file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #152592 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Anina, jammer oor die kursus, hopelik kan jy dit weer bywoon! Claudia het geweet van jou plannetjies... ;) en toe nie so lekker saamgestem nie!

Janine, ag sit bietjie 'n fototjie van Ilse op!

Ek het gisetraand bietjie saam 2 van my vreindinne gaan uiteet en ek het lekker seafood paella geeet, mensig dit was lekker!! Ok, ek het nou vieslik gekroek, nou is dit weer fokus fokus fokus!

Ons is 'n klompie vriendinne wat lekker in Mei gaan Roxette kyk!! Ek sien so uit! En dan gaan ons vriendinne ook almal in Okt Skouspel kyk! Sien ook uit daarna! :woohoo:

Riley draai nou so gereeld om, sommer so 4 of 5 keer na mekaar en dan raak sy ook moeg en slaap so bietjie op haar maag! :laugh: Die een arm wil nie altyd so lekker saamwerk nie, dan raak sy so frustreerd as hy onder haar lyfie vassit!

Nelita, geniet daai vakansietjie!!

Ek dink ons almal dread die 1ste Maart wanneer ons weer moet begin werk :(

Miskien wen ek nog die lotto voor dan!! Dan hoef ek nie te werk nie!!! I wish!!! :laugh:

Gaan vandag na 'n babayshower toe, maar dis maar al wat ons aanhet die naweek!

Chat later!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152509 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!!

Ek't so hier en daar gelees om darem op te vang... Het laasweek weer begin werk, darem net deeltyds en flexi ure. Dit gaan soms dol met die borsvoed en uitmelk saam, maar sover cope ons nog.

Dinsdag aand was ek juis pootuit en 20h30 in die bed en toe druk Ilse kind wraggies deur tot 05h00 Woensdag oggend, so ek't 'n volle 8 1/2 ure ononderbroke slaap ingekry!! Dink ek't laas in 2e trimester van swangerskap so lank geslaap! :woohoo:

Verder gaan dit ook baie goed met Ilse, koppie raak nou al mooi sterk en sy wil-wil begin omrol, kom so halfpad maar dan's sy moeg. :P

Geluk met die kilo's Carmen en Gerne - julle doen great!

Ai Anina, jammer oor jou kursus, hoop môre kan jy heeldag bywoon. Kan myself net die pappa en oupa voorstel, moet sê dit klink my hulle het darem hard probeer tot 12h00 toe.

Christa, ek't juis gisteraand ook in ons koskas ingevaar en reggepak! Het dit laas met my nesting ook gedoen so my man se reaksie was dadelik "Is jy swanger?" :laugh: Hoop wraggies nie so nie, maar ek moet sê ek begin nou actually weer kans sien om ekstra dinge en stokperdjies aan te pak. Amazing hoe vinnig mens eintlik aanpas met die klein ou lyfie in die huis ne?

Nelita, ek's skoon jaloers op julle vakansie, geniet dit! En geniet die kuier saam met jou ouers Helene.

Almal anders wat ek nou nie op die naam genoem het nie, hoop dit gaan nog sommer baie goed!

Lekker rus oor die naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152497 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar.

Ek is so teleurgesteld. Ek is mos vandag na my bybelse beradings kursus toe, en johan het die dag afgevat om na die kids te kyk. Ons het almal by my skoonma hulle geslaap en ek en my skoonma is toe vanoggend so net na agt hier uit. Claudia het blykbaar begin skree toe ons ry en teen 10 uur was johan en my skoonpa raadop. Hulle kry haar toe uiteindelik aan die slaap maar sy wil niks drink nie en skree weer dat die dak lig toe sy wakker word. Hulle het my toe maar so 12uur kom haal want hulle kon glad nie cope nie.

So nou mis ek die kursus. Ek sal maar more weer probeer, my ma gaan more na haar kyk so ek dink darem sy sal dit beter reg kry. Dit vir my aaklig dat ek die kursus mis maar johan is nou maar net nie 'n goeie substitute mamma nie. Hy is 'n great pappa maar pappas is nie mammas nie...

Lekker naweek almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152204 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
More Almal

Ek hoop dit gaan goed met almal.

Ek het gisteraand vir Stefan (16Weke) baie meer ryspap as gewoonlik gegee en hy sou nog geeet het as ek hom nog gegee het en hy het gisteraand van so na 2 af net 3 keer gemoan vir sy dummy en tot vanoggend 6.15 geslaap!!!! Dis 'n eerste - gewoonlik soek hy hier tussen 4-5 'n bottel.

My ma hulle is lede by die Holiday Club en gaan vir 'n week Formasa bay toe in Plet toe. Hulle kan 'n familie gratis saamvat wat dan hulle eie eenheid kry vir 'n week - so ons gaan bietjie met gratis vakansie vir 'n week Plet toe - jy moet net een van hul konsultante sien as "vergoeding". Ek kan nie wag nie - ek dink ek het 'n vakansie nodig voor ek die 1/3 begin werk.

Lekker dag vir almal.

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152069 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Gerne dis aaklig dat jy alles moet oordoen. Sterkte!!

Ek dink Stefantjie is besig om siek te word, hy was glad nie homself by die swemles vandag nie en begin vir my bietjie warm voel. Ek sal hom maar peper met die tissue soute en hoop dit ontwikkel nie verder nie.

Ek weet nou wat fout is met my 3g data kaart. Die software is bleikbaar nie ge update nie, en die ou software werk nou nie meer nie. Nou moet ek die ding invat dat hulle dit vir my kan laai op my rekenaar. Maar ek wil eers kyk of ek nie sommer deur my selfoon die software kan download nie.

Johan het more verlof dat hy na die kids kan kyk terwyl ek na my kursus toe gaan. Ek weet nie hoe hy gaan cope nie hy het nog nooit na altwee gelyk gekyk nie. My ma kom hom darem more middag help.

Lekker dag almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #152053 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, dis nou weer vrek warm vandag. Se elke keer as die son so skyn ek gaan nou le en tan maar dan sien ek ook nie kans vir die son nie

Ek is by die gynea, hy moet weer die bevestiging van geboorte vorm invul, dan gaan ek bank toe en my werk gaan die res van my forms weer teken.

Wat gaan almal die naweek doen?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151864 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ja, ons het darem bietjie sonskyn vandag!! :woohoo: Ek wonder hoe lank gaan dit hou.....

Helene, ek like jou kat wat sommer op jou skoot sit! ;)

Ja, ek stem , mens vat die gewig verloor so in 10kg stukkw, anders gaan mens baie depressief raak! Ek het eintlik 15kg om te verloor, maar ek sal happy wees met enigiets wat kan verloor! Elke bietjie help!

Ek sit juis nounou en kyk "Cake Boss" op tv, hulle maak allerhande koeke, julle ek sit en drool letterlik!!! Ek is net soooooooo lus vir koek, chocolate, al daai goete!!

Anina, hoop jou 3G kom gou reg!

Elise, S lyk so oulik in haar loopring! Ek wil ook vir R een koop, ek weet net nie waar sy dit gaan gebruik nie?? Ons spasie is sooo min :laugh:

Ok, lekker daggie julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account