Hallo julle!
Sjoe klink of julle dol naweke agter die blad het!
Dragonfly joune le nog voor! Bly jul naweek in Warmbad was so lekker! Bring gerus vir Eddy saam!
Sjoe Hasie nou doula jy sommer oor die foon! Ek stem, wag liewer vir jul eie plek voor jy weer spesiale mure verf. En dit sal lekker wees as elkeen 'n eie kamer het! Hoop julle kry 'n lekker huis wanneer die tyd reg is! Bly die uif is nou gesort!
Handjievol ek dink jou website is great! En soos Bollie se dis gebruiker vriendelik. Beslis baie belangrik! Wens ek kon soms so bietjie later slaap, maar Mare se opstaantyd is tussen 04:30 en 05:30!
Bollie jou nuwe ticker is pragtig! En die patroon op die foto nog pragtiger! (kry mens so woord?

) Julle moet lekker gaan stap! Oor lekker dik wil ek liewer NIKS se nie!
Voetjies en Grenaat ons wil asseblief die verjaardag fotos sien!
Mare het griep! Die arme kind hoes iets vreeslik. En dis bottels vol meds!!!

Dokter se dis kombinasie van allergie (post nasale drup) en tandekry wat die spul slym en gevolglik nou ontsteekte keel en ore veroorsaak. Hy het maklik bedags sonder sy dummy geloop, nou soek hy dit permanent. Arme ou seuntjie!
Ek vergeet om my GREAT nuus te deel! My stuitjie is gesond!

Al die antibiotika (5 kursusse om presies te wees!!!) het die inflamasie gesond gemaak en die pyn is weg! Nou gaan ons vir Mare 'n fiets-stoeltjie en valhelm koop en dan weer begin fiets ry! Ek kan nie wag nie! Dan sal die boude ook sommer weer reg kom!
Hasie dis juis hoekom ek die geskenkie voorgestel het. Is die res van julle in? Wil julle 'n ander bedrag voorstel? Of sien julle nie kans nie?
Hasie sal jy vir ons by Papachinos bespreek vir die 26ste asseblief? Ons is mos nou:
Bollie + 1
Dragonfly, Eddy + 1
Grenaat + 2 (nog nie seker nie)
Handjievol + 2
Hasie + 2
Kwaaitjie + 1
Voetjies + 1
Lekker dag!