Hallo julle!
Baie geluk Mia en Ruben met jul verjaarsdag more!

So Ruben het toe al die tyd 'n "internet tweeling sussie"!
Grenaat en Voetjies lekker partytjie hou more! Lekker koek eet! En bederf die kids gruwelik!
Okay Handjievol ek hoor jou versoek! Gaan nou dadelik die fotos aflaai en vir jou mail. Sal dan die 26ste vir jou 'n cd bring met oorspronklike grootte fotos. Ja ons moet weer fotos neem die 26ste! O ek kan nie wag nie!
Hasie ek sal vanmiddag my apteker vra en jou dan laat weet wat die naam is. Dink ek het R20 vir die 168 of so pilletjies betaal.
Grenaat se sy gaan alles in haar vermoe doen om die 26ste se naweek tuis te wees om te kom. Hulle is baie besig die tyd van die jaar. Asseblief Grenaat jy moet ook kom!
Amper vergeet ek die belangrikste! Mare slaap vanaand al 2 weke op sy (dubbel)bed! Hy het tot nog toe nie afgeval nie, so dit gaan goed! Ek moet egter noem dat hy ontsettend besig is in sy slaap! Hy slaap elke nag die hele bed vol! Regtig woes!
Ek het 'n voorstel vir die 26ste as julle wil. Moenie geforseerd voel nie. En as een nie kans sien nie, se so dan doen ons dit nie. Ek het gewonder aangesien dit amper kersfees is of ons nie elkeen 'n geskenkie van so R50 kan koop en toedraai en dan plak ons nommers op, elkeen trek 'n nommer en kry dan daardie geskenk. Asseblief moenie bang wees om te se as julle dit nie kan of wil doen nie.
Bollie kon jy al jou ticker uitsorteer? Wat gaan Riley in die konsert doen? Is dit waarvoor hulle geleer dans het? Jy sal moet fotos neem en kom wys!
Stella en Pampoenpit waar is julle? En Grenaat jy is ook baie stil! Is julle internet nog 'n probleem?