file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #163026 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
goeie genugtig Anina, kan jy dit nou glo. Ek sal my lelik vervies het. ek moet ook byse, ek het nie geweet jy kan ook vloek nie.... hy is n regte arshole!!

anina, gaan koop vir jou n paar klein botteltjies JC Le Roux en drink een in die aand. Dit werk regtig vir my. jys heel waarskynlik gestres oor terug werk toe en al daai dinge. n wyntjie sal jou laat relax en die melkies sal meer word.

vertel my bietjie meer oor bokmelk asb. hoekom gee jy dit en waar kry jy dit? is dit ook n poeier wat jy met water aanmaak.?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162961 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Anina, genugtig dis iets vreesliks!!

Gelukkig is jou hoof nice jong! En dankie tof jy het jou posts gemaak in pouses ens!

Maar ek wil ook weet hoe de hel het hy alles in die hande gekry??? Hy is mos nie veronderstel om sommer dit te kan sien nie? of is ek nou dom? Vir dit moes hy mos weet aan watter groepie jy hoort ens ens ens?????

Ja ek het ook gesien Elise is weer swanger en dit lyk my sy het ons dalk verlaat anders sou sy ons mos al laat weet het van die goeie nuus :( :(

Ok, julle moet 'n lekker aandjie he!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162932 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Shoe Anina, dis rof. Dalk is sy vrou deel van moomie? Flip man.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162859 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
My melk is nog steeds min. Ek verdrink myself in jungle juice maar het nou 80ml uitgekry! Dis darem beter as vanoggend se 60...

Julle ek is nou heeltemal geskok!!!!! Een van die ouers wie se kind laas jaar in ons skool was wil nie sy agterstallige skoolgeld betaal nie want hy beweer ek het nie skoolgehou nie, net agter my rekenaar gesit en op moomie gechat. Hy het my actually gegoogle en AL die post wat ek al ooit op 'n forum gemaak het geprint!!!!!!!!! Wat die f@k??? Wie doen sulke goed??? Gelukkig het die hoof vir hom 'n pit gedruk want die meeste van my posts is na skool of gedurende pouses! Hy het selfs my birth story geprint, toe lag die hoof vir hom en vra of hy nou verwag het ek moet skoolhou terwyl ek op kraam verlof is...

Ek het sommer so wit in my gesig geword, ek kan nie glo iemand doen so iets nie! En ek weet nie hoe fyn hy gegoogle het nie, want ek het myself nou net gegoogle en kry nie die moomie goed nie, net facebook. Maar dit voel nogal erg, om te dink dat iemand al die goed gelees het wat ek in die afgelope jaar hier gepost het. Hoe exposed is ons actually?

Gelukkig het ek 'n cool hoof!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162831 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hoor hier... op die pregnancy & birth forum is daar onder plek waar hul die 'most recent' chats of so iets wys. daar se dit 03/03/2011. dis mos nie reg nie??? of is ek nou blond?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162819 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Jip, dit lyk Elise het ons verlaat :(

Anina, dalk moet ek maar vir Ruben saam Henko inskuif. Dat ek en pappa weer bietjie ons love nest vir ons self het :woohoo:

Hoop jou melk kom gou weer reg jong.

Hi Helene
Ruben vrek oor wortel! Dit is oulik as hul so eet ne!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162787 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal!

Ek hoop dag twee (en drie vir Christa) gaan darem al bietjie makliker. Dis vir my erger.... ek het nogsteeds nie veel melk nie, drink jungle juice dat dit by my ore uitkom en meng dan maar die bietjie melk wat ek uitkry met bokmelk om dit genoeg te maak vir sussie. Hopelik is daar binnekort weer genoeg melkies.

Helene, ek het ook nou net op fb gesien Elise is weer swanger. Dis awesome nuus! Maar ek sien haar nooit meer hier nie, wonder hoekom?

Christa, slaap boeta nog deur? Claudia het gisteraand deur geslaap. Sy het 'n bottel bokmelk in na ete en toe is sy weg... ek dink dit was meer 'n gevolg van die min slaap deur die dag maar ek hoop nogal sy maak 'n gewoonte daarvan.

Carmen, sterkte met die werk jong. Jy sal dit baas raak. En onthou, jy kan op die ou end ook maar net doen wat menslik moontlik is. Gee alles wat jy het, maar moet dan nie skuldig voel oor wat jy nie gedoen kry nie. Gaan se eerder vir iemand as jy nie cope nie as wat jy jouself in die graf in werk.

Gerne, my kiddies slaap saam in die kamer en hulle maak nie mekaar wakker nie. Ek is so bietjie lui, as Claudia wakker word, drink sy en slaap dan die res van die aand in haar wiegie langs my bed. Maar een van die dae gaan sy te groot wees vir daai wiegie en dan sal ek haar maar moet terugvat. Tensy sy nou natuurlik begin deurslaap.

Hoop dit gaan goed met almal!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account