file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #138615 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo,

Anina, ek kon nie 'n afspraak kry by Stork's Nest vir die immunisering nie, toe beveel my GP sommer die klinieksuster by die Clicks reg langs hulle aan, dis ook R75 konsultasie fooi maar hulle het defnitief die staatsente en daar's nie versonderstel om 'n bybetaling daarvoor te wees nie.

Dankie vir al die raad, het van die Lansinoh (het wondere gedoen toe ek gekraak het). Okay, so ek't nou mooi dop gehou oor die nipple shape voor en na voeding en Ilse latch dan seker wraggies nog steeds verkeerd... Is effens plat aan die een kant met so wit strepie/groef aan die kante. Nou weet ek wraggies nie meer nie, probeer regtig kyk dat sy mooi latch, maar iewers doen ons duidelik nog iets verkeerd.

Anina, jy sê met Stefan was die bv seer maar met Claudia nie - doen jy nou iets anders met haar of dink jy party babatjies latch net gouer reg?? Skuus ek hou so aan met die bv klagtes, maar ek wil graag aanhou en sy suig sterk, dis net die seerheid wat my onder kry met tye. :(

Bly Riley en Skye tel so mooi gewig op, daai inspuitings klink maar seer! Pleks was dit alles druppels.

Ons braai vanaand bietjie by vriende, die somer is darem maar lekker ne! :P

Lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138581 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ons gaan na Unitas se kliniek toe, maar moet ook 'n konsultasie fooi van R75 betaal. Maar dis seker maar ook vir die gerief daarvan as om te gaan sit by 'n staatskliniek en wag. Maar ek stem, ek sal nie die privaat spuite doen nie, dis net onnodig duur! :(

Julle, my periods hets gister begin, en mensig, ek het vergeet dat as mens die puil drink, dan is dit baie minder!

Ek gaan mos nou eers met die pil begin as ek klaar met my menstruasie is, so dis flippen swaar :( Die pil maak regtig 'n verskil en hoe lank en hoe baie dit is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138579 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina wrote:

Gerne, dit klink vir my na die privaat reeks. Die staat se spuite is verniet.

Ek het dalk 'n kliniek hier naby gekry wat die staat ente doen. My een skool vriendin se hulle apteek doen dit, sy het nie kids nie maar het spesiaal gaan vra na ek een dag by haar gemoan het daaroor. Maar sy se hulle se daar is 'n konsultasie fooi en dan 'n klein bybetaling. Nou wonder ek hoe kan mens n bybetaling vra vir iets wat gratis is?? Ek verstaan die konsultasie fooi maar 'n bybetaling? Ek gaan hulle maar Maandag self bel en hoor, die vriendinnetjie is nie altyd die rooiste smartie is die pakkie nie.

Sarah, nice to see you back here. Do you want to join us on the 5th of Jan for our kuier?


The state vaccines are totally free if you go to a govt clinic, but I know Dischem etc charge a small administration fee but shoudn't be too much.


I'd love to join you on the 5th, please won't you give me details?

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138572 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, dit klink vir my na die privaat reeks. Die staat se spuite is verniet.

Ek het dalk 'n kliniek hier naby gekry wat die staat ente doen. My een skool vriendin se hulle apteek doen dit, sy het nie kids nie maar het spesiaal gaan vra na ek een dag by haar gemoan het daaroor. Maar sy se hulle se daar is 'n konsultasie fooi en dan 'n klein bybetaling. Nou wonder ek hoe kan mens n bybetaling vra vir iets wat gratis is?? Ek verstaan die konsultasie fooi maar 'n bybetaling? Ek gaan hulle maar Maandag self bel en hoor, die vriendinnetjie is nie altyd die rooiste smartie is die pakkie nie.

Sarah, nice to see you back here. Do you want to join us on the 5th of Jan for our kuier?

Julle fototjies is pragtig ek het nog nie weer geneem van laas week af nie so ek het niks om op te sit nie.

Ons jaareind funksie was vrek lekker. Hulle het 'n huge Kersfees ete gemaak by die een juffrou se gastehuis. Ons het 12 uur begin en ek is eers 6uur gistermiddag huis toe, enek was een van die eerstes wat geloop het. Ons het heerlik gekuier.

Hoop dit gaan goed met almal.
Lekker naweek.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138571 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Gerne, lol! Ek het ook lekker wyn gedrink gisteraand, as ek geborsvoed het, het ek 'n probleempie gehad!! :lol:

Besige dag wat voorle!

Julle moet 'n lekker daggie he :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138569 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ek sit en pomp gou uit want ekt vanaand wyn gedrink, wil nie my kind dronk maak nie lol.
En my borste is so vol, R het lanklaas gedrink.
My man se funksie was baie lekker! R was gister 4weke, het hom gaan weeg en hy is nou 5,1kg!

Riley Skye en Mare is pragtig!

Ekt n afspraak gemaak vir 8weke,hoe weet ek nou of dit staat of gewoon is? Syt vir my gese dis baie duur so dis seker dan normaal want ek moet 2 goed by die apteek gaan kry wat deur my medies kan gaan ?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138540 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
CAbraham wrote:

Sarah, Skye is beautiful! She is always smiling!!

Looks like her and Riley have grown almost excatly the same!


Are you goiing to do the private immunisations or the state? I think everyone in the group is doing the state ones.


State ones :D Skye is a very relaxed little girl :D

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account