file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #212898 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more julle!

Dragonfly Kayla klink so oulik! Nou gaan sy julle lekker gek maak met die fluitjie! :P Dis baie spesiaal dat sy Jesus in haar Bybel uitwys!

Hasie ons sal dit waardeer as jy gaan kyk vir die water! Mare is ook vreeslik water mal, so dit voorspel net moeilikheid!

Ag ek is alweer alleen by die kantoor! Dis aaklig! :( :unsure:

Julle ek het 'n vraag. Ek het van verlede week af skielik kolostrum. My menstruasie is normaal en ek is gesteriliseer, so ek glo nie ek kan swanger wees nie (ek weet daar is geen 100% waarborg nie, nie eers met sterilisasie nie). Wat kan dit veroorsaak? Ek het dit gegoogle en dit kan deur medikasie (wat ek nie gebruik nie) veroorsaak word, of 'n nie-kwaad-aardige gewas op die pitiutere(sp?) klier. Weet julle van enige iets anders?

Hoop julle het almal 'n heerlike dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212885 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, ja hasie ek sal plan maak- sy kan maar seker of baie vroeg loop of baie laat loop of die Sondag in kom. Maar ons sal kom...kayla blAas n fleitjie dis te oulik vir woorde.

Ek kan en gaan haar opeeet! Veral wanneer sy deur haar bybel blaai en vir ons wys waar Jesus en sy donkie is...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212883 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, kyk dis net kuier chat hier.

12 uur is ook reg met my, Dragonfly, sal jy iets uitgesort kry?

Ek kan nie onthou hoeveel water Safari het nie, ek sal bietjie gaan kyk een of ander tyd.

Ok lekker middag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212866 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Helllooo

Middag is bietjie moeiliker want ons huis hulp kom op Saterdag, maar ek is seker ons sal iets kan uitwerk so count me in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212846 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
12:00 is reg met my!! Al is ek dalk klein bietjie laat, is dit cool!

Jong, ek stem oor water, Riley kan dit nie uitlos nie, maar ek kan ook nie regtig onthou hoeveel water daar is nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212841 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Duidelik is die kuier al waaroor hier gesels word! ;) Hoop dit gaan nog goed met almal!

Middagete is reg met my ook. Ons kan dit so 12uur maak dan mis jy nie so baie nie Bollie. Reg so met julle?

Ek het nie eers die water opgelet nie HV. Is dit veilig daar julle? Ons wil nie he mammas moet heeltyd agter watermal babas aan hardloop nie! Dan gaan ons beslis niks gesels nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #212832 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Die venue lyk baie oulik, MAAR ek sien ook baie water!
Is dit veilig vir kleintjies? :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account