file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136679 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol Anina ons is in die Hervormde kerk en sit ook almal voor aan vir dit. Het vir ouma saamgevat om na Maré te kyk. Kan my jul penarie indink. Helene Anina het my die raad vir olyfolie gegee en dit werk goed. Was binne 3 dae beter! Carmen hoop julle het lekker ge-eet! Dis wonderlik hoe oumas en oupas met die kleingoed werk! Ons gaan uitvind of daar nie ñ fiets saal vir mense met stuitjie probleme is nie. Fietsry is die een vorm van ontspan en oefening wat ek en my man al2 geniet. Agv ñ ongeluk jare terug het my man geen kraakbeen op sy linker knie. Daarom is stap vir hom uit. Lekker slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136663 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, jy kan gewone olyf olie gebruik. Dit is great vir cradle cap en vir baie droee vel so whatever dit op stefan se koppie is, olyfolie sal nie skade doen nie.

My pa is ook so erg oor Stefan, dit is vir my nogal vreemd want hy was nie so oor my twee sussies se kids nie. Maar ek dink dis dalk omdat Stefan gebore is die jaar wat hy afgetree het, en Stefan is so 'n maklike kind so dit maak dit dalk makliker vir hom om met hom te bond.

Lekker aand almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136650 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen dis vir my vreeslik mooi as 'n oupa koer oor 'n kleinkind! My pa is vrek erg oor my kinders, hy het lekker bal geskop op die strand die week. Baie bvaie kosbaar, jy moet dit waardeer en baie fotos neem van oupa en ouma met kinders, as hulle nie meer dar is nie, is daai fotos baie kosbaar.

Kan ek gewone olyfolie wat ek in die kombuiskas het gebruik? Of moet ek daai kleinbotteltjies in apteek kry?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136641 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, olyfolie werk soos 'n bom vir cradle cap! Christa het dit gebruik en sy het ons gese dit het gewerk :)

Anina en Christa, ja, mens moet mekaar daai bietjie spasie gun om hulle eie ding te doen!

Anina, rockclimbing lyk lekker, maar dis seker nogal scary? Dis great as jy en Johan so saam kan werk as 'n team!

My man het toe vroeer teruggekom, play was suspended agv die weer.

Het by my pahulle gaan kuier en nou gaan ons saam hulle eet by die...Spur! :woohoo: Pas my altyd as hulle ons stick vir ete!! :P

Ag julle moet sien hoe my pa is oor Riley! Hy is nog nooit 'n vreeslike affectionate mens nie, maar met haar is hy heel anders. Hy le by haar en gesels heeltyd met haar, nooit gedink hy sal so wees nie :)

Ok, ons gaan nou lekker vreet, lekke aandjie vir julle xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136638 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, jyt gese mare het cradel cap gehad. Het jy iets aangesmeer daarvoor. Stefan se koppie vreeslik droog, is dit cradle cap?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136625 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, hier is dit, Suster Anna Cronje: 012 332 2459

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136624 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Ons het ook vanoggend ons eerste suksesvolle kerkdiens agter die rug. En wat 'n verassing, met al die opwinding van die nuwe baba was ons so afgesny van alles af, ons het nie eers besef dis vandag nagmaal nie. Toe moet ons vinnig uitwerk hoe ons gaan maak met die 2 kids terwyl ons nagmaal gebruik. Ons is in 'n gereformeerde kerk waar ons nog almal voor na die nagmaal tafel toe gaan vir nagmaal. Ons het toe maar beurte gemaak om by hulle te bly in die moederskamer en elkeen stok siel alleen gaan nagmaal gebruik. Gewoonlik reel ons vooraf met Johan se niggie wat ook in ons kerk is om na dieselfde diens toe te gaan dan pas ons hulle kids op en hulle ons sin terwyl ons nagmaal gebruik.

En natuurlik sal al ons Bybelstudie vriende vandag kies om na die eerste diens toe te gaan, so nie een van hulle was eers daar sodat ons hulle kon vra om te help nie. En toe kan ons ook nie regtig vir Claudia afshow nie, want daar was niks van ons vriende by die diens nie... Maar ek dink nie hulle het verwag ons sal met 'n 2 weke oue baba kerk toe gaan nie, anders sou hulle vooraf met ons gereel het.

Carmen, dit is sooooo belangrik om vir mekaar jou ontspanning te gun. Ek ry perd en Johan rally en alhoewel ons mekaar se sportsoorte baie geniet, is dit net nie altyd prakties vir ons altwee om dit saam te doen nie. Veral nie nou dat ons 2 kinders het nie. Ek gaan sommer vroeg volgende jaar weer bietjie begin perdry maar Johan het besluit om 'n jaar af te vat van rally af. So ek sal maar saam met hom moet gaan rotsklim vir sy deel van die ontspanning. Ek het juis nou al 4 bottels uitgemelkte melk in die vrieskas. As ek so aanhou het ek hopelik teen die einde van die 3 weke growth spurt nog 'n paar oor, dan kan ons die kids op die 16de by my ma los en gaan klim.

Rotsklim is nou maar een ding wat mens moet saam doen. Ek vertrou niemand anders as my man om my te B-lay (tou vashou) nie en hy voel ook ongemaklik as iemand anders hom B-lay. So ons is mekaar se B-lay bunnies...

Ralmarie, daai ente gaan gewoonlik mos self stukkend. Na ek Stefan sin stukkend gestamp het een aand het die kliniek suster met my geraas oor ek dit gedruk het. Maar ek dink nie dit doen skade nie, die sig moet op die ou end uit of jy nou liggies druk of dit perongeluk stukkend vryf. Wat is nou die verskil?

Gerne, ek sal kyk of ek die nommer kan kry. Dit klink beslis of dit dieselfde tannie anna is. Ek kan nie dink dat daar twee kan wees nie...

Lekker daggie verder, ek moet myself bietjie aan die melk masjien gaan koppel, my een bors voel al of hy gaan bars en sussie het nou net die ander een leeg gedrink maar wou niks weet van 'n tweede tietie nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account