file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #125805 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
charlene my drip em kateter is ook in die kamer in gesit voor die tyd en ek stem dit is glad nie lekker nie dit voel baie weird as hulle daai pyp sommer net in druk ek het my dood gegril en dood geskaam omdat jy sommer jou bene net daar moet oop vlek en oop bene le

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125787 by Melody
Replied by Melody on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal, long time no see i suppose,

Gerne, ek het nie die hele dag se stiries gelees, maar het gesien jy is nou 41 weke swanger en sal nie graag n keiser wil he nie, wel, daar is nog tyd om te bid dat baba natuurlik sal kan kom, so tot die finale besluit geneem is moenie moed op gee nie. Aan die ander kant is ek heeltemal vir die keiser, ek het n keiser elektief gehad.

Ek het dit glad nie te erg pynvol gevind of enige iets in daai lyn nie, dit was heel ongemaklik toe hulle haar uit haal,maar ek het nie naar geword of enige iets in daai lyn nie. Hulle het haar ook dadelik vir ons gegee, sy was dadelik vir my man gegee vir skin to skin contact terwyl hulle my steke in gesit het en daarna vir my, ek het haar vir n volle 6 ure by my gehad voor hulle haar gevat het saam met manlief vir haar bad....dit was n wonderlike ervaring sonder pyn of stres vir either een van ons.

So verder, kayla is vandag 4 weke oud en regtig n blessing. Dis nie altyd maklik wanneer sy huil vir n kramp of wind en jy is nie seker hoe om dit beter te maak,maar ek sal die experience vir niks op aarde veruil.

Ek was so lanklaas hier op moomies, ek dink iemand sal my moet mooi update op wie het baba's wanneer gehad. Is daar so n ou lysie erens?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125780 by ChaNa
Replied by ChaNa on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ek het nou net vir jou my hele keiser ervaring getik en toe gaan hy af.

Moet jou ni steur aan wat ander mense se dat dit so seer is nie wnt dit is regtig nie so erg nie.

My verhaal verloop so: EK wou ook normaal maar die dag voor die geboorte toe kom die on call dr agter baba se hartklop is onreelmatig, syt toe gese ek moet terug kom volgende oggend om te kyk. Weer op fetal monitor gesit en daar is baba se hartklop weereens onreelmatig, my keiser is toe daai selfde middag gebook.

Ekt 2uur ingebook by die hospitaal en is toe in my kamer in. Ek het 'n privaat kamer gehad so my ma,pa,suster en man kon di heletyd daar bly.
Hulle het my na Obstetrics gevat waar ek op die monitor gesit is en hulle het my gevra of ek geskeer het. Ek het toe ja gese en toe kyk hulle of dit reg gedoen is. Daar het hulle my ook 'n paar vrae gevra en toe is ek terug kamer toe.
Terug in my kamer het die suster my Drip en Kateter kom insit. Julle girls wie se kateters ingesit is na die spinaal is baie lucky. Myne is ingesit voor die teater en dit was baie ongemaklik en het baie einaardig gevoel.
Die teater porters het my so 16:45 kom haal en toe gaan le en wag ek vir so paar minute in die teater se gangetjie terwyl DH aantrek. Toe DH klaar is het hulle my ingestoot en my opi tafel getel. Daar het hulle eers my bloeddruk geneem en toe sit dr my spinaal in. Myne was dadelik 1ste keer in en reg so ek het hom skaars gevoel. My bene het vinnig lam geword en toe help hulle om my bene reg te sit opi tafel, dit het bietjie weird gevoel.
Die spinaal het my bloeddruk baie laat val en ek was ontsettend naar en sleg gevoel vir so paar minute toe gee dr my iets toe voel ek beter.

Hulle het toe begin sny en baba is 17:25 gebore. Hulle het haar na die warmer in die teater gevat om haar te suction en te weeg ens. Toe hulle klaar is het hulle haar dadelik vir my gebring om haar vas te hou. Syt die hele tyd by my en DH gele terwyl hulle my toewerk. Toe hulle klaar was het hulle my en baba in my oorspronklike bed oorgetel en ons na die teater se recovery room gevat. Daar neem hulle jou bloeddruk en maak seker jys oraait. Die oumas en oupas kon ni meer wag nie en het sommer in die teater se recovery room ingekom om baba te sien lol.
Toe dit tyd was om my terug te vat kraamsaal toe het hulle baba wee in my bed gesit en is ons kamer toe. Ek was teen 18:00 weer terug in my kamer en toe laat hulle haar borsvoed.My kateter en drip is die volgende oggende uitgehaal so vir daai tyd mag jy nie loop nie. En dit was nie so seer nie net ongemaklik en styf. Na die 2de dag kon ek bene gekruis op my bed sit. Maar die voltaren setpille is baie belangrik dit werk soos 'n bom.

Daar is net een ding wat ek volgende keer anders sal doen en dit is om baba al in recovery room te borsvoed.

Ek was by Unitas en hulle het hierdie 'n ander reel uit wat se jy sien baba vinnig in teater en dan moet hy na die nursery gaan terwyl hulle jou toewerk. Maar ek sal weier dat hulle hom wegvat en aandring dat hy by my bly soos met my 1ste baba. Hulle kan mens ook nie weier nie, so as jy hom wil hou se vir hulle hulle kan hom ini die broeikas langs die bed in die teater hou maar verder as dit gaan hy nie.

Baie baie sterkte ek weet jy gaan die regte besluit maak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125771 by Kinderelomelo
Gerne. hier is my geboorte verhaal, Die twede een wat net so maklik gewees en hulle het toegelaat dat ek kan borsvoed al kon ek nie want my seuntjie het toe asemhalingsprobleme gehaad volgens die peadiater wat op die ou eide strond was, sy was net hastig om huistoe tegaan en het toe 'n storie uitgedink om baba vinniger uit die teater te kry.


This is the story about 1 of my 2 very positive planned Cesearian Birth’s

Zoe Kaitlynne born 08:30 on 9/01/2006 3.21Kg

When I was expecting my first child I had mixed feelings about the type of birth I wanted. I did a lot of research and spoke to many people about my options and came to my own conclusion that I wanted to elect to have a cesearian birth. My Gyne Dr John Fassler in Stellenbosch is renowned for his skill and the type of Cesear he performs and so I was very happy that he would do the best for my baby and I. “He was the very first gyne to perform a cesearian section in the Sandton Clinic many years ago. He has done plenty of research and his method of the CS birth very calm, subdued and welcoming and as stress free as possible for the baby. None of the horror type situation that most people relate to a CS birth. He has even gone as far as to lable the birth as a “Natural Cesearian” and that it truly is.
As per the norm it was a planned date at 38 weeks. I was booked in 2 hours before the time on the morning of 9 January 2006. The staff were wonderful and very accommodating to all my family that tagged along. They went through all the paperwork and put me on the monitor to check the baby out. I was then met by a wonderful anesthesiologist who proceeded to chat to me about the upcoming event. He was wonderful and what a great bedside manner When the time came I was wheeled into the theatre and onto the bed at 08:00.. The Lights were dimmed right down and Josh Groban was playing in the background. I was greeted by my Doctor and all the staff.Then everybody got all quiet “As if they were working with hand signals, there was almost no talking. The Spinal block needed to be done and so as I was taught in my prenatal classes I tried my very best to relax and had my husband support me in front so the needle could be inserted. It went by in a flash and I was laid down on the bed, covered with lovely blankets and a soft pillow under my head. The Anesthaetist then was very caring and started explaining to me in every detail what was going down behind the screen. They had apparently already inserted a catheter although I was blissfully unawares. Then I asked him about 10 minutes into it ‘When are they going to start cutting” and he said, they already did. You may start feeling some pressure now which might be uncomfortable” Then I felt them pushing on my belly a little and there was a little tugging and then next thing you know this funny suction sound from my belly as they pulled Zoe Kaitlynne out, she gave one loud scream and they placed her down on the sheet at my chest and suctioned her mouth. I spoke to her to try calm her and you would’t believe it but she crawled to my voice and grabbed my finger. This was when my emotions hit and I started to cry with Joy. They quickly did the first APGAR test. Next thing they had prepared a bath of warm water and had it right next to the theatre bed and they put her in there to drift in the water which must have been so comforting to her and reminded her of the womb. My husband got to support her in the water and I rubbed and touched her belly. She immediately stopped crying and just stared at her daddy. After that they wrapped her up and I held her for a bit and they took her off to the nursery for the next tests and my husband followed her. Well I was wheeled in at 08:00 She was born at 08:30 and I was back in the ward at 09:00 breastfeeding her. She latched like a champ and we were delighted. I had a reaction to the anaesthetic which made me nauseas but that is about the sum of it. I loved my Cesear, I loved my Doctors and I have the most “Rustige” Child in the world. No colic, breastfed well up until I stopped and slept through from about 6 months.

I Had a very positive experience and I thought I would share it because not all CS births have to be traumatic.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125756 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, ek het op die Nov mammies ook vir jou geskryf. Ek dink jy moet maar net vrede maak daarmee dat die beste ding vir jou baba wel voor die einde van die week besluit sal word. Sterkte, en ek is seker 'n keiser is nie so erg nie, meeste girls verkies dit dan so. As ek jy was sou ek net eers met my eie dok gesels het. Veral oor die moontlikhede van induksie, jy het gese met H was jou serviks ook nie regtig reg vir 'n induksie nie, maar dinge het goed afgeloop. Miskien kan dit weer so werk. Sterkte, ek bid baie vir jou. Soos Christa se, Ruben gaan lief wees vir jou no matter how he comes out.

Dankie vir die pynappel raad 2kidm, ek het dit ook al gelees, maar mens moet blykbaar amper 'n pynappel plaas opeet voor dit 'n verskil sal maak.

Elise, S se rokkie en bykomstighede is vreeslik mooi! Mag julle regtig 'n wonderlike ervaring he. Kan ek jou raad gee en se dat julle moet probeer om eers Maandag haar inspuitings te doen? Party kinders kry 'n koors en voel siekerig vir tot 3 dae na die inspuiting, as ek jy was sou ek wag sodat die doop en die inspuiting nie mekaar beinvloed nie. Ek het vir Stefan laat inspuit die dag voor ons op vakansie gegaan het, en dit was 'n nagmerrie. Hy het siek geword daarvan en jy kan nie vir hulle meds gee nie want hulle is nog te klein. My dokter het gese jy kan 0,5 ml panado gee (gewonde dosis is 2.5 ml) as hulle koors kry. Sterkte daarmee, dis moeiliker vir ons as vir hulle, maar dit is glad nie lekker nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125739 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ek moet ook se die keiser was nie so erg soos ek verwag het nie almal het dit laat seer klink en dit was toe nie so bad vir my ook nie en ek moet se ek het ook nie naar geword van die epi nie so ek het nie die ander spuit nodig gehad nie. s het ook na die broeikas gegaan vir hitte en toe bring hulle haar vir my om op die bors te sit en sy was nog lekker vuil dit was so spesial vir my ek sal dit vir niks veruil nie ten minste weet ek dat ek het die beste gedoen vir my kind en sy is gesond en veilig so taffies hoe sy daar uit gekom het ek het haar op die ou einde in my arms gehou en dit was al wat saak gemaak het

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125724 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
GERNE, hier is my keiser ervaring. Ek gaan probeer alles tik. Een ding moet ek sê, dit was nie vir my so seer soos almal gesê het nie. Jy kry ñ pre-med om jou kalm te maak. In die teater skuif jy tot op die teaterbed, kry drip, dan spinale verdowing. Dit brand soos ñ voltaren spuit. Jou bene kry so warm gevoel en dan gaan jou onderlyf dood. Hulle help jou le en die kateter word ingesit. Dit voel jy glad nie. Dan kry jy suurstof. Hulle toets vir gevoel. Dan sny dr deur 5 lae as ek reg onthou. Dr en assist rek sny oop om baba uit te kry. Jy voel dit, maar dis glad nie seer nie, net ongemaklik. Baba word uitgehaal, en versorg. Dan suig hulle soveel bloed en nageboorte moontlik uit. Uterus word teruggesit en wond toegewerk. Tnt baba uit is vat so 5 minute, toewerk so 15 minute. Ek was 8uur terug in die saal. Half2 was kateter uit en kon ek opstaan en gaan was. Hulle gee sterk pynpille so uur voor jy opstaan. Die wag om op te staan was erger as die opstaan. Baba gaan so halfuur na broeikas vir hitte. Dan bring hulle hom vir jou. Daarna vat hulle hom eers om te bad. Wat die meeste help vir die seer is die voltaren setpille. 2de dag is opstaan bietjie seerder. Jou wond brand wanneer gevoel terugkom, maar dis nie doodgaan seer nie. Die een geheim is om regop te loop van die eerste keer wat jy opstaan. Van die voed en vashou in die teater sal jy jou dr moet vra. Wat jy gaan nodig he is om jou daarby te berus. Anders is jy gespanne en bang. O ja, die spinaal laat jou bloeddruk val en dit laat jou vrek naar voel. Sê dr dadelik as jy naar word, dan gee hulle ñ spuit daarvoor. Sterkte vir jou besluit. En onthou Ruben gaan vir jou lief wees of hy normaal of met keiser gebore word gaan nie vir hom saak maak nie. Liefdetjies vir jou! En baie drukkies!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account