file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #213279 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Sjoe, ek het 'n besige naweek gehad!!

Ek is sommer weer moeg, dis asof mens net nie uitrus op 'm naweek nie!!

HV, het na jou website gaan kyk, baie nice en die belangrikste is, dit is user friendly! Jy kan die mooiste website he, as die die ding nie prakties uitgele is of user friendly is nie, maak dit niks saak nie, en dit werk op mens se senuwees. Very very nice :woohoo:

Grenaat en Voetjies, kom sit bietjie fototjies op van die kids se verjaarsdae!!

Ek het Riley se pics op Facebook gesit, maar Kwaaitjie, ek weet jy gaan nie op FB nie, so ek sal vir jou mail!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213223 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaatjie, lekker vir daai deurslaap. Dis sooo lekker. Andre slaap ook eintlik deur, net mamma wat nie lus is om 5:30 of 6 uur op te staan nie. ;)

Ek hou van jou geskenkie idee.

Julle almal gaan loer assebllief na my website, nog so baie om aan te werk en die fotos is ook nog nie alles op nie, maar se my asseblief wat jul dink.
Kommentaar oor die website (ons gaan nog 'n internet aankope insit, is besig daarmee), maar ook ook die teels. En raad vir nog temas.

Dis by: www.eclecticprints.co.za

Lekker dag almal

O ja, Hasie jy sal maar net weer so mooi muur moet verf :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213162 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, jy maak my baba oud voor ha tyd! Ons beurt is vlg week...

Dis regtig 'n pragtige foto van Riley!! En die ticker lyk cool.

Lekker naweek almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213152 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hehehehe, nie Hasie nie, ek het bedoel Voetjies!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213151 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Hasie en Grenaat, julle moet vreeslik baie lekker kuier met Mia en Ruben se verjaarsdae more :rock: :evil:

Ek gaan gou weer my ticker probeer!!! Ek het die HTML een gebruik, so laat ek die URL een gebruik!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213144 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lekker naweek julle!

Hasie dis jammer van die muur! Neem maar 'n foto om eendag weer vir hulle te wys! Ek sukkel ook met Mare met slaap! Hoop dit gaan gou oor!

Baai! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #213128 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons gaan so lekker kuier!! Ek kan nie wag nie!

Ons begin trek daai naweek, maar ek het klaar vir Johan laat weet ek gaan jippo die Saterdag en sal die kids uit sy hare hou. Ek dink ons gaan die Vrydag begin met die groot trek en dan alles probeer trek wat na die grannyflat toe gaan, dan kan Johan en sy trawante die Saterdag die goed trek wat gestoor moet word. So ons bly dalk al van Vrydag aand af in Pta!

Ek is baie hartseer oor my mooi kiddie kamer wat ek hier moet los, en die moontlikheid bestaan dat die eienaar my sal vra om my muur skildery toe te verf. Dis so sad... die kids love hulle see-muur!

Ons sukkel die afgelope week met slaap! Erg!!! Claudia wil niks weet van slaap in die aand nie. As sy eers down is, slaap sy deur, maar om haar aan die slaap te kry is skielik 'n nagmerrie. Ek kan dit nie verstaan nie, sy het nog altyd so maklik gaan slaap, ek gee net vir haar 'n bottie en dan kap sy om op haar eie. Maar gisteraand het dit ons meer as 'n uur gevat om die tweetjies aan die slaap te kry. Dis 'n stryd. Ek hoop maar dis 'n fase wat vinnig kan verby gaan, ek like dit niks.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account