file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #93746 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, dis vreeslik erg van jou vriendin se 'baba'. Ek bid dat die ouers krag van Bo sal kry en weer opstaan en aangaan. Dit is sooo sooo hartseer. Ons moet ons kinders waardeer en elke dag voluit leef. Ek was Saterdag by n tee, waar hulle weer gepraat het oor die feit dat God kinders vir ons 'leen' en nie 'gee' nie. Als is in sy hande. sterkte!

ek eet net vrugte! lemoene, naartjies, appels, of ek maak n moerse bak vrugteslaai van paw paw, strawberries en n paar blikkies vrugte saam met ideal melk!! ek drink sommer die ideal melk net so ook. ons het gisteraand gaan groceries koop toe laai ek n klomp blikkies vrugte en ideal melk in. lekkerrr. ek het gister mangos in fruit & veg gesien, maar hulle kos R10 vir 1 en dis sulke kleintjies. ek sal maar wag tot bietjie later in die seisoen, tot die pryse beter is, daar is niks so erg as om ten duurste te betaal en dan het die mango geen smaak nie.

nou ja, ek moet in die kombuis kom. daar is hoeka n boks appels en pere wat geskil en kook moet word.

lekker gesels. ek sien so vreeslik uit na die naweek, voel soos n klein dogtertjie voor haar verjaarsdag!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93733 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise ek sal nou nie Miladys se klere as vir ouer vroue beskryf nie. Hulle het eintlik meer klasieke style, dus kan mens dit meer as een jaar gebruik. Jy kry dalk 'n verrassing as jy daar instap.

Carmen daai doekesak wat die pakke insltui maak dit darem al beter! Dis goeie doekesakke kos in elk geval hier by R200 op hul eie, so met alles ingesluit is dit nie so sleg nie! Daai oefeninge was vir my net so snaaks! En dan maak dit nog dat ek voel of ek wil flou word ook! Dankie tog ek kry 'n keiser!

Shame die vriendin van my kry abei swaar! Sy het nog twee dogtertjies en is 'n alleen mamma! Sy het soveel vrae! Verstaan nie hoekom dit gebeur het nie! En ek kan haar nie help nie! Ek het gese sy moet met haar pastoor gaan praat, maar sy dink nie dit sal help nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93705 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Christa, dis vreeslik jammer om te hoor van jou vreindin se kind! Dis tragies! Ek weet regtig nie hoe mens met so iets deal nie, :( Dis amper onwerklik om te dink 'n kind kan binne 'n maand doodgaan.

Elise, het jou Baby Boom nie Camp Cot matress nie? Ek het my cot matress daar gekoop en hulle het die camp cot size ene ook?

Ekke gaan maar 'n rokkie pajama einde van die maand koop en dan net 'n broek vir onderaan, soos 'n skeepants of so iets.

Het toe die hospitaal gebel. Ek hoef nie my eie melk of bottels te vat nie.

Jip, jy moet die sak koop vir R220, maar blykbaar het dit alles in, van doeke tot surgical spirits, Linen Savers ens. En blykbaar is dit 'n baie mooi doekesak ook! Ag lyk my ek is nie so lycky om dit te kry soos julle oukies nie, maar nou ja!

Sal dit maar aanskaf, dan is dit sorted.

Christa, het lekker gegiggel met daai asemhalingsoefeninge in die klas :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93669 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja my man soek die breathable 1 hy hou nie van die met die plastiese oortreksel nie bang baba versmoor met dit. EK het nog nie daar gekyk nie hulle het mos meestal klere vir ouer vrouens jammer moet nie dink ek insult julle of iets nie dis net ek het nog nooit regtig daar gaan kyk nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93650 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise ek het Saterdag gesien Checkers verkoop die "breathable" kot matrassies. Weet nie wat dit kos nie, maar hulle het. Dis dan ook met die net-tipe oortreksel oorgetrek. (soos die kussingkies). Het jy al by Miladys vir pj's gekyk? Hulle is nogal duur, maar daar is mooies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93644 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
hier is 2 van die fotos





Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93640 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More mammas! Bly almal het goed geslaap! Gerne ek kry ook swaar om op te staan in die oggend.

Ralmarie hoop die kleingoed voel sommer gou weer beter! Jy moet hulle maar binne hou, die wind is juis weer koud en goor vandag! Ek sal maar weer die naweek by Miladys gaan kyk vir nagklere. Kan nie ligbloues onthou nie. Ek draai sommer manlief se arm en ry Potch toe. Dis baie makliker daar by julle mall!

Anina bly dit gaan perfek met sussie! Mare het ook 1,234kg geweeg op 28 weke. So klink my ons babas is almal omtrent dieselfde op daai stadium. Hierdie ou seuntjie van my le ook reeds met die koppie reg onder al vir 2 weke. Glo nie hy gaan meer draai nie. Die suster by die geboorte-klas se sy kop le al goed vas daar onder. Reg vir geboorte. Hy moet net nie sports maak en te vroeg kom nie!

Carmen lekker vir jou geskenkie van SARS! Ons kry 'n gratis sak by hospitaal vir baba! Kan nie glo jy moet nog betaal daarvoor ook nie! Ons het ook verlede week asemhalings-oefeninge gedoen. Dit was weer He-he-hoe, he-he-hoe.

Ag my hart is sommer seer vandag! 'n Vriendin se dogtertjie is verlede week Donderdag oorlede. Sy was net 7 jaar oud. Het 'n maand terug gehoor sy het bloed-kanker en hulle kan niks vir haar doen nie. Sy was in Baragwanath (geen medies nie), hulle het mos 'n baie goeie kinder-kanker eenheid daar. Hier loop ek met my vreugde van 'n nuwe baba en sy het haar "baba" verloor!

Lekker dag vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account