file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #138133 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Geniet die slapie. Al slaap my engeltjie nog vreeslik baie, kan ek ongelukkig nie saam met haar slaap nie. Het 3 ander kindertjies wat my aandag soek.
Hulle speel nou bietjie buite en ek is verveeld, weet nie wat om te doen nie. Ek moet seker maar iets doen terwyl ek kan, een van die dae slaap Nadia minder, dan gaan ek spyt wees dat ek nie goed gedoen het nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138122 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O nee, Elaine, daar pk ekke sommer 'n traan ook!

My oudste brakkie, Pippa, 'n chihuahua, is nou 11 jaar oud en ek weet sy gaan seker nie meer vir baie jare meer leef nie, en ek het geen idee hoe ek die dag gaan maak as sy moet gaan nie!! Ek kon nog nooit verstaan hoekom diere nie so lank soos ons kan leef nie???

Riley het vandag besluit sy wil lekker wakker bly en het nou aan die slaap geraak, so nou gaan ek probeer om bietjie te slaap

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138115 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons moes laas week ons hond laat uitsit. Kyk wat kry ek vandag in die posbus van die dierehospitaal af. Die trane het net weer van vooraf geloop.

If it should be...
If it should be that I grow frail and weak
And pain should keep me from my sleep.
Then you must do what must be done
For this, the last battle cant be won.

You will be sad – I understand.
Dont let you grief then slay your hand.
For this day, more than all the rest
Your love and friendship stand the test.

We’ve had so many happy years.
What is to come can hold no fears.
You’d not want me to suffer so.
When the time comes, please let me go

Take me where my needs they’ll tend
Only stay with me till the end.
Hold me firm and speak to me
Until my eyes no longer see.

I know, in time you too will see
It is a kindness, you dot to me
Although my tail, it’s last has waved
From pain and suffering, I’ve been saved.

Dont grieve that it should be you
Who has to decide this thing to do
We’ve been so close – we two these years.
Dont let your heart hold any tears.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138051 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal! Petro daai mediclinic klink treurig! Daar is seker ook nie eers ñ koffieshop of iets waar jy ñ toastie of toebroodjie kan koop nie. Hoekom stel hulle nie die hospitaal etes aan julle beskikbaar teen ñ ekstra koste nie? Ek moet ook eet sodra my oe oopgaan in die oggend! Sterkte! Hoop julle gaan huistoe vandag! Anina hoop Stefan word vinnig beter! Gerne klink my jy is moeg gestoei met die bv. Hoeveel Espiride drink jy per dag? Ek stoei met fb. Sal dit nog uitsort. Elaine huil maar bietjie dan voel jy beter. Hou maar die blues dop. As dit erger word kry liewer pille daarvoor. Die Espiride wat Gerne vir die borsmelk drink, help juis vir pnd ook. Ralmarie het al begin wonder wat gaan aan. Bly dit gaan goed! Sê Thinus moet bietjie plan maak! Charlaine jy was net so skaars! Gaan dit nog goed? Ek het moed opgegee met nuk tiete op cheap bottels. Het sommer Checkers se Jolly Tots bottels met ekstra ortodontiese tiete gekoop. Die bottels word verkoop met latex tiete. Het my R75 vir 4 bottels met 4 ekstra tiete gekos. 1 Nuk bottel is R112! Die is net nie wyenek soos die Nuk nie. Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #138041 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, het jy al probeer om 'n dummy in glyserien te doop en dan vir R te gee? Dis al hoe ek my kids kon leer om 'n dummy te vat. Dit het met Claudia nie gewerk die eerste week nie en ek het net begin dink ek gaan haar nie kry om 'n dummy te suig nie. Maar nou suig sy hom vir 'n vale! En as sy erg huil, doop ek daai dummy in die glyserien en dis so lekker dik dat sy nie anders kan as om dadelik op te hou huil en begin suig nie. Ek wissel dit af met Telament druppels op die dummy as sy bietjie kramperig is. Dit werk regtig vir my kinders.

Dit was nou so lekker warm hier by ons, ek het sommer vir Claudia 'n kortmou hempie aangetrek. En toe ewe skielik trek dit toe en lyk of ons 'n storm gaan kry. Nou le sy en slaap in die kort moutjies, toe maak ek haar maar net lekker warm toe.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137993 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, dis altyd vir my so moeilik as ons by mense is wat nie 'n klein seuntjie gewoond is nie, want Stefan is baie meer geintereseerd in regte goed as in die speelgoed wat ek vir hom saam vat. Hy snuffel gewoonlik vinnig 'n remote uit en het al mense se panic button gedruk! En met die nuwer TV eenhede waar die dvd players en goed so laag sit speel hy tog te lekker. Ek skaam my altyd dood!

Ons het ook tot so 'n jaar terug 'n nice koffie tafel gehad wat goedjies op gehad het, nou het ons net 'n lee tafel sonder 'n tafeldoek of enige iets, want klein handjies haal alles af!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137973 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O vet Charlaine, so jy se ek gaan nog my hande vol he met my meisiekind :laugh:

Anina, nee my plekkie is verseker nog nie kinnerproof nie, ek het so rondgehol gister om net voor hy iets wil vat, dit op te tel en erens te bere :laugh:

Ek sien ek moet alweer R se naeltjies knip! Griet, maar die die naeltjies groei darem erg vinnig. Ek moet partykeer tot 2 x 'n week knip, anders krap sy haarself lekker :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account