More julle!
Kwaaitjie, lekker om jou terug te he, waarheen het jy verdwyn?
Dragonfly, julle moet die naweek geniet, ons het ook met Stefan gekamp toe hy so 'n jaar oud was en dit was wonderlik. Hy het dit so geniet!
Na baie wik en weeg het ons maar besluit om by my skoonma hulle in te trek einde van die maand. My tannie se woonstel is eers einde Januarie of iewers in Februarie beskikbaar. Ons wil net 6 maande by my skoonouers bly, en spaar sodat ons net weer bietjie kan voor kom. Ek gaan vir Paulina retrench ook. Dis vir my baie hartseer, maar dis maar die beste op die stadium.
Ek dink Pretoria is dan dalk makliker vir die kuier. Kom ons kies dan nou 'n datum dan kan ons oor 'n venue praat. Ek gee nie om om dit te reel nie, nie dat daar veel is om te reel nie.
Kan ons kyk na 'n weeksdag? Dan kyk ons hoeveel van ons kan dit bywoon en dan besluit ons daarvolgens of ons dit eerder na 'n Saterdag toe moet skuif.
Wat van Woensdag 16 November? Of wil julle dit eerder op 'n Vrydag doen sodat dit die naweek bietjie langer maak?
Kwaaitjie, my niggie se man het die begin van die jaar terug gekom SA toe. Hulle het toe by sy ouers in Secunda ingetrek terwyl hy werk gesoek het. Hy het nou werk, maar dit gaan finansieel baie swaar met hulle want hy verdien omtrent 'n kwart van wat hy in Brasillie verdien het. Daarby bly hulle nog steeds by sy ouers, so jy kan net dink hoe moeilik dit is... 4 kids, 2 egpare, 2 huishoudings se meubels, ek dink dis juis hoekom dit so sleg gaan met hulle.
Lekker daggie almal!