file Oktober mammies 2010

16 years 2 weeks ago #112801 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle almal!

Genugtig, maar dis darem erg warm deesdae - sien dis vandag weer goed oor die 30 grade in Pta! Ons het gelukkig die kar se aircon reggemaak gekry, so dis omtrent 'n bederf om weer lekker koud te ry!

Ralmarie, Elise en Christa - bly dit gaan goed met al die babas! Kan nie dink Samantha en Mare is al amper twee weke oud nie, die tyd staan darem nie stil nie.

Helene, dink aan jou vir môre! Bly die keiser is lekker vroeg dan's dit darem nie nog 'n hele dag se senuwees nie.

Ai Gerne, sterkte jong, môre voel jy weer beter.

Bly jul het toe hondjie gekry Anina, geniet hom! Kan dink die kiddies by die skool speel te lekker met ou Stompie.

Ek sit nog en admin afhandel, maar die doen ek sommer van die huis af, so dis heel rustig. Carmen, ek's selfs naweke al net na 6 uur wakker, maar in die aande is ek half 9 al reg om te slaap...

Sarah, if I remember correctly your gynae is Dr. Swart? Did he tell you who his back-up gynae is? I know he also works with Dr. Postma who is also very nice, sure you will be in good hands either way! Good luck for the last few days!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112767 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
more mammas, elise, christa en ralmarie geniet die babatjies. Sjoe ek kan nie wag om hierdie klein lyfie vas te hou nie. Helene, sterkte vir more. Aan die ender mammas, vasbyt, groot drukkie vir almal wat so emosioneel is soos ekke. Wens my ma was hier om te help, maar sy stel nie veel belang in my dinge nie. Ek sit en brekfis en skryf van my sel af. Sal nou nou weer inloer. Mwah!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112759 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi anina

ja dit is so pap geel met die pitte so ek weet daar is nie probleme nie. die inspuiting gaan ek by ons apteek laat doen ek dink dit is op 6 weke ek sal bel en bietjie uitvind ek ken nog nie die goed nie so ek moet maar uitvind wat is wat

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112752 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal,

Ek het vir ou Trompie by die skool vandag en die klomp engelse hier het sy naam verander na Stompie want hulle kan nie Trompie uitspreek nie. Ek dink dit pas hom dalk beter.

Elise, eks bly dit gaan so goed met julle. Daai poef MOET slap wees jong. Borspoef is 'n goudgeel pappery met wit stukkies in wat soos klein pitjies lyk. As dit groen is kan dit beteken dat jy die baba oorvoed of dat sy diaree het.
Terloops, het jy al besluit of jy die staat se 6 weke inspuitings gaan doen of die privaat 8 weke een? Ek weet die privaat een is minder inspuitings, dis twee op 'n slag, ek weet nie hoeveel die staat een is nie maar dis blykbaar meer.

Helene, sterkte vir more!!! Ek weet nie hoe slaap mens die nag voor die tyd nie!

Gerne, shame man. Hou moed dame, ons is amper daar!!!

Ek hoop dit gaan goed met die res van almal, ek kan nou nie al die posts onthou nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112733 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ek is nog bang vir daai inspuitings gerne maar dit moet gedoen word. en ja die magie pla my my darem nie

Helene sterkte vir more. my sny voel heel ok ek het gister vir my man gese my maag is nog gevoelig maar ek dink dis omdat hulle bietjie gesukkel het met Samantha

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112725 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
elise, hoe voel jou sny?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112723 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo!!

More ontmoet ek my Stefan kind. Ons het oor die naweek besluit om vir hom n 2de naam te gee. Stefan Francois Swanepoel. (dis my man se naam). Ek dink my man sal dit later baie waardeer, ons wou nie ons kinders 2 name gee nie, maar ek wil graag my man se naam iewers inbring.

Julle ek was so emosioneel oor die naweek. Ek het aanmekaar gehuil. my ma en pa was die naweek al hier, en hulle het my eintlik bietjie geirriteer, ek weet hulle is hier om te help en by te staan. maar ek dink ek wou nog die naweek alleen gewees het. Ek het saterdag my suster gebel en gese nooi hulle net vir ete asb. My ma sal seker nou vir 2 weke hier bly, ek weet ek gaan haar baie nodig kry en sal na die tyd dankbaar wees.

gerne, ek sweet ook nou eweskielik deur die nag. dis maar hormone daai! ek is ook klokslag elke 2 ure wakker om te piepie of ek le sommer net wakker.

Vanand is die laaste aandjie in my bed, ek weet nie of ek enigsins sal kan slaap nie!! Ons sal 5 uur moet ry om 5:30 by die hospitaal te wees, maw ek moet seker al 4uur opstaan. dis eintlik goed dis so vroeg, dan hoef ek nie more ook nog so laaank uit te rek nie. Keiser word 8uur gedoen.

Ek het die BabyBoom lysie gemaak. maar soos ek al voorheen gese het, die een wat n sms kry moet maar die ander laat weet, dalk gaan die goed nie deur nie.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account