file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136767 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Riley het ook gisteraand 3 uur gedrink!

Gerne, ek moet ook nog iets kry om aan te trek vir my swaer se troue die 11de. En NIKS pas my nie, so ek sal moet iets gaan kry, en nou is dit formeel ook nog :(

Ek gaan nou aansluit by Walk for life, so sien uit daarna om lekker te loop. My vriendin is reeds aangesluit so nou kan ons lekker saam loop!

Het al wasgoed gewas vanoggend, en met die sonnetjie vandag sal dit darem droogword :)

Helene, sover is Riley nogsteeds op 1 poefdoek in 24 uur

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136750 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Stefan het ook 3uur gedrink!

Okay julle ek weet dis 7keer in 1dag of 1 keer in 7 dae vir borsbabas, maar hoekom is dit so? Stefan ht nog nie 'n poef doek gehad van vrydag af nie. Is dit regtig okay?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136744 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore.

Anina baie dankie vir die nr! Sterkte met die vraestelle.

Ons het n goeie nag gehad, R het omtrent hele nag by ons geslaap en dan slaap hy so lekker. Ek kry hom so jammer, sy magie is nou so bietjie harder, nogsteeds pap maar nou sukkel hy bietjie as hy poef en dan stoei hy omtrent. Maar hy begin nou lekker gewiggies aansit, mens kan dit sien.

Ek is net lus om vandag langs die swembad te le maar ek sal een of ander tyd dorp toe moet gaan om ietsie te kry vir my man se eindjaarfunksie wat vryd is. Ekt niks mooi wat pas nie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136741 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina Maré slaap sommer dadelik na sy nagtietie. Ek het nie eers nodig om hom te burp nie! So ons is binne ñ halfuur terug in die bed. Sterkte met die vraestelle en rapporte! Jy sien kans vir baie! Ek wil koekies bak vir kersfees. Sal nog fyn beplanning verg tussen deeg aanmaak, balletjies rol, bak en Maré versorg! Dink ek sal vir ouma inspan om hom besig te hou. Maré se cradle cap was sulke klein blasies wat later droe velletjies gemaak het. Weet nie of almal sin dieselfde lyk nie, maar die olyfolie het gewerk. Julle klomp wat foto vrydag gemis het, moet maar vandag post! Ons wil die babas sien! Julle ek kry nie ñ mooi bloes vir Maré se doop nie en daar is te min tyd om een te maak! En dan wil ek nog spesifiek pienk of rooi he! Ai die ewige soektogte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136710 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Christa, hoop jy het lekker geslaap na Mare se tietie. Ek was ook om en by daai tyd besig om tietie te gee... Ons het 'n heerlike nag gehad, klein Claudia is 'n engel, sy drink en slaap dan verder. En as daar 'n wind sit, vat haar pappa haar vir burp en dan slaap ek verder.

Helene, as ek reg onthou is cradle cap sulke skilfertjies op die koppie. Jy smeer olyf olie aan en dan skraap jy dit saggies af na so 4 ure. Gebruik sommer 'n kammetjie of 'n kredietkaart. As jy dit elke dag doen is dit na so 3 dae soos Christa gese het weg.

Ek moet vraestelle merk vandag. Ons punte rapporte gaan Vrydag uit en ek maak dit. Almal se punte moet Woensdag oggend by my wees, so ek beter opskud anders gaan ek nie my eie deadlines haal nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136709 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more Moomies! Lekker geslaap? Lyk my julle slaap nog of die kleingoed hou julle vreeslik besig! Almal moet ñ heerlike dag he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136700 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, dis 2:45, Maré drink ñ tietie. Hoop almal is in droomland!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account