file Oktober mammies 2010

16 years 1 week ago #115724 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Mensig maar ek het gisteraand gevrek van die hitte! Dit voel asof ek kook! :(

Ek het later kaalgat gele voor die waaier met yskoue lappe op my lyf! :laugh:

Christa, genugtig, maar die mannetjie is honger en wil eet! :) Ek het eintlik nog geen idee wat my gaan tref oor 'n ruk nie, oooo vet weet, hier kom 'n ding :laugh:

Elise, jy sal dit moet rustiger vat, die sny is nie besig om lekker gesond te word nie, ek sou dalk net weer laat iemand na die sny kyk hoor! Los nou maar die huis laat dit vuil word, laat daai sny mooi gesond wod soos hy moet!! Jy wil nie nou issues met so 'n sny he nie, dit kan baie probleempies vorentoe veroorsaak...So CHILLAX vriendin!!! :P

Anina, sterkte met die skool ding, ek sou ook maar my se se en my deel doen om hom te laat betaal vir wat hy doen aan sy werkgewers as ek jy was! Hy moenie daarmee wegkom nie!

Sarah, my mom is also flying up on Sunday, she will be here for 2 weeks.

Elise, vogende is Sarah wat se due date 16Okt is, en dan volgende week is dit Petro 20 Okt en ekke 22 Okt :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115699 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
kyk hoe mooi lyk ek in my bubble dress


Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115694 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

Hoop dit gaan goed met almal dit gaan goed met ons.

Julle ek dink nie my melk is meer genoeg vir S nie en ook nie voedsaam genoeg nie sy drink en drink en drink en as ek dink nou het sy genoeg gehad word sy wakker en soek nog as ek dan vir haar byvoeding gee dan slaap sy soos n klip daarna so ek dink nie myne is meer reg vir haar nie en ek wil nie ophou nie dit is so lekker om haar te borsvoed maar ek kan ook nie my kind straf nie dit is nie reg nie. sy het nog glad nie opgegooi nie maar sy het vanoggend vir die 1ste keer en ek is seker dit was amper al die melk shame ek kry hulle jammer as dit gebeur. Ek moet se haar magie is darem beter nie meer hardlywig nie as julle dit ooit kry gee vir hulle lou warm water met n teelepel bruin suiker in of so nie n bietjie milk of magnisia dit het vir S gewerk so ek kan nie kla nie

Julle ek worry bietjie my sny het 3 oop plekkies en dit bloei met tye my man se sien dit is wat jy nou kry as jy dit nie rustig vat nie maar ek kan nie stil sit as my huis vuil is nie so wat moet ek doen nou het hy weer my tannie se huishulp gekry om gister my huis skoon te maak nou kan ek bietjie relax vandag

Julle moet styf duim vashou vir ons daar kom vanaand mense na die huis kyk wat die huis wil koop ek hoop so hulle vat hom die plek is nou nie meer vir my nie so ek hoop hulle se ja dankie lol

Wel my pop is wakker laat ek gou haar boudjies droog maak en dan weer voer ek hoop iemand het raad vir my oor die voeding

Lekker daggie vir julle sal nou nou weer in loer

O ja ons het darem nou wireless internet so ek kan lekker op die bed le en met julle gesels op die laptop so ek sal dalk nou meer kans kry om te kom inloer

Wie is volgende op die baba lys?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115675 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Sarah, I sent it. I'm glad your mum is coming for the birth, it would have made me feel much better if my mum had been there for my first birth. I didn't know it, but she was standing right outside the door of the delivery room. I wish she had just shouted out to me to let me know she is there. It would have helped me through those last few pushes.

Ek het finaal besluit Ralmarie verdien 'n kroon! Genugtig, 'n 10 jarige en 'n 1 jarige en swanger wees is onmoontlik!!!!! Ek is seker as jy 5 kids kan handle, kan jy die land regeer!
Ralmarie vir president!

Carmen, ek sal maar sien of die ou scumbag weer wegkom. Dit klink of hulle my dalk vir 'n onderhoud wil nooi met die beheerliggaam om die kraamverlof issue wat ek laas jaar gehad het te ondersoek. Ek sal met liefde my stuiwer in die armbeurs gooi, maar ek wens eerder eintlik ek kan net niks met hulle te doen he nie. Daai man het amper my kind se lewe en my huwelik gekos!

Christa, jy is 'n regte trouper! 50 min voedings, nee jong, ek sou dit nie gemaak het nie. Is jy seker jy het genoeg melk? Well done vir die deurdruk, in so 'n geval sou ek dalk 'n byvoeding oorweeg het. Kyk bietjie na bokmelk as jy iets oorweeg (vars beskikbaar by woolies) dis nie 'n great melk vervanger nie, maar wel goed vir 'n byvoeding. Jy kan dit net so voer, sonder om te kook of verdun. Dit is ook nie baie likely dat hy sleg daarop sal reageer nie, die samestelling is nie te ver van borsmelk af nie en kids wat laktose of kassien sensitief is doen gewoonlik great daarop. Ek het dit van 16 weke af vir Stefan gevoer, dit het my lewe gered in daai groei stadiums.

Petro, ons het besluit ons gaan vlg week bietjie vir oulaas fliek. Gaan vir boeta by die nanny los en die lekker gaan uiteet en fliek. Ek kan nie wag nie! Maar ek het geen idee wat wys nie, ek het 'n week om uit te vind!

Sterkte vir die week almal, ek het net 2 Maandae by die werk oor!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115652 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina wrote:

Sarah, send me your email adress, then I'll forward that article to you. I actually got if from Janine, maybe she has send it to you before.


Can you email to nannysarah @ gmail . com please :D

Thanks!

My mum is either driving or flying up on Sat which is my due date but I'm feeling a LOT calmer, happier and relaxed now!

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115648 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle! Gerne ekskuus, toe weet jy eintlik van Labradors. Anina bly Claudia het gedraai! Nou moet juffroutjie net so bly! Ek het laasnag gewonder hoe hanteer julle ñ klein kindjie en nog ñ baba ook! Dis nie grappies om ñ baba te hê nie! Ek is absoluut stokflou. Maré gaan op die oomblik deur sy 2de groeisarsie in 2 wke en drink elke uur vir 50min, rus 10min en drink weer. Dit het gister oggend 4uur begin en hou nog steeds aan. Hoe doen julle dit?! Ralmarie vir jou haal ek my hoed af! Niemand vertel mens hiervan nie! Dit was vir my ñ hengse wake up call! Gelukkig oortref die vreugde van die ou seuntjie selfs die moeg! Dis dalk waarom niemand mens daarvan vertel nie. ;-) Almal vergeet van die min slaap en sukkel! Sarah I think you will be fine with the birth. Maybe you just miss your mom! Good luck! Petro hoop julle het toe gaan fliek en dit geniet! Carmen geniet jou rustige Sondag! Gerne ek het so lekker gelag vir jou wat agter die hond en die hen aan hardloop met daai pregnant pensie en al! Hoop julle het toe lekker koekies gebak! ek is so lus vir lekker koekies en die winkels sin is net nie mens se eie nie! Lekker dag vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115643 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee Anina, sulke mense kom te veel weg met sulke goed! Nou weet almal van wat daar aangaan, en hopelik word dinge reggeruk!

Petro, ekke wil ook bietjie vir 'n slag weer gaan fliek! Ek dink ek en my galpals sal Dins aand bietjie gaan movie! Wil Eat,Love<pray gaan kyk!

Mensig maar ek is vreeslik lui vandag!!!! :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account