te he
wat haar gaste bederf sal laat voel

Elke vrou
behoort te voel sy is in beheer van haar eie lot
...hoe om verlief te raak
sonder om haarself in die proses te verloor...

Elke vrou
behoort te weet hoe om uit haar werk te bedank
hoe om uit te maak en hoe om 'n vriend te konfronteer
sonder om die vriendskap te ruineer...

Elke vrou
behoort te weet wanneer om harder te probeer
en wanneer om die handoek in te gooi

Elke vrou
behoort te besef
sy kan nie veel verander aan die lengte van haar bene ....
die wydte van haar heupe
of die geaardheid van haar ouers nie...

Elke vrou
behoort te besef haar kinderjare mag dalk nie perfek gewees het nie...
maar dis verby....

Elke vrou
moet vir haarself uitklaar presies wat sy sal doen of nie sal doen nie
ter wille van die liefde......hoe om alleen te bly, selfs al hou sy nie daarvan nie
...wie sy kan vertrou en wie nie en hoekom sy dit nie persoonlik moet opneem nie...

Elke vrou
behoort te weet waar om te gaan as haar siel lafenis nodig het,
of dit nou haar beste vriendin se kombuis
of 'n luukse gesondheidspa in die berge is

Elke vrou
behoort te weet wat sy sal kan regkry binne een dag...
een maand en een jaar...
en wat sy nie sal kan regkry nie

Elke vrou
behoort 'n vriendin of twee te he vir wie sy hierdie boodskap kan stuur
sodat hulle kan onthou om te lag en dans en sing
sonder rede, sommernet as vrou.....

"'n goeie vriendin is 'n engel wat jou ophelp
sodat jy op jou voete kan staan
as jou vlerke vergeet het hoe om te vlieg"

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #165551 by Kwaaitjie

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account