file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #93811 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Haai Christa, dis vreeslik. my hart kry sommer seer. sterkte vir die familie.


Het enige van julle gehoor van dat jy soos 'n hondjie moet asemhaal as jy normaal kraam LOL dit klink vreeslik maar ons is verduidelik as die dokter se dan moet jy jou tong fisies uitsteek en soos 'n hondjie 'hyg' of iets. verstaan julle? ken iemand dit? Wel daar le ek en die dokter se haal vir my soos 'n hondjie asem en ek gaan toe vreeslik aan toe se hy NEE stadig, jy moet dit stadig doen. LOL ek weet mos nou nie, ek het net my tong uitgesteek en gedoen wat ek geleer is. blykbaar help dit om daar onder te 'kalmeer' en te laat ontspan om oop te maak!

Ek het gesien Ackermans het lekker sagte rokkies as jy dalk wil kyk elise, en onthou van Mr Price ook, mens kry gewoonlik sommer 2 in n pak. En ek het ook my matras by baby boom gekoop daai tyd. hulle sal def he.
Jou fotos is te oulik elise, lyk of julle 'n ball gehad het!

Carmen, kan nie onthou nie, jy gaan mos normaal ne? oja, is Linen Savers op jou lys by die hospitaal? ek moes dit laas saam vat maar die keer is dit nie op nie. dink ek sal maar anyway vat.
Ek is mal oor linen savers, het dit altyd vir henko gebruik as ek sy bottel op die bank gee dat dit nie mors op die bank nie.


Lyk my die vrugte cravings het ingeslaan! dit het met my ook gebeur presies in my 3de tri laas keer. oe ek was mal oor vrugteslaai. snaaks die keer is ek okay, sal nou maar eers sien hoe voel ek more nadat julle my nou remind het daarvan :blink:

Helene, ons baby boom het glad nie klere vir ons nie. :( Wens hulle het.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93795 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, well done met al daai vrugte eet! :)

Elise, ek sal bietjie gaan loer vir rokkies en jou laat weet as ek iets nice sien!!

Shame Ralmarie, 'n huis vol siek kinners! :(

Elise, jy sal verseker die matrassie by Baby Boom kry!! B)

Hulle het al die verskillende sized matrasse, ek dink die brand is Tulah Baby of so iets, maar jy sal hulle sien!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93793 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons het ook 'n Baby Boom, maar ek het nie klere daar gesien nie! Tipies platteland! R135 vir 'n borsvoed t-shirt is nie te veel nie! Ek sal manlief se arm moet draai om na Boksburg se winkel te gaan. Sal weer doodmoeg wees daarna, maar dis okay!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93784 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie vir al die bemoediging! Dis waar wat jy se Helene, God leen net ons kinders vir ons. Net soos Hy ons ook maar vir ons lewensmaats leen. Daarom moet ons so waardeer wat ons het!

Helene ek is saam met jou op die vrugte! Dit en slaai is al waarvoor ek lus bly! Daai heerlike koel smaak in my mond! YUMMY! Dis darem belaglik vir die mangos! En dit gaan tien teen een smaakloos wees! Ek is net so lief vir vrugteslaai met ideal melk oor! Sterkte vir daai geskil en kook! Klink na groot werk!

Ralmarie klink my jy sukkel omtrent met 'n siek klompie daar! Ek sal glo daar was min slaap vir jou! Sterkte, ek hoop dit gaan vannag beter! Pas jou net op dat jy nie ook siek word nie! Dis sleg van jou vriendin! En ek is mos simpel, voel skuldig oor my vreugde terwyl sy so hartseer is! Asof dit enige iets kan verander!

Julle my man se ek waggel soos 'n qauker-eendjie! En dit voel darem nou nie so erg nie! Hy wil hom doodlag vir my!

Elise lyk of jou ooievaars groot pret was! Ek like daai twee rooi wange!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93771 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek was gister gou by baby boom om te kyk vir n mooi (beskostigbare) hempie, want die preggie goed is mos so vrek duur. Ons baby boom het preggie klere ook. Ek weet nie of julle dieselfde goed het nie. Die dra klere is maar vrek duur, maar hulle het sulke borsvoed t-shirts vir R135, daar is slaap hempde ook. Dis baie oulik. ek dink ek gaan vir my een van daardies kry.

Elise, kyk sommer daarvoor ook as jy daar is.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93760 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Nou ja ek sal nie jok nie, ek het omtrent niks geslaap met die kiddies nie. Suzaan het nou so kroep hoes aan haar gehad. Het haar maar genebuliseer ook. Rachelle is nou net lekker verkoue, maar sy lyk die beste van die lot.

Christa ja ek hou nogals van die doekesak wat ons kry by die hospitaal. Ek koop nie eens ander een nie. Maar ek onthou met Ludwig, mens wil met jou eerste een alles self doen en so. Nou is die hospitaal doekesak sommer my enigste.
Dis nogals sleg van daai vriendin van jou. Toe ek met Suzaan swanger was, was my een vriendin so 2 maande agter my. Sy kry toe komplikasises en die dokter se die baba moet onmiddelik uit. Ongelukkig het hy net 2 dae geleef. Die aand van sy begrafnis gaan ek toe ook sommer in kraam. Dit was sleg, want toe sit ek met 'n babatjie en sy het niks.

Carmen ek sou my doodgelag het as ek sulke geluide - jammer oefeninge - moes maak. LOL. Ek hoor julle al.

Elise ek dink ook julle daar in die stede het mos alerhande baba plekke. Baby Boom, Baby City en daai. Jou fotos lyk oulik, soos baie pret ook.

Anina bly baba groei so mooi. Dink boeta was ook rondom 1,2 of 1,3 of iewers tussen in.

Gerne bly julle slaap goed en alles gaan goed.

Lekker dag almal, praat net nou weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93752 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ek sal die naweek by baby boom gaan kyk of hulle nie het nie ek moes sommer gekyk het toe ek die mandjie ding gaan doen het.

Shame christa dit is erg. Ek sal gaan kyk die naweek by miladys wat hulle het

Carmen jy sal my nie glo nie maar ek kry nie lekker rokkie pjs nie ek wou dit ook gedra het met n boxer of skipants onder aan maar ek kry nerens net by pep maar hulle het die satyn (silk) 1 en dit gaan nie werk met die borsvoed nie ek dink ek weet nie wat dink julle ander mammas?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account