file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #141168 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, ons gaan van die 3de tot die 7de Januarie weg na Elandskrans by Waterval Boven. Dis 'n klein vakansie oordjie wat onlangs oorgedoen is (was die laaste paar jaar baie vervalle) hulle het 4 bed en 6 bed chalets en kampeer plek. Ek die 4 bed chalets is so R450 per nag. Dis baie mooi daar, die chalets kyk uit (af) op die kranse en daar is 'n koue en warm water swembad en 'n restuarant. Hulle website is www.elandskrans.co.za as jy wil gaan kyk.

Ons hou natuurlik daarvan om soontoe te gaan omdat dit die rotsklim hemel is in SA en een van die beste klim plekke in die wereld. My skoon ouers gaan saam sodat hulle na die kids kan kyk as ons gaan klim. Ek kan nie wag om my lyf in 'n harnas te kry en van 'n hoe krans te gaan afhang nie!!! En dan is daar nog perdry ook in die omgewing!! Dit gaan groot pret wees!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141152 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Lyk my noudat die studente weg is is die internet kafee stil en kan ek weer in die internet inkom.

Elaine ek dink ook die kinders sal lekker speel. Ek gaan ongelukkig net myne by die huis los as ons in Januarie bymekaarkom. Dit spaar my 'n paar rand as hulle bly.

Julle ek het 'n bediende gekry vir haldag Ma, Wo en Vr. Yippiee!! En sy bly ook naby so ek hoef haar nie aan te ry nie.

Ek het koek gebak, seker die dat dit reen. My kinders smeek al so lank en nou het Ludwig 'n maatjie toe bak ek maar gou vir hulle koek.

Ons moet bietjie 'n lysie opstel mat almal se geboorte gewigte en lengte en dan op 6 weke en so soos ons aangaan dan update ons dit net. Ek kan glad nie onthou wie sin het wat geweeg of so nie.

Elaine, my arme pa sit weer met Annerie en Johan by hom. Johan is afgedank en nou is dit mos gerieflik dat iemand al jou uitgawes vir jou betaal. Persoonlik dink ek my pa is te sag met haar. Wel sy kry reg wat ek nooit kon nie. Dink Johan sal maar sy trots moet sluk en besef in vandag se tye moet jy maar werk vat wat jy kry. Nie meer baie stel beroepsjagters aan nie.

Julle is ons nog aan vir die 5de? En moet mens bespreek of kan jy net opdaag by die plek?

Lekker reen weer, ek is net nie lus om pannekoek ook te bak nie. Ek hou net so min van kosmaak as van huisskoonmaak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141141 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal, nog 'n lekker koue reendag in Gauteng!

Janine, Ilse groei mooi! Ek het ook al daai poef ervaring gehad op ongelee tye. En ek stem saam, my privaat dele is vir my man se oe only!!! Ons 6 weke val net mooi oor Kersfees so ons sal maar in die nuwe jaar daaraan aandag gee.

Carmen, klink my ek en jy is van dieselfde stoffasie gemaak as dit kom by huiswerk. Dit is hoekom ek 'n voltydse bediende / nanny het. En as sy vlg jaar na altwee kids moet kyk en nie tyd kry vir alles nie sal ek nog 'n bediende aanstel om een keer 'n week te kom stryk. Ek is 'n bietjie van 'n gemaksvraat as dit by sulke dinge kom, sal dit dus nie maak om in Engeland of iewers te bly waar mens alles self doen nie...

Gerne, ek moet ook gaan shop vir nuwe klere. Dit voel vir my asof alles in my kas preggie klere is. Ek was nou omtrent vir 2 jaar swanger so dit is seker... Ek het dringend 'n paar nuwe toppies nodig wat nie lyk asof daar 'n sokkerbal onder hulle kan inpas nie.
En Stefan het ook klere nodig. My sussie trek haar tweeling so mooi aan en dan lyk my ou seuntjie soos 'n slons langs hulle. Sal maar een of twee stelletjies klere koop wat net vir highdays en holidays is. Ek het darem aan die einde van die winter vir Stefan 3 sweetpakke gekoop wat nog vir hom pas. My skoonma het vir my 'n gift voucher gegee en my ma het nog met my geraas oor ek nie somers klere daarmee koop nie, maar sy winters goed was toe alles te klein en dit was nog bitter koud. Nou is ek baie bly ek het nie vir my ma geluister nie!! Wys jou, 'n ma weet nie altyd alles nie...

Lekker dag almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141124 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Gits dit voel omtrent nie soos Desember nie ne! Ek sit ewe met pantoffels aan. :laugh:

Was gister vir 6 weke paed & gynae afsprake. Beleef dit - Ilse is een van daai borsbabas wat net so elke paar dae 'n poefdoek het, wel gister terwyl ons in die pediater se ontvangskamer sit en wag, sê my man hy dink hy ruik 'n doek.... En toe's dit wraggies een van daai wilde doeke waarna hulle eintlik 'n bad nodig het! Ek het omtrent 'n hele pakkie travelwipes gebruik terwyl die pediater toe op die ou end vir ons sit en wag! LOL Sy weeg nou 4.8kg en 58 cm (lyk my so kop aan kop met jou Xander Petro).

Als goed by gynae ook, maar ek moet sê, dis darem nou weer tyd dat 'n mens se privaat dele 'n slag weer privaat is. :S :blush:

Geniet daai haarafspraak Gerne, hoop julle 6 wke afspraak is minder eventful! :P

Ai, daai deurslaap klink heerlik Ralmarie&Christa! Ons ook nog op 2-3 voedings in die nag en ek sleep myself omtrent uit die bed partykeer.

Hoop julle het almal 'n lekker cuddle dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141121 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, ons sal seker eendag nog 1 kind wil he, maar ek is eers rustig...my man sal sommer more weer een he :laugh: Ek se net STOP die LORRIE, osn het nie eers genoeg geld om vir een te sorg nie....

Ugh, almal gaan weg see toe....of erens heen, ons bly by die huis soos altyd... :(

Miskien kan ons net vir 'm naweek weggaan in Jan of Feb, ek sal bietjie gaan loer wat daar is, enige idees vir lekker goedkoop plekke wat mens vir paar dae kan heengaan??

Die replacement bediende het toe nie opgedasg nie, so ek het maar die hoop skottelgoed gewas, dankie tog dis nou klaar!

Die strykwerk is nou net nie gedoen nie, sal dit maar self moet doen, of gaan ingee by die laundromat! Ek HAAT stryk, eintlik kan ek nie stryk om my lewe te red nie...

Eintlik is ek nie lief vir enige huiswerk van enige aard nie... :laugh:

Ok, chat weer later!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141092 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More.

Ek vat vandag vir R vir sy 6 weke ondersoek. Hy is eers vrydag 6 weke - so Carmen, R & R verskil presies 2 weke!

Ekt gister bietjie gaan shop vir see klere en n costume :( ek was ssoooooo depro toe ek da uitkom hoor, het nie veel gekry nie :(

Oe ek gaan vandag my hare doen, ek is so excited, haan dit nou weer bruin maak!!!

Carmen, dalk moet jy eers die klere hou, gaan jul nie nog kids he nie? As dit weer n dogtertjie is het jy al die klere.

Petro, ek is bly dit gaan so goed met X en dat hy mooi groei. En geniet die smiles.

Julle ekt warm goed gaan soek vir die kids en kon niks kry nie, sal my leer om in die winter ten minste 2 groter stelle te koop want nou kry mens glad nie sweetpakke nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141055 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

MENSIG,maar dit reen iets verskrikliks by ons vandag! so ek gaan nou DEFNITIEF ;n tuimeldroeer gaan koop!!!!!!

Het 'n goeie nag gehad, R het net so 3 uur wakker geword, nie om te drink nie, maar om wakker te wees en te gesels......

Petro, Sjoe die tyd het darem gevleig, ne?? Vrydag is Riley 8 weke oud!

Elise, welkom terug, bly dat jy weer saam met ons kan gesels, Samantha is beautiful!
My bediendetjie wat een keer 'n week kom, is mos nou op verlof, sy is terug na Zim toe tot volgende jaar, en nou wonder ek of die enetjie in haar plek vandag gaan opdaag met hierdie weer??

Anders moet ek maar inklim en die hoop skottelgoed was.... :(

Ek gaan ook die newborn kleertjies skenk aan behoeftiges, sy dra hulle ook nie meer nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account