More julle
Helene, aai man, ek is so jammer oor die katjie, shame ten minste is sy nou op haar favourite plek, in die veldjie
Geluk Gerne!! Ek is baie trots op jou! 2,2 is baie goed!
Eish, het myself vanoggend 'n B12 Booster gegee, met my dieet doen jy dit elke 2 weke, so eina!! dis mos lekker brand inspuiting daai! Ek drink ook die aanvullings Gerne, ek drink Omega 3&6, Magnesium aanvulling, die Herba Boost (klomp herbs gemeng), en dan "n Pyrivate aanvulling (alle vit B's en Chromium. Chromium is baie belangrik vir gewigverlies. Ekke gaan een keer 'n maad dr. toe vir weeg en koppel hulle jou aan die masjien wat die vet%, water%, lean muscle% ens. meet, jou doel moet wees om jou vet te verminder, jou water te vermeerder, jou lean muscle te vermeerder.
Ons moet maar net deurdruk en fokus. ons gaan dit doen!

Maar ek het maar net 'n instelling, ek kroek op 'n Sondag, nee magatg man, mens moet ook lewe!
Wat maak jy met drankies? Mens mag mos eintlik niks drink nie, maar ek drink maar witwyn spritzers, looi dit maar met die soda water!
Ek het 'n babyshower aan Sat by die Botaniese Tuine, dis 'n vriendin en haar dogtertjie Jemma word verwag einde Februarie!
Gerne, ek hoop hulle sukkel nie met my UIF nie, ek gaan bedonnerd raak, want ek het mos deur 'm maatskappy gegaan, ek is NIE lus vir moeilikheid nie....
Helene, Riley le tussen die "normale lyn" en die onderste lyn. So reg in die middel. Dankie vir die raad!
Ek dink sy is nou weer bietjie meer honger, want sy het gister weer 4 bottels gedrink. Sy poef nogsteeds elke dag klokslag 1 poefdoek (dis ook elke dag op die dieselfde tyd

) en pie iets vreesliks!
Sarah, she is just so cute!
Lanklaas van Elise gehoor?