file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #138737 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Ons het nou net by die huis gekom na my ma se 60ste verjaarsdag partytjie. Johan het nie lekker gevoel oppad huis toe nie en gevra dat ek verder bestuur. Toe ons by die huis kom, klim hy uit om vir my die hek oop te maak, en ek ry in. Oor die hond.

Hoe verduidelik ek nou more oggend aan Stefan dat mamma sy hondjie doodgery het? Ek kan nie glo dat ek sulke bad luck het met honde nie. Ek wil sommer nooit weer 'n hond kry nie.

Johan is siek, hy het migraine en hang oor die toilet. Ek het nou maar die kids in die bed gesit en sal more deal met die dooie hond. As ek dit nou doen, pik 'n slang my dalk...

Ek voel sommer soos 'n mislukking, ek kan dit nie glo nie. Eers pik 'n slang my geliefde hondjie dood en nou ry ek oor sy "replacement". Stefan is so lief vir daai hond, as hy buite is is die twee onafskydbaar. As hy sy ogies oopmaak in die oggend roep hy vir Stompie. Wat doen ek nou?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138675 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!!

Christa, sjoe, ja nee, hierdie menstruasie is iets rofs, ek sal maar loer en dalk ook pilletjie kry as dit swaarder word :blink:

Petro, WOW, maar Xander het flippen baie gegroei!!!! Hy was wraggies baie kleiner en toe haal hy sommer alles in!!

Julle ek begin dink dat Riley 'n kortgat gaan wees, as ek nou so kyk, sy het in 6 weke 2 cm langer geword en Xander het 6.5 cm gegroei?? Die suster het ook gese day sy 'n kortgat is toe sy haar meet :laugh:

Het gister toe ons family gathering gehad en dit was heerlik! Kyk ek het myself so dik gevreet aan al die lekekr kos!! Dit was vleis, paptert, poedings, the works!!!

Lekke daggie vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138669 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal,
Petro, eks bly Xander word beter. Mens kan darm duidelik sien op hierdie laaste fototjie dat hy begin beter voel.

Janine, bv met S was altyd seer, die eerste 3 weke was erg meer toe het ek dit begin gewoond raak so toe worry ek nie meer so erg nie. Van tyd tot tyd was by tepels stukkend, dan het ek bepanthen aangesmeer die res van die tyd het ek lasinoh gebruik.

Ek dink s het nooit reg gelatch nie as ek geweet het dit moenie so wees nie sou ek 'n bv konsultant gaan sien het. Ek het van die eerste bv af met C gekyk dat dit vir my reg lyk en ek het in die hospitaal ook die bv konsultant gevra of dit reg is en haar behoorlik laat kyk. Ek kan nie glo watse verskil dit maak nie. Sy was nou vir 2dae op die groot dors en ek het nie een keer iets aangesmeer nie en my nippels is fine.

Ons het 'n vreeslike bedrywige naweek. Gaan nou na my ma se 60ste toe. Lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138639 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
net sodat julle sien hy word beter

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138637 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal

ek en Xander leef nog albei !!!!

ons is dondredag middag ontslaan - dokter se hy moet nou maar virusse fight - kan niks verder vir hom doen in hospitaal

vrydag was nog rof en vrydagaand horrible. Maar vandag begin ek my ou seuntjie nou sien - so stukkie vir stukkie word hy beter. Hy was amper 3 weke siek

hy was woensdag 6 weke - obvious nie by kliniek gewees nie - maar hy weeg 4.2kg en is 55.5 cm lank. Hy was dalk die kleinste baba van almal , maar ek is seker hy het die meeste gegroei - moet sy maatjies inhaal. Hy het 1.47 kg opgetel van geboorte en 6.5cm gegroei !!! yslik ne,

nou hoop ek net dat hy heeltemal sal herstel - dis was rof ek belowe

nie ons clicks of dischem doen die staats ente nie - net die blerrie staatskliniek - en klink my nie hulle het altyd voorraad van alles nie. So ons gaan maar betaal en op 8 weke spuit !!! sjo eina beursie - maar nou ja

aangesien hy hele week in die hospitaal was - sal sy foto friday 'n hospitaal foto wees - dan kan julle saam met my vir hom jammer voel

die ander fotos wat julle opgesit het is awesome
hoop dit gaan baie goed met julle almal - ek het wragtag nou net oor my en xander geklets

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138626 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal! Anina en Gerne bly julle funksies was so lekker! Carmen my 1ste menstruasie was erger as die bloeding na die keiser! Ek het ñ pilletjie by my dr gekry toe dit op dag 7 al erger word ipv ophou. Toe klaar dit binne 2 dae op. Sarah we are planning to go to The Secret Garden in Fourways for an early lunch. It is close to Monte Casino and suitable for the mommies with older kids as well. Janine hoekom hoor jy nie by jou midwife of sy kan help met Ilse se latch nie? Dalk kan sy jou na iemand verwys as sy nie kan help nie. Of hoor by Gerne by wie was sy. Gerne Ruben is ñ bulletjie! Op 4weke al 5,1kg! Hy groei mooi! Elaine ek sê altyd dis beter om vroegtydig te wedt as op die laaste nippertjie rond te skarrel. Anina ek dink die kliniek vra net ñ konsultasie fooi soos Clicks se R75. Sy is seker bietjie deurmekaar. Ek het toe vir my die mooiste pienk bloes by Woolies gekry vir Maré se doop! Nou sê manlief ek moet nuwe sandale ook kry! Ek het wat sal werk, maar dis nou nie goed genoeg nie! Wat ñ lekker bederf! En ek is mal oor skoene! Maré gaan Maandag vir sy 10weke ente. Die suster werk baie mooi en hy was laas nie eens siek nie! Oja, sy het Viburcol setpille vir hom gegee. Dit het hom kalm en rustig gehou en dis heeltemal natuurlik! Homeopaties. Hoop julle het almal ñ lekker naweek verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138616 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Lily, bly jy in Pretoria? By watse Clicks is dit wat hulle die staats inspuitings doen?
Ek hoef eers oor 5 weke daaroor te worry, maar moet darem al begin rond vra.
Ons is darem ook nie vrek ver van Unitas af nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account