file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #140808 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
nee wat ralmarie - my baba drink en bly wakker vir so uur na 'n uur en n half, en slaap dan 'n uur en n half in die dag. hy slaap darem meestal dadelik in die aand as hy klaar gedrink het , maar hy word klokslag wakker vir melk - ek wens ek was so lucky soos jy !!!

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140792 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro hy slaap al seker 2 weke deur (vanaf 2 mande) . Hy is nou 2 1/2 maande. 29 ste is dit 3 maande en dan kry hy sy volgende ent op sy 3 maande ai tog.

Ek moet se ek is net dankbaar, niks wat ek doen nie. Seker maar die Jersey koei (ek) wat baie melk het soos my man altyd se. Hy slaap ook nog baie in die dag. Omtrent die hele oggend om en is bietjie wakker na middagete se kant.

Altwee my seuns was sulke lekker cuddle babas wat baie slaap.

Dit is so lekker nat hier by ons. Die bossies begin nou net bietjie oorneem, veral in die groentetuin, maar ek kla nie.

Lekker dag almal. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140776 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
wow ralmarie hoe oud is Andre nou presies - deurslaap ? wat ? deel bietjie jou resep vir deurslaap met my asb

xander het aan die begin toe hy 1 -2weke oud is net een keer in die nag gedrink, maar nou drink hy 2 keer, en wragtag partymal 3 keer. hy sukkel met winde

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140760 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal

Sjoe julle babas is so mooi. Bly dit gaan nou beter Petro. En bly almal is verder gesond. Ek het net so 3 bladsye gelees. En dit het my 'n uur gevat toe besluit ek om die res te los.

Slegte nuus is dat die 3G stokkie ding se sein net so sleg is hier. Gelukkig het ons nog nie kontrak geteken nie. Het vriende sin hier gehad en dit vang net een strepie op. So dit vat nog langer.

My internet is veronderstel om 56Mbps af te laai, en dit gebeur glad nie. So jul kan dink hoe lank die 3G gaan vat met sulke slegte sein. Dit klink my die sateliet internet het te groot geword, selfs 'n internet kafee in die dorp en nou is daar te veel mense op. Ek weet nie mooi hoe dit werk nie. En ons is buite die dorp so het nie ADSL lyne nie. So ek is gestrand met hierdie simpel internet of niks.

Ek mis dit soooo om te chat met julle.

Ek hoop net ons storie is nog aan die 5de. Of as jul planne verander moet iemand my asseblief laat weet, Ek mis dit vir niks.

Elaine bly om te hoor dit gaan so goed met Nadia.

Christa ek hoop nie jy voel slegter nie, hoop jy voel more op en top. Jy moet tog skree as jy Potch se kant toe kom.

Ek sal moet fotos neem van Andre. Ek raak so besig dat ek vergeet om fotos te neem en dan groei hul so vinnig mens mis dit.

Ons het al weer German Sheppard hondjies te koop as jul van iemand weet. Hul is die 22ste Des 6 weke. Ons gaan Kersfees Bronkhorstspruit toe so ons kan aflaai in die rand. 4 gaan Namibia toe weer, maar daar is nog 4 oor.

Nou ja ek gaan nou slaap. Andre slaap al van 19:30 ag en die ander van 20:00 af. Manlief is nog nie by die huis nie, maar my ogies val nou toe. Ek is darem gelukkig want Andre slaap mooi soet deur tot so 6 of 7 uur hang af hoe laat hy gaan slaap.

Toedels tot ek weer inkom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140757 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, Xander is 'n pragtige seuntjie.

Ek het uiteindelik my geboorte storie geskryf, ek het dit onder die geboorte stories gepost.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140752 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro goed om van jou te hoor! Xander is pragtig! Bly hy is gesond! Die setpil is Viburcol. Dit kos so R8 vir een. Het jy toe reggekom met ñ plek vir die staats ente? Of betaal jul medies vir die ander? Maré het nou nog nie Rotarix gekry vir die Rotavirus nie. ñ Verskaffer probleem. Hoop hulle het dit Januarie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #140750 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
uiteindelik - ek is terug

julle ROTAVIRUS is ni n grappie nie - Xander was die hele laas week nog hond siek - maar ek glo dis nou verby en hy is gesond

hoe gaan dit met julle almal ?

hy moet more vir sy ent - shamepies - christa het jy nie gepraat van 'n setpl vir na die tyd nie ?

ek hoop om more weer saam te chat - het hope gemis

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account