file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #98410 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
More girlies

Hoop julle het almal lekker geslaap want ek het nie ai dit was n moeilike nag gister aand vat ek ma my om 1 van hulle huur huise se vensters te gaan toe maak (sy werk vir n huis agentskap) kom terug by die huis toe kry ek die aakligste pyne ek het gedink nou gaan die klein K*k uit klim want dit was aan en af die pyne ek wens julle kon manlief se gesig sien hy was so bekommerd toe gaan le ons op die bed en hy vryf my maag oral waar hy kan toe na n rukkie het dit darem weg gegaan al wat my gepla het was ek het nog op en af loo toe gegaan ook en ek weet dit is 1 ding wat jy baie doen as jy in kraam gaan.

En toe slaap ek weer heel nag my heupe dood of ek kry warm of ek le ongemaklik ai die laaste rukkie lyk my word net al hoe erger en die sooibrand praat ek nie eens van nie dit was terrible.

Wel genoeg moan vir nou dankie tog dit is vrydag ek wil my man bietjie by die huis he vir n slag ek mis hom vreeslik as hy so baie naweke na mekaar werk dit is nie lekker nie ek wil dalk vanaand gaan groceries koop en more die res van baba se goed wat ek nou nog kort

Lekker daggie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98391 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne jy beur my sommer op met jou goeie vooruitsigte van lentedag, Vrydag en Naweek! En ja ons is almal bly saam met jou!
Hoop jy het 'n heerlike Vrydag! :woohoo:

Ralmarie bly Rachelle is okay al moet sy nou hope medikasie gebruik! Dit lyk my die mense wat wel griep kry die winter kry baie swaar om gesond te word. Jy moet jouself en daai ou dogtertjie mooi oppas! Die winter is darem amper verby! Klink darem of die ander dire nou gesond is. :P Geluk met jou 34 weke! :woohoo:

Julle het 'n goeie idee met die raai van baba se gewig. Ek gaan Maandag vir 36 weke ondersoek, sal dan laat weet wat weeg die mannetjie! Soos ek nou voel 'n hele ton! :huh:

Elise bly vir julle met die laptop! Ek sal maar manlief vra om sy werk een saam te bring hospitaal toe dat ek kan opvang, sukkel te veel op die selfoon! :(

Hier is my raai tot dusver:

Elise - Geheim(Dogter?) - 2.8 - 3 kg
Christa - Maré - 3.3 - 3.5 kg
Elaine –Abigail
Lezil (Lies) - Kobus
Marion
Nelita Seun ?Keiser
Helene - Stefan
Ralmarie - Drikus
Melody - Kayla
Sarah - Girl
Carmen - Riley
Annalize - Giovanni
Lily - Ilse
Gerne - Ruben
Petro - Xander
Anina - Claudia
Ashleigh - Hermione

Julle ek huil vreeslik die afgelope week! Vir alles en vir niks! Weet nie wat aangaan nie. Ek het gister vir my Rescue drops gaan koop en dit begin drink. Ek dink ek is bietjie erg depro. Het enige iemand enige ander raad wat ek kan volg? :S

Lekker dag! Praat weer later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98317 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
goeiemore!

DIS VRYDAG :woohoo: , NAWEEK :woohoo: EN 5 DAE VOOR LENTEDAG!!!

Hoop julle is almal bly saam met my :P

Hi ralmarie, bly Rachelle is okay, ek hoop die meds werk sommer gou en dat sy sal beter voel. Yay vir die 34 weke ne! ampertjies!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98222 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja, Yippiee 34 weke vandag.

Drikus het natuurlik weer opgeskuif en le nou dwars oor my maag. Seker met al my geleery saammet Rachelle. Nou weet hy nie meer waar is bo en onder nie. LOL, moet seker maar net bietjie rondloop dat hy kan uitfigure waar is onder.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98221 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Dr het darem nie vir Rachelle in die hospitaal gesit nie. Sjoe, ek was nogals bang daarvoor. Net BAIE medisyne, antibiotika en daai griep goed vir H1N1, alhoewel hy se dis nie varkgriep nie. Die griep is blykbaar net ook weer baie erg en laat hierdie jaar.

Ek moet nou eers weer bladsye terug om te sien waarvan jul praat. Dit lyk of ons mekaar se babas se gewigte moet raai. Oulike idee as dit so is.

Tot later as ek alles gelees het, of more as ek te moeg is net nou.

Toedels.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98189 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
myne was dinsdag 2.618kg dit sal help as almal hulle laaste gewig kan gee en hoeveel weke

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98185 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
cool, ek sal bietjie dink, wat weeg almal se babas nou??!!! :laugh:

Julle moet 'n lekker aandjie he en soet wees.

tha-tha!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account