file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #125934 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, die dokter het my toe sommer gou in sy spreekamer gesien sodat ek nie donderdag weer hoef te gaan nie.
Hy se eks 1cm ontsluit en serviks is sag so ons hoop nou maar iets gebeur binne dievolgende paar dae.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125923 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, alles lyk goed, wag net gou vir dokter.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125922 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen ek het vergeet van die shooter! Gerne soos jy kan sien is dit nie so erg nie. Dit voel net vir jou so omdat dit nie is wat jy wou he nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125911 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, dit klink of jy alles soos 'n breaze gevat het! Glad nie so erg nie! Dankie vir jou storie :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125904 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Sjoe maar hier is geels vandag!

Anina, ooo, laat weet asb. sodra jy by die hospitaal was en of daar verwikkelinge was!!

My liefste Gerne, aai girl, moenie jou hart so laat breek oor die keiser nie jong, ekke sal gou my storie vertel en weet net, dat Ruven gebore sal word soos hy moet wees, en jy het niemand teleurgestel deur 'n keiser te moet kry nie :kiss:

Ek het ook mos op 'n elektiewe keiser besluit, en ek moet se dit was nogal vreemd, maar ook glad nie so sleg soos mense dit maak nie:

Ek was 11:00 by Unitas en is deur die suster gesien vir general goete en om jou vraelys en dinge in te vul. Daarna kom die narkotiseer in om die usual vra te vra en hallo te se.

Daarna was ek Obstetrie toe en 2 susters het haar hartklop gemonitor en en my bloeddruk geneem asook haar posisie van haar koppie gevoel. Riley was op daai staduim nie reg om te kom nie, haar koppie was onder , maar nog rug teen rug, so sy het nie gedraai nie en haar koppie was nie genoeg gesak nie, so keiser sou dit wees.

JY MOET AANDRING DAT JOU KATETER VIN DIE TEATER INGESIT WORD!!! My gynae het my dit aanbeveel, want dan is jy klaar verdoof en jy voel niks! Alamla wat dit voor die tyd deur die susters in die kamer laat insit het, se dit is seer en ongemaklik!

Dring daarop aan as die suster jou vra, dis beter so!!

Ok, ek het voor die tyd silke suur goete gekry om te drink, dit proe vir my soos 'n Sours shooter anyway en is fglad nie so sleg nie :lol: , dit help maar net vir naargeid as jy dalk naar word van die spinaal, maar ek het nie.

Toe is ek teater toe gevat en het daar gele vir so 10 min, toe kom my gyane, Lynette aar aan. Seker so 10 min later is ek in die teater en narkotiseer spuit eers jou rug in met inspuiting om die area te verdoof. Dit voel soos enige ander inspuiting, nie seer nie.

Dan doen hy die spinaal. Jy buig jou rug sodat hy by die regte werwels kan kom, en dan voel jy 'n naaldprik vir paar sekondes, niks ergs nie, en dan is dit baie wierd :woohoo:

Jou bene word van onder af warm en binne sekondes is jy dood van jou middel af onder toe.

Dit voel net weird, want dit dit voel asof dit nie jou eie bene is nie, wanty hulle wil nie saamwerk nie :laugh: Hulle help jou op die regte bed en dan begin alles.

Die narkotiseer check heeltyd jou bloeddruk, want ongelukkig val en styg dit deur die hele operasie wat letterlik 20 min vat. Dis hier waar ek parykeer bietjie quuezy gevoel het as my bloeddruk val, se dit net vir die narkotiseer en dan bring hy dit weer op en dan voel jy vinnig weer beter!

Jy voel hoe hulle sny, maar jy voel nie pyn nie, net die beweging. Dan voel jy hoe hulle babatjie druk van bo af en hoe hulle die koppie begin uittrek. Dit voel asof iemand jou binnegoed bietjie trek. Dan tadaaaa, babatjie verskyn!! My man kon die hele operasie kyk en hy was abslouut gefassineer!! Ek het niks gesien nie, maar sou dit seker ook gekyk het as ek kon, ek gril mos nie vir sulke dinge nie. Dit vat hulle langer om jou toe te werk as om babatjie ui te haal en dit vat so 15 min. Die hele atmosfeer is baie ontspanne en die dokters maak grappies en gesels...

Die pedaietr vat dadelik vir baba en check net gou die gewig en vitals en al daai dinge!

Toe het hulle baba vir my gebring en toegalaat dat daar verder foto's geneem word ens. Toe vat hulle haar weg.

Ek is uit die teater gestoot na die recovery room waar 2 susters jou bloeddruk en dinge kyk en jy le daar vir so 15 min. Daan gaan jy saal toe en hulle gee vir jou pain meds!

Hulle het seker so uur later vir Riley vir my gebring in die saal.

Jy kry Synap Forte pille vir pyn asook 2 Voltaren setpille vir pyn.

Terwyl jy in jou bed le, gaan die gevoel begin terugkom. Myne het so 3 uer na die tyd begin terugkom en dit voel soos oins & needles. Actually nogal weird, want dit begin so terugkom van jou voete af boontoe.

Ek gaan nie jok en se die sny is nie seer nie...myne het baie gebrand aan die linkerkant soos 'n koltjie vuur en dit is blykbaar normaal. Die seer gaan weg as jy le, maar as jy beweeg en opstaan dan is dit seer. Maar jy kry pain meds en jy moet aamdring op meer as jy voel hulle gee nie genoeg nie!!!!

Ek het die eerste keer opgestaan die volgende ag en het baie duiselig gevoel toe ek badkamer toe gaan, dit was nie lekker nie, maar die volgende dag was ek 100 keer beter! Ek dink die 2 de dag was die seerste en ongemaklikste.

Hulle haal 'n paar uur na die operasie die kateter en drup uit. Om die kateter uit te haal was glad nie seer nie, hulle trek net die pypie daaronder uit...niks majors nie.

My sny het al baie mooi gesond geword, en hy het gebrand aan die een kant vir seker so 4 dae na die operasie, maar as jy jou pynpille drink sal jy ok wees :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125895 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Net eers ñ koreksie, dis 25 tot 28 Nov. Elise ek dit sal weer R40 wees soos in Mei. Ons wil gaan kyk vir oor koorspen. En dalk skoentjies vir die doop. En dan is doeke op special altyd ñ bargain! Charlaine sal laat weet nader aan die tyd.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125893 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag julle dankie vir al die mooi replies en woorde. Het lekker gesit en trane afvee toe ek julle stories lees, dis darem maar net die wonderlikste gevoel as jy jou baba sien, maak nie saak waar hy uitkom nie ne.

hoekom wil hulle nie he ons moet baba vashou na die tyd nie, help maar net as mamma bietjie ongemaklik is maar laat haar toe om te bond. hulle het henko ook weggevat en gaan regmaak en aantrek voor ek hom gesien het. Ek het soos vir 'n halfuur in my kamer stok siel alleen gesit terwyl almal my baba gesien het behalwe ek. dit was stupid.

Anina, sterkte, hoop alles is okay jong.

Christa, puma werk wonderlik, sommer lekker onder die voete ook, dit help blykbaar om die hele nag die neus oop te hou. ek het vir henko altyd onder die arms en voete gesmeer en dan onder sy neusie!

Charlaine, ek kraam by Eugene Marais Hospitaal (Life).

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account