More julle!!
Dankie Gerne dat jy die foto gelaai het!
Petro, ek is bly jy het lekker babyshower gehad!! Sjoe, ek dink myne is dalk bietjie laat, maar dit was al datum wat ek oopgehad het
Ek doen nog 'n paar troues en matriekafskeide op naweke voor Riley kom en dan dink ek daaraan om saam met die werk die Medihelp Business Relay te doen die 2de Oktober. Dis 7 km stap.Maar dis 3 weke voor ek kraam, en miskien is ek dan besig om vir moeilikheid te soek, of wat dink julle? Die 5km was heel ok vir my nou die dag, maar 3 weke voor die tyd is seker pushing it, ne
Gerne, shame, ek verstaan van die drome, ek droom ook gereeld die laaste ruk van babagoed, maar ek kannie lekker onthou wat ek gedroom het nie.
Ons klas was lekker gisteraand, het toer in die hospitaal ens gevat en na die kamers en baba afdeling en dinge gaan kyk

Het oor aftercare van mamma's gesels vir natuurlike geboorte en keiser en wat om te verwag na die geboorte.E
Elise, ek het weer die Chelino Kite Travel system pram gekoop, baie oulik!