file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #108338 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Ai dit was weer my internet. Toemaar as ek hospitaal toe gaan sal ek sms stuur. Ek wou heeldag so graag praat, maar ai.

Ek moet se ek het gisteraand begin en vanoggend het die nesting ding ingeskop. Die hele huis skoon gemaak, handoekke en beddegoed gewas. WOW, dis nogal iets in die laaste tyd kon ek nie veel doen nie dans ek moeg. Nou het ek daai energy boost gekry.
Sal maar sien hoe dit hou.

Het darem Elise se sms gekry anders het ek een van jul gebel om te hoor.

Bly dit gaan goed met almal.

Helene ek het gewonder, jul ander moet ook se wat jul dink. Ek is nou nie seker hoeveel is ons nie, maar as elkeen van ons se R20 vir jou inbetaal kan die "wenner" van ons raaistorie dalk 'n Ghoempie DVD of CD wen?

Dalk moet ons op 'n puntestelsel werk, elke keer wat iemand iets reg raai, kry die persoon 1 punt. Bv soos Elise se gewig kry Petro 1 punt. En die normale mammas kan die een wat die datum het ook 1 punt kry en so aan. Dan "wen" die een wat die meeste punte het aan die einde.

Dis maar my idee, wees welkom om te se as jul nie saamstem nie.

Verder moet almal lekker slaap.

Ek is nie eens moeg vannaand nie, maar sal probeer om my oe toe te maak.

Toedels tot more. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108263 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Ag ek's bly als is goed met Elise en Samantha! :laugh: Dit begin nou realiteit raak vir ons almal ne! Dankie vir jou moeite met die announcement Gerne - dit lyk pragtig!

Christa en Ralmarie waar's julle? Hier op die einde gaan ons nou die heeltyd wonder of daar nie al verwikkelinge was intussen nie...

Bly julle krag ervaring was nie weer so rampspoedig soos die tuindienste nie Gerne!

Sjoe, maar die hitte het my omtrent vandag gevang - kon nie parkering kry in die koelte nie, so toe voel die kar omtrent soos 'n sauna toe ek inklim en ons aircon gas het gegaan... Wou dit laat opvul voor Ilse kom, maar dis glo nie net 'n lek nie, maar die compressor wat vervang moet word en dit kos amper R2000.00, so op die stadium laat die budget dit ongelukkig nie toe nie.

Anina, het jou man al weer iets verder van hulle kontrak gehoor?

Mooi aand vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108259 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ek gaan maar tata se, lyk my almal is klaar huis toe.

o ja, net gou, kan julle glo ons het Vrydag aansoek gedoen vir ons prepaid krag en hulle het dit vanoggend ingesit. WOW vir die vinnige diens van die munisipaliteit ek moet se.

nou moet ons vanaand eers krag koop uitsort, weet nog nie eers waar nie, hoop maar checkers het!

hoop julle rus lekker, Christa, is jy nog okay girl, jy laat my alweer worry :)

toedels.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108186 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie julle. Ek hoop net ek kan darem vir almal ietsie doen! My werkslaptop by die huis het net word en excel op en nie al die nice programme en goed soos hier nie :(

Dalk moet ek vir ons IT oukie vra of hy nie nice wil wees en vir my laai nie! Anders wat gaan ek met 'n laptop vir 4 maande maak wat nie eers fotos kan doen nie :)

Wonder waar is ralmarie vandag.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108180 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Well done Gerne met die announcement! Wat sou ons nou sonder jou gedoen het wat so kunstig is! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108170 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis baie nice Gerne, jy kan maar almal sin doen. Dan moet jy net vir een van ons leer om sulke nice goedjies op te sit sodat ons joune kan doen...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108158 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hoop dis okay julle, skel maar as dit nie nice is nie LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account