file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #139521 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier is n kort verduideliking as iemand dalk belangstel in die masering.
Dit help met die spysverteringstelsel en dat die winde uitkom en dat hy poef. R burp nog die heeldag sommer net so soos hy le, dis so cool, hy was so moeilike burper nou kom hul net uit

Die konsep is I love you :). Jy vat jou duim en trek n I van n ent bo die naaltjie tot onder (druk lekker hard), dan n omgekeerde L -
regs bo van die naaltjie, so jy begin regs bo die naaltjie, trek die L se streep af en dan die voet van L na links onder verby die naaltjie.
Dan n U, begin links bo van die naaltjie , trek onder verby die naaltjie en op regs van die naaltjie. Hoop nie dit klink te deurmekaar nie.

Anina,daai gereg klink vreeslik lekker

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139506 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Sit jy dit net so oop in die oond, of maak jy dit toe met foelie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139504 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina dit klink absoluut heerlik! Ek sal net die rys apart kook, want my man hou nie van rys met baie sous nie. My mond water eintlik! Ek het nog nooit Ina Paarman souse gekoop nie, maar gaan dit beslis probeer! Lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139494 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, dis die maklikste en lekkerste hoender resep op aarde. Ek het my man daarmee gevang. Hy het by my kom eet so 'n week na ons blind date. En daarna was die koeel deur die kerk...

Vat 'n lekker groot pyrex bak, sit hoender stukke in, gooi 'n koppie bruin rys in. Gooi so 2 koppies water oor. Sny aartappels, mushrooms, uie en wat ookal jy nog voor lus voel in. Sout na smaak. En gooi dan 'n pakkie Ina Paarman rosemary and olive oil cook in sauce oor. Sit dit in die oond op so 200 en vergeet daarvan tot die geure jou mond laat water...

'n Hele ete in een bak, dis heerlik vir diegene wat nie hou van skottelgoed was nie!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139480 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina bly jy voel beter! Siestog, Stefan sal ñ ander Stompie moet kry. Deel bietjie jou Chicken ala Anina. Ons het lanklaas ñ pesep gehad! Dis lekker as mens se koskaste vol is en daar darem ñ peuselhappie ook is! Geniet dit! Ek moet ook nog kersinkopies gaan doen en is glad nie lus nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139469 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar! My kaste is gestock, en vannaand se chicken ala anina is in die oond. Dit gaan lekker wees om weer 'n kas oop te maak en daar is darem iets in om aan te peusel. Nou moet ek net iewers in die week gaan Kers inkopies doen. Die winkels is reeds 'n malhuis, ek sien nie vreeslik uit daarna nie.

Elise, kry nou daai laptop terug man, ons mis jou! Geluk met die 3 jaar! Bederf mekaar 'n bietjie!!

Nelitia, eks bly dit gaan nog goed daar by julle. Sal dit geniet om 'n fototjie van Stefan te sien.

Gerne, siestog, dis erg as hulle seer het en jy weet nie eers daarvan nie. Ek hoop regtig dit help!! Ek sal vir jou daai goedjies aanstuur Gerne, het ek jou email adres? PM dit dalk bietjie weer vir my net ingeval.

Christa, tyd vlieg ne!! Net 'n paar wekies terug het ons nog gemoan oor geswelde voete!! Ek voel darem bietjie beter as gister. Stefan roep net heeldag na stompie en verstaan nie hoekom hy nie kom nie.

Carmen, sterkte met die twee babas!! Dis maar erg as die mans so siek raak. Veral terwyl jy hom eintlik nodig het.

Laat ek nou maar verder gaan kos maak, baie domesticated vandag...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139430 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey, het julle gesien daar is wraggies al ñ Augustus/September 2011 groep?!! Gerne bly dit het goed gegaan by die chiro! Hoop dit help vir Ruben dat hy beter voel en minder skree.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account