hi julle oukies
Kry gou 'n tydjie vir inloer!
Die dame wie ek nou aflos het vroeer klaargemaak, so nou is ek op my eie, aai aai aai, maar ag wat, ek gaan hom een dag op 'n slag vat! Wat anders kan ek maak?
Vandat Riley nou in die skool is, kom ek nie regtig uit by vaste kos nie.
Hulle gee elke oggend ryspap, blykbaar eet sy dit, so ek beru my daarmee. Sal bietjie die naweek self weer gee en sien wat maak sy, want voor sy skool toe is, was dit regtig nog net van druk dit uit die mond
Ek sal weer begin om butternut te gee, was nog net te besig en flou in die aand om te probeer! Maar ek sien vandat sy in die skool is, drink sy nou 4 x 200ml melk in 24 uur en dan ook die ryspappies!
Maar die dingetjie bly klein! Wanne gaan sy die 6kg merk haal??
Gee my gou raad julle:
Die laaste paar dae het sy die vreeslikste doeke. Sy peofie nogsteeds net een keer 'n dag, maar dis bright geel (waar dit mos altyd so khaki groen is) en dit stink vreeslik, is so 'n suur reuk, en dis soos water?
Sy is glad nie siek nie, het nie koors nie, drink al haar melk, is happy, slaap deur elke aand, is dit tande? Daar is nog nie tande wat uitkom nie, maar kyk haar tandvleise jeuk baie erg, want die arm ding byt en kou alles wat sy kry!
Ek is bang dis maaggriep of iets, maar dan sou sy mos nie lekker wees nie?
Laat weet my wat julle dink dit is?
Gaan vanaand bietjie lekker saam die family (my man se kant) uiteet!
Sal oor die naweek ook weer inloer