More almal
Dankie vir die beterskapwense. Ek moet se Rachelle was deur die nag nog deurmekaar en kort kort wakker, maar vanoggend lyk sy tonne beter. Sy speel tot al selfs bietjie met die ander.
Ek kan ook nie wag vir 1 Sept nie, maar dis omdat ek dan weer gynie toe gaan. Dit voel of ek 'n eeu laas daar was.
Ek wil ook vanmiddag kyk of ek gou my laaste goedjies kan gaan koop. Wil dit nou klaar kry.
Christa - ja the joys of pregnancy. As ek maar eerder gehuil het die laaste tyd, maar nou loop die kids deur en mag niks verkeerd doen nie. Ai ek kry party dae so skaam vir myself.
Elise nee, jy moet knyp. Niks Augustus babatjies vir ons nie hoor. Jy moet ten minste wag tot September.
Dis behoorlik soos hul se die keer, 8 maande swanger + 1 jaar. Want hierdie laaste rukkie voel regtig soos 'n jaar. Die eerstes het vinnig verby gegaan. En die skete en pyne raak net meer.
Wel darem nie meer te lank nie.
Lekker daggie vir almal en hoop almal het 'n BAIE lekker naweek.
Sal probeer om weer in te loer, maar my internet is so sleg ek wag omtrent 'n halfuur om in te kom. Sal wel oor die naweek inloer dan is dit beter.
Toedels.
O ja Christa daai Slabs met die peppermintcrisp poeding in is fantasties. Lyk my net Checkers het dit hier by ons. Clicks en Pick n Pay het net die malvapoeding ene. En hy is nie so lekker volgens my nie. Ek gaan definitief weer vandag mall toe om een by Checkers te gaan koop.