More almal!
Gerne, ek hoop jy het 'n beter nag as ek agter die rug. Dit was nou weer my beurt dat Claudia heelaand wil drink. Was so erg dat haar poef nou selfs lig en waterig is, so sy kon duidelik nie alles verteer wat sy ingeneem het nie. Gelukkig slaap sy nou al vir 3ure so hopelik kan ek haar weer vandag net elke 3 / 4 ure voed sodat daai magie net ook 'n kansie kry om te rus tussen voedings.
Ek kan nie so mooi onthou nie, maar het julle nie gese daar is 'n growth spurt hier naby die einde van week een nie?
Ralmarie, jou taxi idee klink na 'n lekker uitstappie. Net jammer ons babas verskil net net te veel om almal op een dag te ent.
Christa, die probleem met waar ek bly is dat dit yuppie wereld is, mense hier kry blykbaar nie finansieel swaar nie en sal dit nie waag om gratis staats ente te vat as hulle duisende kan betaal vir die ander nie. Geen van my vriende hier doen staats ente nie. So daar is nie 'n mark vir die staats ente nie, so al die plekke doen eenvoudig die duur ente en dan lag hulle al die pad bank toe.
Petro, dit sal great wees as jy na ons kuierdag toe kan kom. Sal ons jou dan geleentheid gee om 'n datum voor te stel aangsien jy seker verblyf en allerehande ekstras moet reel.
Daai plek wat ek voorgestel het is Norscot Manor in Fourways. Ek weet nie of hulle 'n website het nie ek sal nou nou as ek op my rekenaar is en nie my foon nie, bietjie kyk of ek 'n website kan opspoor
Lekker dag almal!!