Hi julle, ek het my af middag omgeslaap! Dit was heerlik!!
Ralmarie, jou kids is baie oulik. Lyk of hulle vir Andre geniet. Jy moet maar se as julle begin perde koop, dan kom kuier ek hoor!!!
Elise, eks bly jou poppie is so soet dat sy jou nie die heel nag wakker gehou het nie. En sy lyk al so groot, kan jy dink hoe myne nou teen joune sal lyk? Claudia trek nou maar net hier oor 3 kg en Mare sal seker soos 'n reus lyk teen Claudia...
Charlaine, mens sukkel partymaal maar om vriende te kry in jou portuur groep as mens hulle vinnig ontgroei het. Maar ons klomp moet maar bietjie kuier dan kyk ons of ons nie vir jou nog 'n mater onder die klomp van ons kan uitskop nie. Ons kuier regtig nogal across the board met ouer en jonger mense. Ons is die babas in ons Bybelstudie groep, maar die enigstes met 'n 2de baba opppad. Dan is ons weer oud onder my niggies waarmee ons baie kuier, maar ons kuier regtig lekker, dis vir my nie die ouderdom wat die verskil maak nie, eerder die mate van kinderagtigheid...
Gerne, hier dag ek nou jy kraam sommer! En jy Janine! Of boetie hoog sit of nie, julle twee moet nou daagliks inklok voor 10 uur om ons te laat weet of daar al iets gebeur het! Ek sal dieselfde doen...
Lekker aand.