More julle
Eish is terug by die werk, en my brein is bitejie plat jong!
En ek stap in maandeinde invoicig in, so geen tyd vir opvang nie!
O ja, baie geluk Hasie met jou kwalifikasie, het op FB gesien!!
Hehe, ek dink Voetjies gaan ons verras en natuurlik DF, maar dan sal ek ook nie vir Grenaat uitsluit nie, daai lyfie brand vir nog 'n baba
Nee jong, my man wil net met alle mag nog enetjie he so gou moontlik en se sommer ons moet dadelik wegspring, maar ek is nog nie reg nie. My grootse rede is finansies, daar is eenvoudig net nie geld vir nog een nie. As mens kyk wat kos hulle skool ens. dan kan ek die Wiskunde doen

Maar my man se mens moet oe toeknyp en gaan, maar ek is Minister van Finansies en ek weet mos dis net nie moontlik nie. En aangesien ons hierdie jaar plek gaan koop, gaan ons bitter arm wees en net net deurskraap om huispaaiement te betaal
Maar ek weet ook mens gaan nooit genoeg geld het nie!
Riley raak net ouliker by die dag, en is een klein rabbedoe, is vir niks bang nie.
Het weer die vakansie gesien hoe sy op die kliraam klim alleen en dan daarbo staan en net wil afspring en sy sal! Sy het eergister sommer van haar changing station afgespring toe ek my rug draai, en eht toe blykbaar op haar voete geland

Sy was min gespin.
Ons kleuterskool het ook vandag darem oopgemaak, so ek het haar gaan aflaai.
Kwaaitjie, toemaar ek het hierdie vakansie soooo baie geraas en boude gepiets want Riley het regtig blompotte vir ore.
Sy weet sy mag iets nie doen nie, maar sy doen hom weer...en weer...en weer!!
Aaai, ok, lekker daggie en loer nounou weer in!