file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #150585 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
gerne, watse dieet doen jy?

ek het ook laasweek 1kg verloor. maar dink ek is dit weer op na die naweek, te bang om weer die skaal te face.. :unsure:

ek probeer nou vir stefan in n roetine kry, hierdie 'on demand feed' raak nou te rof. en van more af moet die bediende ten minste 1 bottel per dag vir hom gee, sodat hy kan leer om by haar te drink. dalk gaan dit makliker by haar. maar hy is darem maar net lief vir sy ma se tietie. hy hou vas hom sommer so styf terwyl hy drink en as hy klaar is sit hy sy kop op tietie neer. te cute.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150579 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar,

Helene, jammer om te hoor van julle katjie! Dis altyd so hartseer om 'n troeteldier te verloor, en dit voel vir my hoe ouer ek word hoe erger is dit vir my. Ek dink dit was 'n goeie plan om haar in die veldjie te begrawe.

Carmen en Gerne, hou so aan met die gewiggies!! Dit klink great!

Christa, Mare is regtig 'n bulletjie ne, magies maar hy is groot!! Maar wees gerus, hulle halt so bietjie as hulle begin aktief raak. Stefan het vinnig gewig opgetel aan die begin en was lekker groot, nou is hy aan die klein kant en het in die laaste 8 maande 1 kg opgetel!

Gerne, ek kan goed glo jy is al op medium covers, daai mannetjie is mos groot! Maar my ou dingetjie pas nog so net net in die newborn covers in. Ek moet se, die BM covers is baie baie baie beter kwaliteit as die Stegi. Ek kan niks van Stefan se stegi covers weer gebruik nie, maar sy BM newborn covers is nou al deur Claudia ook en nog 100%. Ek sal hulle almal weer kan gebruik vir baba nr 3 as daar een dag 'n nr 3 kom...

Helene, eks bly dit gaan so goed met jou lap doeke. Dis nogal lekker om te kan se "ek doen lap doeke!" mense dink jy is vreeslik fluks. Claudia poef met elke doek, maar ek spoel dit maar net uit en gooi in die emmer. Dit kom tog mooi skoon op die ou end. Ek het nog geen probleme gehad daarmee nie, en dit peul nie uit soos met 'n weggooi doek nie.

Lekker dag almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150535 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, baie jammer om te hoor van jul katjie. Dis altyd hartseer as n troeteldier doodgaan.
Ja wees bly oor die min poef, want dit gaan nie lekker saam lapdoeke nie LOL. R poef 7keer n dag :)

Carmen, hoop jy kuier lekker. 4kg is baie! Geluk man.

Ek het darem 2,2kg my eerste week verloor! En 11cm totaal. 4 oor maag en 4 oor bobene, so hulle krimp lekker! Ek is happy, as ek elke week 2kg kan doen is dit 8 vir die maand! Yay

Nou net toe ek bietjie kom le toe word R wakker, sou nou n middag slapie geniet het :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150534 by Grenaat

15 years 8 months ago #150532 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag Helene hoe seer is my hart nou vir jou katjie! Siestog! Anina praat van die nuwe PnP brand doeke. So geel pak. Maré weeg ñ hele 8,45kg en is 70cm lank! Geen wonder my rug en arms breek af nie! Carmen klink of julle lekker dieet. Hou duimvas vir die kilos! Hoop dit gaan verder goed met almal! Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150385 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
carmen. tel riley gewig op? en waar le sy op die kliniek kaart se groei kurwe? Sommige babas floreer op min melk, ek sal net voorstel dat jy nie te gou met kos begin nie. As babas so fyntjies is, kan jy maar rustig met melk aangaan, dit gee die spysvertering stelsel kans om goed te ontwikkel.

Julle ek gebruik ook nou lekker my lap doeke, stefan bol mos net elke 7 dae, so ek is baie happy. Anina, waarvan praat jy wat n trail pack by pnp te koop is? (sorry ek het n paar posts gemis)

wou nog sê. Stefan was 6.3kg en 62cm op 14 weke.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150372 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek weet nou nie waar anders om simpatie te soek nie. ek weet julle het altyd baie daarvan.

weer so hartseer vandag. ons het gister ons een katjie begrawe. Sy was n hele paar dae weg en toe kry ons haar dood in n oop veldjie agter ons huis. Sy was maar n bietjie wild en het heeldag in die veldjie rondgeloop. iets moet haar gebyt of seergemaak het en sy kon nie weer terug spring nie. ons het haar sommer in die veldjie begrawe, dis waar sy tog gelukkig was.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account