file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #94537 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Petro, jy lyk te mooi! Jy is nie walvis nie! :laugh: Toemaar, ek het gister my profile pic op Facebook verander na 'n seekoeitjie :laugh: Ek lyk vir myself soos 'n hippo! ;) Maar dis darem 'n cute hippo!

Christa, jy moet daai babayshower geniet, myne is nou die 25ste Sept. Ek kan weer nie wag om al die goodies wat ek wil he in daai jouer te gaan pak nie! :woohoo: 5 weke, magtag maar die tyd kom al nader, jy en Elise is amper amper daar!!

Christa, jip, die sak kan verseker vorentoe gebruik word vir doeke of watookal. Dis 'n lekker grootte!

Ek sal verseker vir julle foto's more opsit van die 4D!! Ek moet nou net onthou om 'n DVD saam te vat more!

Elise, wag dalk nog net so bietjie, ons Edgars is 'n massive een, en hulle het klaar die somer pajama's al uitgepak! Daar is regtig oulike rokkies en pakkies! Dalk kry jy oor 'n rukkie presies wat jy soek.

Kan ook nie wag om te sien wat op die ou einde uit jou magie kom nie! En dan natuurlik die naam...... ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94528 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
PETRO :ohmy: Wat gaan daar aan - by jou maag, lyk of daar 'n knoppie is :woohoo: Jy is so klein vrou :blink: Jy lyk pragtig!

Helene, joune trek oor R1000 en jy kook heeldag, ons het nou maar 'n meenthuis.
Hoe werk daai geyser ding en wat kos dit om dit in te sit?
Gaan boek jou bed vrou, jy maak my sommer op my senuwees :P

Elise, ek wou gisteraand my hospitaal lysie opsit sodat almal wat wil kan vergelyk met hulle lysies maar toe gee my foon weer trouble met die syn - jy weet mos, die berg is in die pad :)

sal kyk of ek vanaand regkom.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94521 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, ek sien nou nie eintlik 'n walvis nie, maar daai magie is tog te mooi! Jou voel maar net soos een omdat jou maag nou in die pad is! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94519 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen daai sak klink darem sy prys werd. Bly jy het sommer pj's en pantoffels ook gekry, nou is dit afgehandel! En lekker vir die baby gift pack met die geboorte! So dis nog 'n verrassing! Gaan die netcare sak sommer kan werk vir 'n doeksak? Klink my tog na lekker bederf met pappa se ete en die ander goed wat gratis is! Geniet dit! En geniet die 4D more! Ek het toe myne gemis, is al te ver swanger daarvoor! Maar nie te ver om vir boetie oor 5 weke in my arms vas te hou nie! :woohoo:

Elise dankie ek sal die ooievaars definitief geniet! Oor die pakplek sal ek later bekommer! Het netnou 'n lysie van goed vir my sus gemaak, toe besef ek eers hoeveel goed ek eintlik nog kort! Dis scary! Ons is almal net so nuuskierig om te sien wat kruip in jou magie weg! :woohoo:

Gerne ek dink julle erfbelasting gaan ook wild wees! Dis meer as die res van ons hele rekening! Ek stres ook al oor die hospitaaltassie, maar sal nou maar moet wag tot na die ooievaars met boetie se goed. My eie kan ek intussen aankoop, was en pak. Darem een kommer minder! Ek stres net so oor als wat nog gedoen moet word! :huh:

Helene my dokter boek eers my bed na my volgende afspraak! Ek was so uitgestres daaroor het verlede naweek my naam in hulle dagboek laat aanteken en sommer 'n privaat-kamer gevra. Dit kos ons niks ekstra nie! :woohoo: Nou kna dokter net die bed boek en die authorization kry, dan is ek reg! :P

Ek stem saam met Elise, ons kan net so wel almal mekaar laat weet van die babas. My sel-nommer is 076 045 5558. Ek sal regtig van ALMAL wil hoor! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94513 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hier is so 'n ou fotojie van die walvis

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94510 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi helene sy score al klaar want haar mediese fonds betaal vir 12 gynae afsprake waar die res van ons maar net 4 of so kry dit is n bargain

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94489 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek wil nie eens praat van ons krag nie. dit trek ook nou al oor n R1000. en ons geaser is al op n timer om te spaar, weet nie waar ons nog kan spaar nie!!

Carmen, als wat jy in jou R220 se sakkie kry, kry ons by Medi-Clinic. maar ek is seker jy sal weer op n ander manier score.

Het julle al almal julle bed gaan boek?? ek het nou nog nie. Ek het my man gese ons MOET voor einde van die week gaan!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account