file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #132462 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis weer tietie tyd, dus 2uur. Petro geniet jul kuier more en veilig ry! Vra sommer die geboorteklas suster oor die inentings. Sy behoort iemand te kan aanbeveel. Anina ek gebruik net no 8 tissue salt. Hft nog nooit Telament gebruik nie. Dit werk roos ñ bom. Dischem verkoop druppels in hulle eie maak. Maré het feitlik noit krampe nie. Helene en Petro julle sal moet op vlieg vir die kuier! Dankie vir die raad met die kos. Ek het ñ steamer, dit behoort mos goed te werk. Anina bly jul roetine werk. Ons glo ook aan etes aan tafel. Jou plek klink goed vir ons kuier. Ek het gisteraand aan Monte Casino gedink omdat hulle so lekker food court met baie spasie het, maar die plek van jou klink ideaal! Fourways is reg met my. Nou ja hoop julle slapies lekker!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132455 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek sien julle reel n bymekaar kom. ai nous ek spyt ek is nie daar nie!! ek reel graag sulke goed. ek sal maar alleen gaan koffie drink... daar was moes op n stadium nog n kaap mammie, wie was dit nou weer?

waar is ons admin girl...GERNE, sy sal seker iets vir julle kan reel. Laat weet wie is die organiseerder, dan kan ek n persentjie uit die kaap stuur waarvoor julle kan loodjies trek tussen die wat die dag bywoon. Ek wou al lankal ietsie vir iemand stuur.

lekker slaap julle. die kaap is heerlik warm. ek love somersaande soos die.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132451 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro ek ht vandag die pediater gevra oor reflux. Meeste babas spoeg melk uit na drinktyd. Jy moet goed burp na 'n voeding. As baba baie moeilik is na 'n voeding en as jy sien hy het seer, dan kan hulle meds gee vir reflux.

Anina, jy kan ook tissue salts No 8 gee vir krampe. 'n halwe pilletjie in bietjie water opgelos. Ek dink christa het gese sy het druppels daarvan gekry, sal seker beter werk. Die krampies sal ook beter word, stefan het ook die eerste week erg gekramp. Hoe gaan dit met voedings??

Christa, ek stoom alle groente en vrugte. Ek ht so groot pot met 'n vergites tipe ding binne. Jy kan groente EN vrugte maar net in 'n pot stoom met bietjie water onder in pot. 'n stick blender is perfek vir eie gebruik. Ek het natuurlik 'n groot blender, soos een waarin jy milkshakes sal maak. As ons by eet kom kan julle maar raad vra ek sal graag raad gee.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132441 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, Stefan het reflux gehad. Hulle begin dit gewoonlik eers later ontwikkel, maar party babas het dit van die begin af. Kenmerkend van 'n reflux baba is as hy sy koppie na een of twee slukkies melk wegdraai van jou bors af en heen en weer draai asof hy nee se. So dit sal voel of hy die bors weier.

Hou hom dan regop, Stefan het basies op my skoot gesit en drink, en dan moet jy hom regop hou na die drink ook. 'n Gewone kussing werk lekker, sit sy hele bo-lyf op die kussing sodat hy basies regop sit / le en slaap. Mens kan ook vir hulle baba Gaviscon gee, en selfs telament druppels voor en na die voeding help baie.

As dit net winde is, dit werk vir my om baba regop te laat sit met beentjies onder hom ingevou, dan vryf ek die ruggie. Claudia sluk nog nie baie winde nie, so ek is nie regtig op die oomblik 'n expert daarmee nie...

Claudia kramp geweldig, ek weet nie meer wat om te doen nie! Sy slaap amper glad nie, en ek eet niks wat haar kan krampe gee nie. Ek gee telament, en het nou ook natura se colic mix begin gee, maar dit lyk nie of dit help nie. Wat kan ek nog probeer julle? Ek voel of ek altyd raad het behalwe as dit met my self gebeur, dan kan ek skielik nie onthou wat werk vir wat nie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132429 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

so bly julle chat vandag oor inentings - ek wil juis gaan kyk waar in kimberley ek die staats goed kan kry -sien ook nie kans om so baie te betaal as ek dit goedkoper iewers anders kan kry nie. Ek hoop regtig die Clicks by ons doen dit - hier is 3 clickse en 2 van hulle het klinieke -s o hou maar saam my duim vas

Xander sukkel verskriklik met winde ! hoe kry ek dit vinniger uit ??? ek spoeg ook sommer elke keer na 'n voeding 'n hoop melk uit - wonder of hy nie refluks het nie ? hoe weet ek ?

hoop dit gaan goed met julle almal

ek was gisteraand flouboude - het sommer al 7:30 gaan slaap - was glad nie 'n happy camper toe boeta 10hr wou drink nie - toe wou ek net verder slaap !!!

more gaan ek en boeta vir die eerste keer alleen dorp toe - ek het nou lank gewag om te bestuur - dink 4 weke is lank genoeg - net jammer die dorp is 60km ver.

gaan more na die vrou van die voorgeboorteklasse - sy het elke woensdagoggend tee vir nuwe mammas en babas - dink dit gaan lekker wees !

bye - lkr aand :P

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132412 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, ek dink jy het op 'n stadium gevra, my birth storie is op die birth story thread en op my labour thread.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132407 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons bad roetine werk, sussie voor 7de laan en boetie na 7de laan! Dan eet ons almal saam gedurende 7de laan. Ek haat dit net dat ons dan voor die TV eet, maar dit pas in die roetine in so dis maar hoe dit is. Sal later weer tafel toe skuif as hulle kan begin saam bad.

Christa, ek kry nie joy by Clicks nie, hulle het my laas vrek baie gecharge vir Stefan se 12 maande spuit. Ek wonder nou of dit dalk 'n opsionele spuit was wat die staat nie doen nie. En sy het dit probeer claim van my medies af maar hulle wou niks weet nie. Ek sal maar mooi gaan uitvind, daar is nog 'n clicks nader aan ons, ek sal daar gaan vra miskien werk hulle anders.
Ek weet Dischem doen glad nie die staat goed nie en hulle vra ook nie ingekontrakteurde pryse vir die ander ent stowwe nie, so jy het altyd 'n bybetaling sowel as die R80 konsultasie fooi. En dis nie asof hulle susters baie behulpsaam is met raad en dinge nie, die een waar ek laas was kon skaars Engels praat.

Ek moet more vir Claudia terug van hospitaal toe vir haar BCG en polio ente. Hulle doen dit net op Maandae, Woensdae en Vrydae, en met die dat sy Vrydag gebore is kon hulle dit nie doen nie toe is ons Sondag ontslaan sonder dit.

Ek is nie regtig slim met plekke nie, maar daar is 'n nice plek in Fourways. Dis Norscot manor, dis 'n buitelig teetuin met baie mammie vriendelike waiters en baie speelplek vir die kinders. Daar is 'n moms en babes en moms en tots plek en 'n kleuterskool op dieselfde perseel so hulle cater eintlik eksklusief vir mammas met kinders. Maar ek weet nie of almal Jhb toe wil ry nie, Pta en Centurion is vir my ook fine.

Hoop almal het 'n rustige nag! Ons klein poplap het gedink dis lekker om tot 1 uur wakker te bly gisteraand...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account