Hi almal, ek was sooooo besig vandag het nie eers tyd gekry vir moomie nie! Maar ek het 'n hele paar rand ekstra in my beursie!!
Die ekstra klassie het darem glad verloop, eintlik 'n slim kind, hy het net iewers uitgemis op die basics. Ek sien hom weer Saterdag dan word ek nog ryker... Christa, hulle het bietjie laat wakker geskrik mens begin nie ekstra klasse 'n week voor jou eksamen nie. Maar ek spesialiseer in daai kids wat die heel jaar nie werk nie en dan is die ouers bereid om vir enige prys die kind te help. Dis gewoonlik slim kinders wat dink hulle kan coast en dan skrik hulle net voor die eksamen wakker. Dan doen ek sommer 3 ure sessies op 'n slag en maak groot geld vir bitter min moeite. Dis jammer eksamens kom net 2 keer 'n jaar...
Helene, wil jy nie jou besigheid uitbrei Gauteng toe nie? Ek het ook vir Stefan self gekook en dit baie geniet. Miskien kan ek en Elise vir jou 'n tak hier begin? Klink my ons sal klaar 'n mark he as ons Klerksdorp toe uitvoer...
Charlaine, jou dogtertjie is pragtig!
Waar kry julle staats inentings? Nie een van die klinieke in ons omgewing doen dit nie. Hulle se almal hulle doen net die privaat inentings, my vorige medies het ten volle daarvoor betaal, maar die een wat ek nou het dek dit glad nie so ek wil ook die staat ente doen.
Ek dink ook ons moet ons eie get together hou, ek wil graag na die ander een toe ook gaan, maar sal dit geniet om net saam met julle te kuier.
Oops, ek moet gaan dis al half 6! Ons wil 'n nuwe badtyd roetine try sodat ek nie 7de laan mis nie (eks 'n sucker...) so ons begin nou met sussie! Hou duim vas dit werk!