file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #212965 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Amper weer Vrydag ne! Kwaaitjie, ek het nog heeltyd melk. Dit het na Stefan nooit weggegaan nie en ek't gedink dis omdat ek weer swanger was (ek het nog geborsvoed toe ek uitvind eks weer swanger.) Maar dis nou omtrent 6 maande vandat ek opgehou het om vir Claudia te voed, en daar is nogsteeds melk.

Doen maar 'n swangerskap toetsie as jy bekommerd is, anders is dit dalk net jou hormone wat bietjie deurmekaar is. En as jy nog worry, gaan maar dokter toe, eerder uitvind as wat mens dit te lank los.

Ek dink Papachinos klink soos 'n wenner, dit lyk baie nice. DF, eks seker jy sal vir Kayla die hele tyd kan sien, so 'n child friendly plek sal nie die kids om die hoekie laat speel nie. Dis net nice dat mens nie heeltyd agter hulle hoef aan te hardloop nie. Ons sal net betyds moet bespreek, ek weet die pappachinos in Jhb is baie besig.

Ek was die heel oggend by die UIF kantore, het in die freakin verkeerde ry gesit, dis nou na ek gevra het waar ek moet heengaan... Darem uiteindelik in die regte ry gekom en by 'n vriendelike man uitgekom wat my mooi gehelp het. Maar ek het nie alles daar gehad wat ek nodig gehad het nie, so ek sal maar Maandag weer probeer. Gelukkig kan ek Maandag in die volgende ry gaan sit, het gesien hy beweeg redelik vinnig.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212962 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek ook! Water my mond nou vir ietsie soets!! :blink:

Ok, ek het probeer ander ticker maak!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212961 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek sal kan doen met lunch en 'n stuk koek. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212959 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaatjie, nee wat jong ons bly op die platteland. ;)
Weet nie van sulke plekke hier nie.

Ek het mos my eie kinderoppasser - Ludwig. :laugh:
Shame ek laai partykeer te veel op hom.
Maar as hy die dag in 'n goeie bui is kan hy toor met Andre, en die ander ook.

Het iemand al 'n lysie van wie kom? :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212958 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
DF, hehe natuurlik bedoel ek nie ons gaan die kiddies oorgee aan strangers en hulle los nie :laugh: :P

Dis net 'n lekker plek en as jy vir 'n oomblik nie kyk nie, weet jy daar is child minders wat 'n ogie oor hulle hou ;)

Kwaaitjie, ek moet se ons is baie gelukkig in Pta, hier is vreeslik baie sulke tipe plekke, ek kan nou sommer aan so 6 dink?

Ok, is dit dan 'n date??? Saterdag 12:00 Pappachino's Lynnwood Weg? Dan eet ons girls 'n lunch of stuk koek of watookal jy voor lus is!

Oooo, ek is baie baie excited :rock:

Voetjies, julle moet Mia se party geniet Saterdag en jy moet kom foto's wys!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212952 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle klomp is bevoorreg om sulke kindervriendelike plekke daar te he. Ek glo nie Klp het eers een so plek nie!

Handjievol het julle sulke plekke in Ptch?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212950 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,
Bollie – R se verjaarsdag foto’s lyk beslis of dit ’n nice en special dag was. Die koek is pragtig!
Die naweek is dit Mia se beurt! Kan nie glo sy word 1 nie!
Ek self was nog nie by papachino’s nie, maar ’n vriendin het gesê sy en haar man gaan eet gereeld daar, want dit is so maklik met hulle kind (ook nou 1jaar oud). Daar is omtrent ’n oppasser vir elke kind wat daar speel. Die oppassers klim en kruip actually agter elke kind aan al om die speelgoed. Sy het die plek al paar keer vir my voorgestel, maar soos ek sê, ek was nog nie daar nie, so kan net haar woord daarvoor vat.
Ek’s game vir wat ook al en waar ook al julle besluit!
Lekker dag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account