file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #139273 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello, vir interessantheid...

My sussie het mos 'n tweeling gehad, so sy is deel van 'n tweeling groepie. Hulle kry gereeld emails van goed wat die tweeling mammas wil verkoop. Dan stuur sy dit vir my aan. Meeste van die goed is in pretoria. As julle wil sal ek dit vir julle ook aanstuur. Ek het nou net een gekry van oulike walkers en high chairs vir baie billike pryse.

Sy is ook 'n agent vir 4 a kid produkte as julle enige iets van hulle goed soek laat weet my.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139258 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Lekker bewolkte weer wat ons vandag het!

Gerne, sterkte met daai vol seer borste!

Helene, baie baie bly jy het nou weer die vooruitsig van 'n betroubare bediende!!

Ok julle, loer later weer in.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139201 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More

Ons het n goeie nag gehad, R het by my geslaap. Dis so koud vandag. Ek moet vir R paar stelletjies wintersklere kry, hy het niks en George se weer is so onvoorspelbaar.
Dalk moet ek tussen die 3-6mnde klere in die kas loer, maybe is daar iets wat bietjie kleiner is.

Ek sien baie uit na vandag se afspraak, ek hoop dit help.

Christa, was jou boobies nie so vol toe jy opgehou het nie? Jy kan bly wees. Myne het sommer sulke harde knoppe en dis ongelooflik seer. Ek vryf dit maar net. My boobies was ook nooit so vol gewees nie.

Helene, kan nie onthou of ek j al gese het nie maar R mors die laaste tyd net so vreeslik met sy TT bottels. Alles is nat as hy klaar gedrink het, tot sy hare. Ek gaan vandag kyk of ek waterproof material kry en dan sommer vir hom so square maak met die wproof en sommer doek materiaal.
En ek gaan maar nuk probeer en kyk of dit nie beter gaan nie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139198 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Hier is dit 'n lekker dag om te cuddle, bewolk en koud! Maar ek moet gaan shopping doen, die huis is leeg so ek sal maar nou nou moet opstaan en aantrek.

Gerne, sterkte met die ophou bv. Ek het mos vir S geborsvoed tot hy 8 maande oud was. Dan is dit maklik om op te hou want jy voed in elkgeval nie meer so gereeld nie. En ek het toe reeds vir 3 maande lank vir hom byvoedings gegee so ek het net so nou en dan geborsvoed. Ek hoop jou oorvol borste keer vinnig terug na normaal.

Ons het 'n heerlike nag gehad gisteraand. Stefan het deurgeslaap. Claudia het so 11 uur gedrink en toe eers weer half 4!!! so ek het vir die eerste keer in 'n lang ruk 'n goeie stretch aanmekaar geslaap. En toe slaap Stefan sommer tot half 8 vanoggend terwyl ek en sussie in die bed cuddle.

Christa, dis snaaks dat jy nooit oorvol borste gehad het nie veral nadat hy so heeldag gedrink het sou mens dink dat jy nogal sou sukkel die dag na jy opgehou bv het. Ek het vanoggend toe C eers half 4 wakker word vir 'n tietie met 'n papnat hemp en groot geswelde seer borste wakker geword.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139176 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina dit gee nuwe betekenis aan die Engelse gesegde 'You are only one person in the world, but to one person you are the world.'! Gerne sterkte vir die oorvol seer borste! Julle ek moes regtig min melk gehad het! My borste het nooit hierdie oorvol gevoel gehad waarvan julle praat nie. Nie eers toe dit ingekom het nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139137 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene dis great, eks bly. Ek hoop sy werk nou sommer vir altyd by jou!

Christa, M is n bulletjie ne! Gesonde seuntjie en hy is lekker styf al ne. Te oulik

Carmen, dankie vir die website, waardeer. Ja ek hoop maar dit werk, ek is uitgeput.

Ek het vandag opgebou bv en myself belowe ek gaan nie vir R tiet gee as hy skree nie. En ek het uitgehou. So ek is nou offisieel af van bv af. Vanaand drink ek 2 grandpa's vir die pyn, ek lyk soos Pamela :)

Lekker aand almal, hoop die kleingoed is goed vir julle!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139134 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, dis great nuus! Dis darem maar lekker om iemand te kry wat jy vertrou. Ek se altyd as jy 'n goeie nanny het, het jy 'n great nanny! Ek het 'n great nanny!!

Christa, dis so lekker as hulle so bietjie meer eksklusief van jou begin hou ne, dit laat jou voel asof jy darem vir hulle meer belangrik is as die ander tannies.

lekker aandjie verder vir almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account