More almal.
Sjoe, ons huis is lekker deurmekaar. Die bouery is amper klaar, maar nou breek hul deur na die huis toe en dan nog Ludwig se kamer wat se deur skuif. So ons is toe onder die stof.
Kwaatjie, baie bly om te hoor van jou stuitjie. Ek dink daai fietsry gaan lekker wees. Oe ek is so sleg as dit by oefen kom. Maar ek sal moet planmaak. Die kilos tel nou op en daar is nie weer een om te borsvoed om dit af te kry nie.

Dink ek moet my ou weighless boekie nadersleep!
Hasie, ja ek hoor jou oor die muur. En dit vat baie werk om dit net so te los weer. Lekker beplan aan daai partytjie.
Bollie ek wens ek het soveel deursettingsvermoe om te begin stap. Dalk moet ek Ludwig se om sy ma saam te sleep as hy wil draf. Hy sal net 'n paar keer voorentoe en agtertoe moet draf om vir my te wag.
Draagonfly ja die website moet nog 'n internet koop portal kry, wat op die oomblik probleme gee. En dan gaan die pryse sommer daar te sien wees. Jy is bevoorreg dat jou man saam jou gaan kom. Ek is sommer jaloers! Tinus werk mos naweke ook. Maar aan die anderkant kan ek dan doen wat ek wil. So ek kla nie te veel nie.