file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #151292 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

Samantha het eers 8 uur gaan slaap en was 2 uur en 4uur wakker beter as die ander nagte so ek moet haar die roetine leer voel soveel beter vandag

gerne eks bly as dit iemand gehelp het ek gaan vandag kyk of ek sdaai feeding cups by baby boom kan kry sy sukkel deesdae met die nuk tiet het haar nou op die mam maar sy drink maar nogsteeds net 75-100ml op n slag ek melk soms uit om te sien hoeveel sy in kry en as ons uit gaan melk ek ook uit mens kan nie oral bv nie of nie ek nie eks te skaam, lol

wel ek moet gaan was goed doen en huis skoon maak gesels later weer

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151262 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Nelita, baie geluk met die 4.5kg dis uitstekend!!!

Toemaar, ons almal is maar in dieselfde bootjie as dit by die spekkies kom!

Ek en my een vriendin het 'n doelwit vir die jaar! Die doelwit se naam is "30 voor 30"! Ons sal like om albei 30 kg te verloor voor ons 30 word!

Ek het nou nie 30 om te verloor nie, maar naby, so ek gaan my bes probeer!

Ag dit sous alweer hier vandag jong :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151207 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

hoe gaand it met almal

Christa Mare is absoluut pragtig !!! so cute

my ma-hullle en my broer hulle kuier by ons tot vrydag en dan kom vriende van bloem kuier vir die naweek

die kaap was heerlik - gisteraand laat teruggekom - Xander was sooo soet op die vliegtuig. Hy was ook sooo uit sy kas om pappa te sien en het gisteraand eers 9 uur gaan slaap

vandag het Xander hom muf geslaap - en sommer 4 - 5 ure gestretch tussen bottels !! dis so ongewoon want hy maak gewoonlik skaars 3 ure !! maar ek kla nie

lkr aand

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151200 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle ekt vandag amper weer n kolener geskiet. Nadat my werk gister die brief deurgestuur het se die uif vandag weer nee nou soek hul die ui19 form. Wat ek ingedien het vir H en vir R. Okay toe faks my werk dit darem toe tim weer bel toe se hul, ja als is nou reg ek kan more my eis kom indien??? Wtf. Ek het n bewys dat hulle al my vorms gevat het en die vorm vir wanneer ek weer kan kom eis - dit was al die 8ste Jan maar nou kan ek mos nog nie nr2 eis voor nr 1 nie betaal is nie. Tim gaan moreoggend weer bel om seker te maak en dan sal ek maar moet soontoe ry. En as hul my eis weggem....gooi het sal ek maar weer al die vorms moet invul, I'd laat beedig en bankstate trek. Ek was naby tjank vandag hoor.

Carmen, ons mag niks drink nie en ek mis my wyntjie. Ons het die naweek n pool party hier aan vir my swaar se bday en ek dink ek gaan maar cheat met n whisky'tjie of iets :). Ons het die nwk gebraai en sweeto gedrink LOL

Christa, daai woorde is baie waar! So oulik. Hoop jy kry meer rus vanaand.

Nelita, jy het lekker baie verloor die eerste week! Geluk man. My ma het ook 4,5 die eerste week verloor en nou al altesaamm 19kg.

Elaine, dis vreeslik baie! Kan nie sien waar sit so baie aan jou nie. Maar sterkte, ons moet mekjaar maar bystaan.

Elise, jy het my nou n tip gegee toe gebruik ek die checkers bottel se tiet en daar suip R vir die eerste keer die hele bottel op! Yay.

Ag hy was so cute vandag, heeldag gesels en sy bekkie so getuit dan frons hy as hy mooo en aaaa. Dis so cute ek kan hom sommer opvreet!

En henko potty train so oulik julle. Ek is so trots op hom. Hy het vandag elke keer in die toilet gepieps en op die gras, dan skud hy hom nogal ewe af :). Hy het heeldag kaalbas rondgehardloop - dis die maklikste as hy nou moet pieps.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151181 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja, wel, ek weet nie wanneer my kop reg sal wees nie. Wil graag so 40kg verloor voor ek 30 is. Moet eintlik meer verloor, maar sal tevrede wees met 40

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151179 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nelita 4,5kg is great! Ek moet nog begin. :blush: Sukkel om my kop reg in te stel. Dink ek moet Maandag begin, dis genoeg tyd vir die kopskuif. En ek het lekker baaaaaie spekkies om af te skud!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151161 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa - Stefan het ook hierdie 4 uur ding - ek wens hy wil net slaap tot ten minste 5uur - daai 4 uur op is niks lekker nie!!!

Ek doen ook nou dr cohen - het 4.5kg verloor eerste week. Ek hoop hierdie week gaan ook so goed.......

Lekker dag vir almal.

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account