More julle
Dit was 'n goeie nag!
Riley het 9uur gedrink, toe eers weer 3:30 wakker geword, so dis 6 en 'n half ure, en toe weer 7 uur!!!

So ek kon darem meer slaap inkry!!
Ok, hoeveel van julle is al op nommer 2 doek? Hoekom ek vra is, die nommer 1 doeke is groot genoeg, maar dit druk haar om die beentjies en magie, jy sien die afdrukke en lyne op haar bene as jy dit uittrek. Toe gebruik nommer 2, dis losser, maar die doek self onder is natuurlik massive, maak so bol onder....so dink julle ek moet 2 gebruik? Want dan moet ek 2 pakke nommer 1's wat ek oorhet gaan probeer omruil...
Maar then again maak die nommer 1's haar nie seer nie, ek dink?
Vandag gaan ons bietjie by my skoonsuster braai, family braai, want my man se tannie hulle kuier hier van Richardsbaai af...en natuurlik is Riley waaroor dit eintlik alles gaan...Tannie Pat wil net vir Riley sien

Ek het vir haar CD geskryf met al die foto'tjies, sy sal dit so geniet!!
Ok, julle moet lekker oggend en daggie he, ek sal weer kom inloer!!