file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #132882 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle is so fluks.

Heleen ek haal my hoed af vir jou.
Ek hou normaalweg nie van kook nie, en dan om so baie te kook.
Ek sal maar eerder vir Andre kossies koop. Dis ook maar net 'n rukkie dan eet hul tog sammet mens.

Daai Mosselbaai trippie klink lekker.!!

Ons wil Maart maand se kant bietjie weggaan. Weet nog nie waarheen nie. Was laas Wildtuin toe en die kinders wil net weer gaan. Tinus se wat van see toe, nee se hulle hulle wil diere gaan kyk, kan julle glo!?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132593 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het n ou geldjie by pappa gekry om vir die kinders swembroeke en vir my n kortbroek te gaan koop (ek sal maar die swembroek skip). Ons gaan volgende week bietjie mosselbaai toe!! jippeee, ek kan nie onthou wanneer laas was ons weg nie. Ek moet nou klaar maak. o, ja 12uur gaan ek gynie toe vir 6weke ondersoek.

tarra

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132581 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
vandag het ek appels op die stoof, en ek gaan julle die skuld gee as dit brand... ek loer net vinnig in, okay!

Christa, n steamer sal fantasties werk. Ek het vergeet om te sê, wanneer jy die kos puree, moet jy die water wat onder in die pot is gebruik. (al lyk dit snaaks) baie van die nutriente is daarin, so dit is belangrik om daai water te gebruik, of as jy nog nodig het gooi jy afgekoelde kook water by. maar ons gesels later weer daaroor...julle sal my nie stil kry as ek eers begin nie...

Gerne, wil jy nie te gou agter die stuur klim nie? is dit al 3 weke?

ralmarie, dis wonderlik dat jy speletjie tyd maak vir die kinders. ek wil so graag ons DSTV afsit, maar mens dink mos jy kan nie daar sonder nie. Ons kyk tog anyway nie regtig nie, binnelanders raak nou vir my eentonig, ek kan maar weer terug gaan 7de laan toe, as ek dan nou regtig n sepie wil kyk. En Lance kan mos DVD's kyk as hy wil storietjies kyk.

ek verstaan regtig nie hoe julle in die middel van die nag kan moomie nie. ek voed en kap weer om, (ruil nie eens doek om nie)... nou gaan julle lag, maar as boetie nie dadelik aan die slaap raak nie, maak ek my man wakker om dit te doen!! lol....hy moet mos sy deel ook doen.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132572 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

ek tik hier met een hand want R slaap nou hier n my arms! so verskoon die tikfoute! :laugh:

Fourways klink vir my reg! En Des is ons by die huis, so ek is oop vir voorstelle vir 'n datum! Aai Helene, wens jy kon ook kom< dis jy en Petro wat ver is, Petro is mos innie Noord Kaap! :(

Ek het ook besluit op staatsinentings! Dis laf om te betaal vir iets wat jy "verniet" kan kry! Ek gaan ons s'n doen by Unitas Hospitaal, hulle het 'n kliniek waar jy dit kan doen.

Het vandag 'n vet hoofpyn aan my! Ek dink dis van moegheid!

'n vriendin kom nounou bietjie kuier, en dan is ek maar net weer lui hier by die huis in my lekker ou sweetpakbroek!! :blush:

loer nounou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132545 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Jammer ek is so stil, my sel is so stupid, hy gee net vir my so 3 posts op n slag :( so ekt gister heeldag probeer om alles te lees maar kon net nie.

Ag julle, lyk die kleingoed nie nes porselein poppies as hul slaap. Nie? Ek wil net vir R opvry as hy slaap

R het my gister besig gehou, hy het van 5uur tot 10uur gedrink, hy het vreeslik krampies gekry en ek dink dit is dan vir hom comforting om te suig aan my boobie. So dit was rof, tussen deur moes ek kos maak en probeer eet en hom heeltyd tevrede hou. Gripe water werk nie.
Ek kan nie dink wat ek eet wat dit veroorsaak nie.

Christa, gebruik j die pilletjie tissue salt?

Ek dink ek gaan vandag ry, ek kan nou nie meer wag nie :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132494 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal.

Nie al die Clicks doen staatsinentings nie. Potch doen bv dit nie, maar soos Christa se Klerksdorp wel.

Petro geniet die self ry. Oefen solank dan kan jy ry tot in Klerksdorp dan gaan jy saam.

Anina daai eerste krampies verdwyn gou. Amper verby.

Heleen ek is seker jy ken iemand in die rand vir wie jy 'n kuier skuld. Ai wens jul kon almal hier wees met get together.

Ons is nou 'n week van 7de laan af en ek gaan my bes probeer om dit so te hou. Dit word nou speletjies tyd in ons huis. Snakes en ladders en sulke eenvoudige speletjies wat almal kan geniet.

Gerne verbeel ek my of is jy stil?

Ek moet gou in die huis inspring. Andre het nou net aan die slaap geraak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #132472 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Hoop julle het ñ heerlike dag! Laat weet asseblief wanneer en waar julle wil kuier! Anina het jy ñ naam en dalk website van die plek in fourways?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account